{"id":9629,"date":"2010-11-15T05:32:38","date_gmt":"2010-11-15T05:32:38","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9629"},"modified":"2010-11-15T05:32:38","modified_gmt":"2010-11-15T05:32:38","slug":"die-regbank","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9629","title":{"rendered":"Die regbank"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dit lyk nie goed nie as ervare joernaliste op \u2018n nasionale radioprogram hardop die vraag vra oor wat die Noord-Kaapse LUR, John Block, verkeerd gedoen het om vir bedrog aangekla te word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat hy na bewering verkeerd gedoen het, is uit die klagstaat bekend, maar hier handel dit nie oor die meriete van die aanklagte nie. Dit handel oor die politieke wil om hom aan te kla. Op di\u00e9selfde radioprogram is immers nog name, onder meer van \u2018n premier, genoem wat glo by net soveel of meer korrupsie betrokke is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iewers, so word gemeen, het Block, wat immers al lank vir die ANC \u2018n blok aan die been is, iemand kwaad gemaak of op iemand se tone getrap.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die onheilspul word verdiep deur die feit van die nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Menzi Simelane, se persoonlike betrokkenheid by di\u00e9 verhoor.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Simelane is self omstrede, en die DA beplan nou om verlof tot app\u00e8l teen \u2018n hooggeregshofbevinding waarin nie beslis kon word dat Simelane se aanstelling ongrondwetlik was nie. In die Hooggeregshof het die regter onder meer bevind dat dit sou blyk dat relatief oppervlakkige oorwegings vir sy aanstelling oorweeg is. Dit is algemene kennis dat Simelane instrumenteel was daarin dat die aanklagte teen pres. Jacob Zuma self laat vaar is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die juridiese is duidelik nie al terrein waarop die Block-vervolging hom afspeel nie. Die ANC-jeugliga het met \u2018n siedende verbale aanval op Simelane losgetrek, en is deur die ANC aangespreek hieroor. Vir die jeugliga is Block se onskuld of nie skynbaar van geen belang nie, wat ewe onheilspellend is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop kom Block se teenspoed teen die agtergrond van waar die voormalige polisiehoof, Jackie Selebi, eers teenspoed gekry het toe die koppe van sy politieke beskermlinge gerol het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die hoekstene van \u2018n gevorderde demokrasie is die onafhanklikheid van die regbank. Hiervoor is die howe baie afhanklik van \u2018n onafhanklike vervolgingsgesag. Trouens, dit is nie onderhandelbaar nie. Om die regbank, al is dit op \u2019n selektiewe skaal, te gebruik om van opponente ontslae te raak tas nie net die wese van \u2018n regbank geskoei op die beginsels van regverdigheid, gelykheid voor die gereg en natuurlike geregtigheid aan nie, dit is magsmisbruik, al is dit baie gesofistikeerde magsmisbruik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit kom boonop teen die agtergrond van \u2018n minder gesofistikeerde aanslag teen mediavryheid, nog \u2018n hoeksteen van demokrasie. Die jongste planne van die ANC in di\u00e9 verband het SA met vyf plekke op Verslaggewers sonder Grense se persvryheidsindeks, terwyl Freedom House Suid-Afrika reeds vroe\u00ebr tot land wat net gedeeltelik persvry is, verklaar het.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/gidrobaki\">\u0446\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/inforesist.org\/shokin-uvolil-prokurora-xarkova\/\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit lyk nie goed nie as ervare joernaliste op \u2018n nasionale radioprogram hardop die vraag vra oor wat die Noord-Kaapse LUR, John Block, verkeerd gedoen het om vir bedrog aangekla te word. Wat hy na bewering verkeerd gedoen het, is uit die klagstaat bekend, maar hier handel dit nie oor die meriete van die aanklagte [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9629","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9629","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9629"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9629\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9629"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9629"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9629"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}