{"id":9628,"date":"2010-11-14T14:33:18","date_gmt":"2010-11-14T14:33:18","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9628"},"modified":"2010-11-14T14:33:18","modified_gmt":"2010-11-14T14:33:18","slug":"afrikanerrevolusie-die-alternatief-vir-die-ndr","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9628","title":{"rendered":"Afrikanerrevolusie \u2013 die alternatief vir die NDR"},"content":{"rendered":"<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" \/>Verandering vind op twee maniere plaas, stadig en inkrementeel of skielik en revolusion\u00ear, selfs rampspoedig. President Ronald Reagan het op \u2018n stadium verwys na die uitvinding van die motor wat die perdekar laat verdwyn het. Jare lank het perdekarvervaardigers hul voertuie bietjie vir bietjie verbeter en gemoderniseer \u2013 totdat die binnebrandenjin en die motor op die toneel veskyn het. Dieselfde geld vir die vervaardigers van tikmasjiene wat verdwyn het toe die persoonlike rekenaar in die sewentigerjare aangekondig is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Niemand sou kon ontken dat Suid-Afrika sedert 1994 in die greep van revolusion\u00eare verandering verkeer nie. Trouens, die ANC-bewind is heeltemal openlik oor sy strewe na maatskaplike omwenteling en beskryf die proses as die \u201cnasionale demokratiese revolusie\u201d. Hierdie revolusie vee alles in sy pad uit, van Afrikaanse skole en universiteite, ons ou munisipaliteite toe elke dorp nog sy eie dorpsraad gehad het, tot die gewese Suid-Afrikaanse weermag (SAW) en \u2018n groot deel van die blanke bevolking wat reeds die land verlaat het. En nog is\u2019t einde niet! Die nasionale demokratiese revolusie van die Afro-sosialistiese beweging bekend as die ANC staan eintlik nog maar in sy kinderskoene. Die huidige bewind praat reeds daarvan dat grondhervorming, die nagmerrie van die kommersi\u00eble boer, versnel gaan word, dat transformasie nog nie ver genoeg gevorder het nie en dat \u2018n nasionale gesondheidstelsel in werking gestel gaan word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Die gemiddelde Afrikaner staan verdwaas voor die radikale veranderinge wat hy beleef en word deur die media, wat ook grootliks onder beheer van die radikales verkeer, verwar. Die enigste alternatief waaraan hy kan dink, is om na \u2018n Engelssprekende land soos Australi\u00eb, Kanada, Nieu-Seeland, Brittanje of die VSA te emigreer. Intussen stem die oorblywende Afrikaners in die land vir die liberale party, die DA, wat geen prinsipi\u00eble fout in die Suid-Afrikaanse stelsel raaksien nie, maar \u2018n verbetering in \u201cdienslewering\u201d teweeg wil bring.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Beter \u201cdienslewering\u201d gaan nie die land stabiliseer, ongebreidelde geweldsmisdaad keer, die hospitale tot hul vorige glorie herstel of skoon water vir ons bring daar waar watersuiweringstelsels in vele plattelandse gebiede reeds in duie gestort het nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Vuur kan net met vuur beveg word. Die revolusie kan slegs deur \u2018n ander of teenrevolusie geneutraliseer word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Onmiddellik klink die vraag op: Maar hoe? Ons is magteloos, skaakmat, te min. De Klerk het ons verraai en die buiteland is ons vyandig gesind. Hoe op aarde kan ons verandering in Suid-Afrika bewerkstellig sonder om soos die Boeremag of ander samesweerders in die tronk te beland? En watter ander bloudruk vir Suid-Afrika kan daar wees as die huidige, sogenaamde \u201cdemokrasie\u201d, wat eintlik maar net \u2018n eufemisme vir plundery en korrupsie is?