{"id":9624,"date":"2010-11-11T08:22:29","date_gmt":"2010-11-11T08:22:29","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9624"},"modified":"2010-11-11T08:22:29","modified_gmt":"2010-11-11T08:22:29","slug":"kultuurimperialisme-en-die-jeug","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9624","title":{"rendered":"Kultuurimperialisme en die jeug"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Afriforum Jeug se reaksie op die ANC-jeugliga se aandrang dat pres. Paul Kruger se standbeeld van Kerkplein verwyder word, en deur een van Chris Hani, omring van MK\u2014lede vervang word, fokus op die kwessie van waar die vlakke van polarisasie in die land, en in besonder, die jeug staan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op dieselfde dag as waarop Afriforum Jeug op die Kerkplein-debakel reageer, het di\u00e9 organisasie ook \u2018n klag van haatspraak teen Sasco gaan l\u00ea oor \u2018n plakkaat met bedenklike inhoud. (Teks hieronder).<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voeg daarby dat die ANC-Jeugliga in dieselfde asem die kwessie van Pretoria se naam op die spits wil dryf.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit beklemtoon dat gesindhede in \u2018n heterogene samelewing nie deur wetgewing en selfs die grondwet gewaarborg kan word nie. Die talle klagtes van haatspraak wat al gel\u00ea is, te midde van \u2018n stroom aansprake van nog veel meer wat nie bereg word nie, versterk di\u00e9 opvatting.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar word graag gespog oor hoe die nuwe generasie \u2013 die post apartheid-generasie \u2013 \u2018n voorbeeld vir die ouer generasie stel van hoe tussengroep-verhoudings moet werk. Word egter na sake soos hierdie gekyk, lyk die prentjie taamlik anders. Dit lyk eerder of die polarisasie op minstens sekere terreine onder die jeug aan die verdiep is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om \u2018n alternatiewe geskiedenis as die werklikheid op te dis los nie probleme op nie. Dit verskuif gewoon die grense waarlangs die loopgrawe gegraaf word. Dit word gevoed deur die persepsies wat ongehinderd toegelaat word om te ontwikkel, en wat al te dikwels met feite niks te make het nie. Persepsies slaan selfs in wetgewing neer, soos regstellende aksie (wat in Suid-Afrika die karakter van affirmative action aangeneem het waarvoor die grondwet nie voorsiening maak nie) en transformasie. Onlangse gebeure onderstreep hoe hartlik siek die transformasieslagoffers en ander mense met selfrespek vir di\u00e9 gogga is. Die boodskap uit senior regeringskringe is egter dat affirmative action en transformasie nog lank \u2013 selfs onbepaald &#8211; met ons gaan wees, wat in die praktyk beteken dat voortgesette diskriminasie sekere mense se voorland gaan bly.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit word verdiep wanneer die proses in kultuurimperialisme oorloop. Di\u00e9 kultuurimperialisme is boonop nie deur \u2018n werklike kultuur onderl\u00ea nie, maar \u2018n kultuurkarikatuur van die kulture waaruit dit ontwikkel het. Baie onstabiliteit en uitrafeling, kom gewoonlik voor wanneer kultuur in transito is. Onder die newe-produkte, in baie lande, is die ontstaan van \u2018n sogenaamde subkultuur van bandeloosheid wat weer \u2018n subkultuur van geweld voed. Juis hierdie aspek is pas in die parlement bespreek, en is hard probeer om ter wille van politieke korrektheid die probleem te ontken.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag is egter: Presies waar op die kultuur-barometer kan enigeen die plakkaat se inhoud hieronder plaas? Daar kan nie maar aangevoer word dat dit aan \u2018n paar heethoofdige snotkoppe toegeskryf moet word nie \u2013 Sasco as organisasie het botweg geweier om hom hiervan te distansieer en die ANC self swyg dawerend hieroor.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen gaan al hoe meer stemme vir \u2018n volkstaat of die behoorlike beskerming van minderheidsregte op. Durf iemand regtig verbaas te wees?<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">\u201cA vote for SASCO is a vote for ANC and<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">a vote for anc [sic] is a vote for Julius<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">MALEMA<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">&#8220;One Boer one bullet&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">Viva Julius malema [sic] viva!!!<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">Students please vote for SASCO 100%<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">BLACKS ONLY ORGANISATION<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">(STRICTLY SOUTH AFRICANS)<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">Amandla!!\u201d (Siek)<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/statii\/igrushka-luntik-novii-dobrii-nezhniy-i-iskrenniy-drug-dlya-lubogo-rebenka\">\u0438\u0433\u0440\u0443\u0448\u043a\u0430 \u043b\u0443\u043d\u0442\u0438\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mykharkov.info\/news-companies\/furshety-s-klassom-udobno-raznoobrazno-i-dostupno-78181.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0436\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Afriforum Jeug se reaksie op die ANC-jeugliga se aandrang dat pres. Paul Kruger se standbeeld van Kerkplein verwyder word, en deur een van Chris Hani, omring van MK\u2014lede vervang word, fokus op die kwessie van waar die vlakke van polarisasie in die land, en in besonder, die jeug staan. Op dieselfde dag as waarop Afriforum &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9624\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kultuurimperialisme en die jeug&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9624","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9624","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9624"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9624\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9624"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9624"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9624"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}