{"id":9627,"date":"2010-11-14T14:29:23","date_gmt":"2010-11-14T14:29:23","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9627"},"modified":"2010-11-14T14:29:23","modified_gmt":"2010-11-14T14:29:23","slug":"polarisasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9627","title":{"rendered":"Polarisasie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrikaners sal onthou hoe minister Lulu Xinwana, destyds minister van Landbou, op Kerkplein in \u2018n toespraak losgetrek het teen wit boere wat hul werkers so mishandel. Uiteindelik het dit geblyk dat sy \u2018n enkele voorval in die Wes-Kaap gaan veralgemeen het. Boonop het dit nog later geblyk dat die voorval deur die Onafhanklike Klagtedirektoraat ondersoek was, en die bewerings as vals bevind het. Di\u00e9 verslag was toe lank reeds aan die regering bekend, en tot die minister se beskikking.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pres. Jacob Zuma het skaars sy nuwe kabinet aangekondig, of die boere- en Boere-bashing word ongesteurd voortgesit. En weereens word persepsies wat in sekere kringe gevoed word, as feite opgedis.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die spits staan die adjunk-minister van Justisie, Maggie Sotyo. Onder haar tirade deur het sy stellings gemaak dat die regbank nog meestal blank is, en bevooroordeeld teenoor swart Suid-Afrikaners is. In werklikheid is blankes op die regbank volgens amptelike syfers in die minderheid. Die saak wat sy as voorbeeld oprakel dat blankes ligter as swart mense gestraf word, het nog nie \u2018n vonnis opgelewer nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy is uit verskeie oorde, soos TLU SA, gestriem, terwyl die lysie van partye en instansies wat dawerend swyg, ook onheilspellend lank is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog \u2018n minister wat tender om polarisasie aan te blaas is mnr. Fikile Mbalula van Sport. Kort op die stekelrige bohaai oor ABSA en transformasie in rugby, bestyg hy dieselfde perd, deur rugby uit te sonder. Hy meld wel dat kwotas nie werk nie, en dat transformasie \u2013 teen die agtergrond van die ABSA-debakel &#8211; laat vaar en tot ras vereenvoudig is. Die kwessie van velkleur op die veld staan egter steeds.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos gebruiklik sal sportondersteuners daarop wys dat sokker dan ook nie getransformeer is nie weens die bykans volledige afwesigheid van wit en Indi\u00ebrspelers op nasionale vlak, Trouens, selfs op ander senior vlakke is wit spelers so skaars soos hoendertande. Met veldlope, padwedlope en die langer afstande op die atletiekbaan speel min of meer dieselfde scenario hom af, en \u2018n gebrek aan geleenthede vir nie-swart deelnemers kan kwalik die skuld hiervoor kry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskillende mense het verskillende talente. Om ter wille van politieke inmenging hieraan te torring is in niemand se belang nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mbalula is wel op die regte spoor oor die kwessie van ontwikkeling van geriewe en geleenthede.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/online-slots\/\">www slots games<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/101otzyv.ru\/object\/filchakov-aleksandr\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrikaners sal onthou hoe minister Lulu Xinwana, destyds minister van Landbou, op Kerkplein in \u2018n toespraak losgetrek het teen wit boere wat hul werkers so mishandel. Uiteindelik het dit geblyk dat sy \u2018n enkele voorval in die Wes-Kaap gaan veralgemeen het. Boonop het dit nog later geblyk dat die voorval deur die Onafhanklike Klagtedirektoraat ondersoek &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9627\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Polarisasie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9627","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9627","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9627"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9627\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9627"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9627"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9627"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}