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Ek wil my nie bepaal by die tegniese aspekte van verandering nie. Feit is dat Suid-Afrika deur die nasionale demokratiese revolusie milit\u00ear so verswak is dat selfs Zimbabwe ons sou kon inval en oorneem. China sou ons moeiteloos kon koloniseer en ons minerale rykdomme vir homself toe\u00ebien. Die vernietigingswerk van die ANC se revolusie het \u2018n magsvakuum geskep wat enige middelslag- of selfs kleiner moondheid sou kon uitbuit om beheer in die land oor te neem. Die magsvakuum, wat in die eerste plaas deur die onbekwaamheid van die huidige bewindhebbers geskep word, sal een of ander tyd gevul word; daarvan kan ons seker wees. Selfs die Afrikaner in sy huidige verswakte, verwarde, moedelose toestand sou dit kon vul, as hy maar net die wil daartoe sou ontwikkel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Selfs al duur die huidige apatie voort en aanvaar die Afrikaner soos tans om passief die ANC se nasionale demokratiese revolusie te verduur, tesame met alles wat dit behels, soos geweld, diskriminasie, regstellende aksie, grondonteiening, omgewingsverval, besoedelde water, korrupsie, ens., sou wanorde so toeneem dat die Afrikaner in elk geval terwille van sy oorlewing vir een of ander geko\u00f6rdineerde optrede moet kies.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Nadat die IMF vandeesweek sy tevredenheid oor die Zimbabwiese ekonomie uitgespreek het en sogenaamde \u201cverinheemsing\u201d as &#8216;n legitieme politieke en ekonomiese beleid erken het, is dit helder dat die internasionale gemeenskap geensins sal ingryp of selfs kritiek sal lewer indien die ANC se revolusie die omvang van Mugabe s&#8217;n aanneem en die meeste blankes uit die land verdryf word nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p>Die enigste afleiding wat die Afrikaner uit die gebrek aan enige internasionale optrede of sanksie in die Zimbabwe-geval kan maak, is dat ons op onsself aangewese is. Geheel en al.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p>\u2018<strong>n Hegte basis as eerste vereiste<\/strong><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p>As ons vandag die ontredderdheid van hierdie eens magtige, gedissiplineerde en georganiseerde volk, die Afrikaner, aanskou, dan moet ons onsself avfra hoe ons in hierdie haglike situasie beland het? Sonder om te veel stil te staan by die geskiedenis van De Klerk en die Nasionale Party se oorgawe en alles wat dit voorafgegaan het, moet ons erken dat die grootste enkele fout van die Afrikaner was dat hy nooit \u2018n hegte basis vir homself uitgehou het nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Ons het hele tuislande vir ander volkere geskep, met uitgebreide adminstrasies, polisiemagte, weermagte en dies meer. Ons het Jonas Savimbi befonds sodat hy in die suide van Angola vir homself \u2018n milit\u00eare en magsbasis by Jamba kon onderhou, maar nooit was daar \u2018n vierkante kilometer van Suid-Afrika wat die Afrikaner vir homself toege\u00ebien het nie. Slegs Orania of Kleinfontein kan daarop aanspraak maak dat hulle Afrikanergebiede is, maar hulle beskik oor geen weermagte nie en kan m\u00f4re deur tienduisend toitoiende swartes oorgeneem word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Wat ook al gebeur, moet die Afrikaner terwille van sy oorlewing oor \u2018n hegte basis beskik. Gegrond op dr. Willem van Heerden se navorsing in die vroe\u00eb negentigerjare, wat in die boek Hartland van die Afrikaner gepubliseer is, kom die volgende deel van Suid-Afrika die Afrikaner toe. Dit is sy hegte basis waarsonder geen langtermynoorlewing moontlik is nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Vanwe\u00eb die huidige verspreiding van ons bevolking, is dit die enigste deel van die land waarin ons \u2018n Afrikaner= en blanke meerderheid binne die afsienbare toekoms kan behaal. Indien enige negatiewe scenario\u2019s, soos byvoorbeeld volskaalse volksmoord, realiseer, sou hy op hierdie gebied kon terugval en daarvan sy Israel maak wat hy met hand en tand kon verdedig. Afrikaans moet ook van meet af aan die enigste amptelike taal van die gebied wees sodat \u2018n onverdeelde, konsekwente en sterk nasionale identiteit daar kan ontwikkel en gedy. Ten minste vier Afrikaanse universiteite sou in daardie gebied gevestig kon word, asook honderde Afrikaanse ho\u00ebr- en laerskole sodat ons taal en kultuur veilig sou wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Die ANC het hom al male sonder tal, op die mees ekstreme manier, tot vyand van die Afrikaner verklaar. Onlangs het die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, die liedjie \u201cSkiet die Boer\u201d bevorder. Toe die sing daarvan deur die hof verbied is, het die ANC daarteen app\u00e8l aangeteken. Die enigste moontlike afleiding