{"id":963,"date":"2007-10-10T08:25:38","date_gmt":"2007-10-10T08:25:38","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=963"},"modified":"2007-10-10T08:25:38","modified_gmt":"2007-10-10T08:25:38","slug":"afgedank-vanwe-nazi-uitsprake","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=963","title":{"rendered":"Afgedank vanwe? &#8216;Nazi-uitsprake&#8217;"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\"> Die strekking van afgedankte TV-ster se argument was dat die studenterewolusie van 1968 se radikale houding teenoor die gesin oneindig skade veroorsaak het in teenstelling met di&eacute; van die Derde Ryk. Sy het dit na aanleiding van die dalende geboortesyfer in Duitsland ges&ecirc;.<\/p>\n<p> Alhoewel Herman beweer dat sy nie die Nazi&#8217;s se siening van vroue onkrities benader nie, het &#8216;n storm om haar losgebars. Sy is gisteraand weer eens in &#8216;n geselsprogram met Johannes B. Kerner op die ZDF-kanaal uitgesluit omdat sy haar standpunt bly verdedig het. Nadat Kerner die 48-jarige Eva gevra het of sy haar menings sal hersien, het sy geantwoord dat &#8216;n mens net sowel nie oor die <em>Autobahn<\/em> in Duitsland mag praat nie, want die Nazi&#8217;s het dit gebou.<\/p>\n<p> Sy het bygevoeg dat &#8216;n mens kwalik meer oor die Duitse geskiedenis mag dink sonder om in die moeilikheid te kom. Die <em>Bildzeitung<\/em> het berig dat Herman se uitlatinge oor geluk, egverbintenisse, manlikheid en moederskap &quot;vinnig met Nazi-uitsprake in verband gebring word&quot;. <\/p>\n<p> Die stof het nog lank nie gaan l&ecirc; nie, want intussen het die Katolieke Kerk se uitnodiging aan Eva Herman vir nog ongelukkigheid gesorg. Haar teenwoordigheid by &#8216;n kerkkongres in Fulda waar sy met entoesiasme ontvang is, het aanleiding gegee tot kritiek van die Joodse Sentrale Raad, &#8216;n invloedryke liggaam in Duitsland. Volgens die noordelike afdeling van ARD, die NRD, se uitvoerende hoof, het verskeie gaste hul verskynings met die TV-kanaal gekanselleer vanwe&euml; Herman se standpunte.<\/p>\n<p> Die feit dat Hitler tuisteskeppers met groot gesinne beloon het met toekennings bly klaarblyklik &#8216;n teer punt in Duitsland. Renate K&uuml;nast, leier van die Groen Party, het ges&ecirc; dat Herman liewer voor die stoof moet gaan staan as om op TV te verskyn. In Rusland is die afdanking egter met ongeloof begroet want Stalin het eweneens tuisblymoeders met baie kinders uitgesonder vir lof. Di&eacute; kwessie word nooit opgehaal as &#8216;n voorbeeld van totalitarisme nie.<\/p>\n<p> Die afsku wat Russe in Westerse feministe het, is juis as gevolg van die Kommuniste se gesinspolitiek waar vroue nie net in fabrieke moes swoeg nie, maar tuis nog kinders moes grootmaak om hul werklas sodoende te verdubbel. Die Russiese koerant, <em>Istvestia<\/em>, het voorts gewonder waarom die hoof van die Duitse Weermag nie ook summier afgedank word nie.<\/p>\n<p> Die <em>Bundeswehr<\/em> het onlangs Duitse soldate na &#8216;n milit&ecirc;re kompetisie by name <em>Erna<\/em> in Estland gestuur. <em>Erna<\/em> was naamlik die Naziverkenningsmag wat gestuur is om die Rooi Leer se br&ucirc;e agter die linies op te blaas.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/mositaldent.ru\/parodontolog-chto-eto-za-vrach-i-chem-on-zanimaetsya\/\">\u0447\u0442\u043e \u0434\u0435\u043b\u0430\u0435\u0442 \u043f\u0430\u0440\u043e\u0434\u043e\u043d\u0442\u043e\u043b\u043e\u0433<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/62776-interesnye-fakty-o-yurii-danilchenko.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/evaherman.jpg\" width=\"250\" height=\"188\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Eva Herman, skuldgevoelvry<\/div>\n<\/div>\n<p>Een van die gewildste Duitse TV-nuuslesers is deesdae self in die nuus. Eva Herman, nuusaanbieder vir die staatskanaal ARD, is verlede maand terstond die deur gewys nadat sy Hitler se nasionaalsosialistiese beleid ten opsigte van gesinspolitiek verdedig het.&nbsp; In haar boek &quot;Das Prinzip Arche Noah. Warum wir die Familie retten m&uuml;ssen&quot; [Die beginsel van Noag se Ark. Waarom ons die gesin moet red.], vra Herman dat die eenheid van die gesin en moederskap herstel moet word.<\/p><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[946,162,21089],"class_list":["post-963","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-duitse-tv-nuusleser-afgedank-vanwe-nazi-uitsprake","tag-internasionale-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/963","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=963"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/963\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=963"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=963"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=963"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}