{"id":9622,"date":"2010-11-10T05:59:02","date_gmt":"2010-11-10T05:59:02","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9622"},"modified":"2010-11-10T05:59:02","modified_gmt":"2010-11-10T05:59:02","slug":"fisiologie-van-misdaad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9622","title":{"rendered":"Fisiologie van misdaad"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dit is di\u00e9 week internasionaal bedrogweek. \u2018n Internasionale instansie van gesertifiseerde bedrogondersoekers meen tot 5 % van ondernemings w\u00eareldwyd se omset word deur bedrog gesteel. Met \u2018n bekende politieke kommentator wat di\u00e9 week hardop gemeen het korrupsie in Suid-Afrika het endemies geword, sou dit glad nie onvanpas wees dat Suid-Afrika bietjie hierop fokus nie. Trouens, volgens die jongste polisiestatistiek het bedrog in Suid-Afrika vinnig toegeneem te midde van \u2018n afname in baie misdaadkategorie\u00eb.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika val die fokus di\u00e9 week egter elders \u2013 die gewelddadige aard van misdaad hier te lande, en \u2018n walgooiery uit regeringsgeledere hieroor.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die grondslag vir hierdie fokus is \u2018n verslag van die Sentrum van Geweld en Versoening wat 18 maande na dit voltooi is, in die parlement bespreek word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die kant van die polisiesekretariaat word aangevoer dat die vlakke van geweld in misdaad in Suid-Afrika nie uitsonderlik is nie. Suid-Afrika vergelyk goed met lande soos Jamaika, Meksiko en Columbia.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Sentrum voer weer aan dat \u2018n moordsyfer van 16 000 per jaar die boodskap onomwonde stel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om Meksiko en Columbia as voorbeelde te gebruik, is kwalik gerusstellend. Hierdie lande het te kampe met magtige dwelmkartelle waar menselewens nie \u2018n halwe tiekie werd is nie. Veral Meksiko kom gereeld in Verslaggewers sonder Grense se verslae aan die bod weens die skrikbewind wat dwelmbase teen joernaliste voer wat durf waag om in hul bedrywighede te krap.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop is moord nie die enigste vorm van geweldsmisdaad nie. Suid-Afrika is die verkragting-hoofsetel (capital) van die w\u00eareld. Volgens die polisiestatistieke is die amptelike verkragtingskoers in Suid-Afrika 138 per 100 000 per jaar. Welsynsinstansies meen die amptelike syfer moet met tussen tien en 30 maal vermenigvuldig word om die werklike verkragtingskoers te bepaal. Voeg hierby dat Suid-Afrika se hemelho\u00eb MIV-Vigs-besmettingsyfer maklik vir iemand wat nie betyds anti-retrovirale behandeling kry nie, \u2018n doodsvonnis kan beteken en die erns raak duidelik. Dat die meeste verkragtings binne gesinsverband plaasvind en dat die herhaalde verkragting van dieselfde slagoffer die syfer opjaag is niks minder ontstellend nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voeg nog hierby die gevalle van aanranding met die opset om ernstig te beseer, roof met verswarende omstandighede, huisrooftogte, poging tot moord, strafbare manslag en kindermishandeling en sake lyk sleg.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Sentrum se doodsonde was skynbaar om na \u2018n kultuur of subkultuur van geweld te verwys, en dit onder meer na aspekte soos bendebedrywighede te herlei. In die proses het die Sentrum kwalik die gravitasieteorie ontrafel, dit word gewoon in provinsiale moordsyfers en verkragtingsyfers weerspie\u00ebl soos in die Wes-Kaap en Noord-Kaap.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die polisiesektretariaat skram weg van \u2018n verpolitisering van misdaad, en die koppeling daarvan aan spesifieke bevolkingsgroepe. Terwyl die statistieke waarskynlik ou bekende faktore reflekteer soos dat die moordsyfer onder bruin mans in die Wes-Kaap as die hoogste onder \u2018n identifiseerbare groep ter w\u00eareld gereken word, naamlik meer as 90 per 1000 000 per jaar teenoor die land se gemiddeld van ongeveer 30 per 100 000 per jaar \u2013 juis weens die bendebedrywighede, is die regering se fokus waarskynlik meer gerig op die statistieke vir plaasmoorde. Volgens Interpol is die moordsyfer onder boere tot 300 per 100 000 per jaar, en dit kan nie aan \u2018n moordery onder mekaar, of dronknes-bakleiery toegeskryf word nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Walgooiery oor syfers wat stereotipes en polarisering tot gevolg het kan moontlik verstaan word, maar dan maak dit nie sin dat vanuit dieselfde geledere dawerend geswyg word wanneer Sasco rassistiese plakkate met haatspraak vertoon nie. Dan maak dit nie sin dat die ANC app\u00e8l aanteken teen \u2018n hofbeslissing wat die liedjie, \u201cSkiet dood die Boere\u201d tot haatspraak verklaar het nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Belangrike oorweging is of \u2018n probleem by die wortels aangespreek kan word as die simptome so verpolitiseer word dat die fisiologie daarvan verdoesel word.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/products\/57-vlagostojkie-svetil-niki\">\u0432\u043b\u0430\u0433\u043e\u0441\u0442\u043e\u0439\u043a\u0438\u0435 \u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a\u0438 \u0434\u043b\u044f \u0432\u0430\u043d\u043d\u043e\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/declacar.com.ua\/persons\/%D0%A4%D1%96%D0%BB%D1%8C%D1%87%D0%B0%D0%BA%D0%BE%D0%B2_%D0%9E%D0%BB%D0%B5%D0%BA%D1%81%D0%B0%D0%BD%D0%B4%D1%80_%D0%92%D0%B0%D1%81%D0%B8%D0%BB%D1%8C%D0%BE%D0%B2%D0%B8%D1%87-490462\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is di\u00e9 week internasionaal bedrogweek. \u2018n Internasionale instansie van gesertifiseerde bedrogondersoekers meen tot 5 % van ondernemings w\u00eareldwyd se omset word deur bedrog gesteel. Met \u2018n bekende politieke kommentator wat di\u00e9 week hardop gemeen het korrupsie in Suid-Afrika het endemies geword, sou dit glad nie onvanpas wees dat Suid-Afrika bietjie hierop fokus nie. Trouens, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9622\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Fisiologie van misdaad&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9622","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9622","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9622"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9622\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9622"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9622"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9622"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}