hieruit kan wees dat Afrikanervolksmoord inderdaad  verklaarde ANC-beleid is! Daarom sal die ANC, solank hy aan bewind is, nooit toelaat dat die Afrikaner sy vryheid of \u2018n hegte basis in die vorm van grondgebied verkry nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p>Nieteenstaande ANC-vyandigheid teenoor &#8216;n Afrikanergebied of volkstaat, dwing omstandighede ons onvermydelik daartoe en het steun vir die begrip oor die afgelope jaar of twee geweldig toegeneem. Om grondgebied te verkry moet die hoofdoel van die Afrikanerrevolusie wees. Dis nie onwettig nie, want die grondwet van 1996 maak in artikel 235 vir &#8216;n volkstaat voorsiening.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p><strong>Dink territoriaal<\/strong><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p>By al die verrassende lesse wat ons van die revolusion\u00eare ANC sedert 1994 geleer het, is daar ook die territoriale imperatief wat die huidige bewind aanvuur. As ons kyk na grondhervorming, maar ook die inpalming van Afrikaanse universiteite, skole, hospitale en ander instellings, dan geskied dit streng territoriaal. Elke stukkie grondgebied of gedeeltes van instellings wat steeds onder Afrikanerbeheer staan, word deur die ANC as &#8216;n probleem gesien.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Die geskiedenis van die afgelope sestien jaar is by uitstek di\u00e9 van territoriale verowering en oorname van magsinstrumente, soos die polisie en weermag, die SAUK, maar ook ekonomiese instellings soos die semistaatsorganisasies. Grond in die fisieke en letterlike sin, soos plase of woongebiede, is egter by uitstek in die ANC se visier. Die Nasionale Demokratiese Revolusie sal nie voltrek wees alvorens die totaliteit van die grond en eiendom van Afrikaners nie op een of ander manier vervreem is nie, baie soortgelyk aan die proses wat hom oor die afgelope tien jaar in Zimbabwe voltrek het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Deur bloot aan te bly op ons plase en in ons huise en \u2013 byges\u00ea, nie te emigreer nie \u2013 is ons reeds besig om weerstand teen die proses van verowering te bied. Die Afrikaner en daardie deel van die blanke bevolking wat hom goedgesind is, beset \u2013 en besit \u2013 steeds &#8216;n groot deel van die land, veral in die gebied wat ek op grond van dr. Willem van Heerden se navorsing uitgewys het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Ons hoef nie noodwendig Orania toe te trek om ons kleim af te steek nie; ons kan dit doen daar waar ons reeds in groot getalle woon. Uiteraard is daar dele van die land waar Afrikanervestiging so yl is dat sulke gebiede vir alle praktiese doeleindes reeds verlore is. Soos wat onstabiliteit toeneem, gaan dit toenemend moeiliker vir ons mense raak om hul eiendomsreg en selfs hul lewens buite die huidige Afrikanermeerderheidsgebiede te handhaaf. Intimidasie en geweld, ook deur die staat se gewapende magte teen lede van minderheidsgroepe, het so alledaags geraak dat diegene wat ge\u00efsoleerd leef reeds intens blootgestel is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p>Wat Orania, Kleinfontein en ander gebiede reeds met hul begrip van \u201cvolkseie arbeid\u201d bewys het, is dat Afrikaners nie afhanklik van vreemde arbeid hoef te wees nie. Die aangewese weg om in te slaan, is om ten minste alle sekerheid- en beskermingsdienste in ons gebiede deur ons eie mense te laat verrig. D\u00edt op sigself sal &#8216;n geweldige bydrae lewer om effektiewe beheer oor ons eie gebiede te verkry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p><strong>&#8216;n Defensiewe strategie<\/strong><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p>Die volkstaat en uiteindelike onafhanklikheid kan op twee maniere verkry word. Aan die een kant kan dit aggressief of aanvallend geskied waardeur ons op &#8216;n dag n\u00e1 die voorbeeld van Sloweni\u00eb en ander lande &#8216;n eensydige onafhanklikheidsverklaring uitroep. Sloweni\u00eb het op di\u00e9 manier in 1991 binne tien dae onafhanklikheid van die ou Joego-Slawi\u00eb verkry. Die Slowene het ongeveer &#8216;n jaar lank min of meer in die geheim hierop voorberei.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Aan die ander kant kan onafhanklikheid ook defensief nagestreef word, deur eenvoudig d\u00edt wat ons reeds besit en beheer te bestendig, te beskerm en te sorg dat ons vyand se planne gefnuik word. Ons moet bereid wees om ons huidige woonbuurte en plase, veral in die groter volkstaatgebied soos ek dit uitgemerk het, te verdedig. Soos die Moslems in Wes-Europa wat reeds die polisie toegang tot hul ghettoes onts\u00ea, moet ons ook toenemend die staat uit ons gebiede probeer hou.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Ons eie mense moet wet en orde begin handhaaf, nie die vreemdes nie. Ons moet insgelyks begin om ons eie ID-dokumente uit te reik en mettertyd selfs ons eie paspoorte. &#8216;n Staat hoef nie amptelik onafhanklik te wees om paspoorte uit te reik nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p>Die huidige eenheidstaat m\u00f3\u00e9t uiteindelik verbrokkel weens sy interne teenstrydighede. Op daardie oomblik sal ons formeel onafhanklik word. Intussen moet ons alles in ons vermo\u00eb doen om ons eie alternatiewe strukture op te rig, te befonds en sterk te maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p>\u2018<strong>n Suider-Afrikaanse konfederasie<\/strong><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p>Een van die eerste oogmerke van \u2018n toekomstige Afrikanerregering in &#8216;n eie Afrikaanse republiek sou wees om \u2018n Suider-Afrikaanse konfedarasie van state te skep. Aangesien Lesotho, Swaziland en Botswana reeds deur middel van die Doeane-unie in meerdere of mindere mate van Suid-Afrikaanse befondsing vir hul begrotings afhanklik is, sou hulle geredelik tot so iets instem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p>Die Afrikaanse republiek, Lesotho, Swaziland en Botswana, voormalige TBVC-state en verskillende outonome kantons waarin Suid-Afrika mag verbrokkel, sou \u2018n konfederasie vorm, waarskynlik met die hoofkantoor in Gaborones omdat die hoofstad van Botswana vir ander, meer noordelike state ook in die toekoms meer bereikbaar sal wees. Die konfederale parlement behoort insgelyks in Gaborones gesetel te wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p><strong>Wie is \u2018n Afrikaner?<\/strong><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p>Heelwat van wat ek hier te s\u00ea het, berus op die veronderstelling dat die Afrikanervolk hom weer opnuut sal selfidentifiseer en gesamentlik sal begin optree. Die ou vraag, wat deur ons vyande met soveel vermakerigheid gestel word \u2013 asof \u201cSuid-Afrikanerskap\u201d nie \u2018n nog veel problematieser begrip is nie! \u2013 duik op: \u201cWie is \u2018n Afrikaner?\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Die Volksraadsverkiesingskommissie het reeds in \u2018n ho\u00eb mate di\u00e9 vraag beantwoord deur middel van sy voorwaardes vir deelname aan \u2018n Afrikanerverkiesing:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">&#8220;Verklaring deur aansoeker: Ek, die ondergetekende\u2026 verklaar hiermee die volgende:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">16.1 dat ek lid van die Boere- of Afrikanervolk (\u201cdie Volk\u201d) is, EN<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">16.2 dat ek ten volle of verreweg oorwegend deur die Volk as lid daarvan aanvaar word, EN<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">16.3 dat ek die Volk se vryheidsideaal nastreef deur te glo dat die Volk homself moet regeer volgens norme en waardes eie aan sy kultuur, in gehoorsaamheid aan God wat ons by Bloedrivier en elders uitgered het, EN<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">16.4 dat geen ander volke of rasse &#8211; hetsy Blank of nie-Blank \u2013 die reg het om die Volk te oorheers nie, EN<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">16.5 dat ek die Volk se reg op selfbeskikking opeis omdat ek \u2018n proses ondersteun waarvolgens my Volk uiteindelik alleen sy eie grondgebied sal bewoon, bewerk en regeer, EN<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">16.6 dat die Volk op so \u2018n grondgebied moet besluit soos gelei deur verwikkelinge in die proses om ons selfbeskikking te herstel, EN<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">16.7 dat ek my reg uitoefen om deel te neem aan \u2018n proses waardeur \u2018n ope nominasie en demokratiese verkiesing van Volksraadslede as verteenwoordigers van die Volk sal plaasvind, wat my bogenoemde eise en regte as lid van die Volk namens my sal stel en beding, EN<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">16.8 dat ek wil deelneem aan die verkiesing van Volksraadslede welke verkiesing deur die Volksraadverkiesingsommisssie gefasiliteer word; EN<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">16.9 dat ek kennis dra van die Volksraadverkiesingskommissie se bepalings tot uitvoering van genoemde verkiesingsproses en dit aanneem;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">DAAROM VERKLAAR EK volkome vrywillig dat ek as kieser op die Volksraadverkiesingskommissie se kieserslys geregistreer wil word.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p>Daar is vir my twee belangrike elemente by bogaande definisie van Afrikanerskap wat sekerlik enige internasionale ondersoek sou kon deurstaan: (1) Dat Afrikaners mekaar as sodanig herken en aanvaar; en (2) dat elke Afrikaner homself ook invididueel tot lid van die volk verklaar. Laasgenoemde sluit aan by die klassieke teoretikus oor volkskap of nasionaliteit, Ernest Renan, se gedagte van \u2018n \u201cdaaglikse peblisiet\u201d wat lede van \u2018n volk uitvoer om telkens weer deur hul verskillende nasionale optredes vir lidmaatskap van daardie volk \u201cte stem\u201d.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p><strong>Die weerstand is reeds aan die gang<\/strong><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p>Soos ek reeds hierbo geskets het, selfs indien die Afrikaner nooit daadwerklik of aggressief optree om sy vryheid en sy erfenis in di\u00e9 land teen die huidige aanslag te beskerm nie en al \u201csit hy net op die draad\u201d, noop omstandighede hom egter om bepaalde keuses uit te oefen. In \u2018n wesentlike sin is weerstand reeds aan die gang, want sowel invididuele as groepe Afrikaners is besig om hulself teen die huidige fisieke en kulturele verval te verset. Ons hoef maar net te kyk na die ongekende uitstorting van misnoe\u00eb en verset op die internet, wat \u2018n goeie aanduiding van die algemene gevoel verteenwoordig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Deur gepaste leiding en aanmoediging kan die huidige weerstand wat op \u2018n verskeidenheid maniere plaaslik manifesteer, aangroei tot \u2018n algemene beweging na onafhanklikheid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Daar was maar slegs enkele kere in ons geskiedenis dat daar so \u2018n swaar verantwoordelikheid op die Afrikanerintellektuele en \u2013leiers gerus het om die volk in sy dors na vryheid te inspireer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Ons sou ons hele nageslag verraai indien ons nie nou begin werk om ons eie gebiede ordentlik te beveilig en toenemend uit die greep van die ANC-staat los te wikkel nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">deposit mobile<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/inforesist.org\/morskaya-dostavka-spetsifika-i-preimushhestva-na-fone-zheleznodorozhnogo-transporta\/\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verandering vind op twee maniere plaas, stadig en inkrementeel of skielik en revolusion\u00ear, selfs rampspoedig. President Ronald Reagan het op \u2018n stadium verwys na die uitvinding van die motor wat die perdekar laat verdwyn het. Jare lank het perdekarvervaardigers hul voertuie bietjie vir bietjie verbeter en gemoderniseer \u2013 totdat die binnebrandenjin en die motor op &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9628\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Afrikanerrevolusie \u2013 die alternatief vir die NDR&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-9628","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9628","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9628"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9628\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9628"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9628"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9628"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}