{"id":9620,"date":"2010-11-09T06:03:43","date_gmt":"2010-11-09T06:03:43","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9620"},"modified":"2010-11-09T06:03:43","modified_gmt":"2010-11-09T06:03:43","slug":"met-n-aprilgek-grap-gevang","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9620","title":{"rendered":"Met \u2018n Aprilgek-grap gevang?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Op 1 April vanjaar het die regering litigasie vrygespring deur \u2018n ooreenkoms met Vrystaat Landbou te onderteken. Aan die hart van hierdie ooreenkoms was \u2018n onderneming dat veral die Lesothogrens voldoende beskerm sal word sodat landboubedrywighede in vrede, en veilig voortgesit kan word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na \u2018n volgehoue stroom vee- en weidingdiefstalle en selfs lewensverlies, is verskeie grensboere al in die media aangehaal dat daar van die regering se ondernemings dadels gekom het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is blykbaar so endemies dat veld selfs aan die Vrystaatkant aan die brand gesteek word sodat vee uit Lesotho later op die groen uitloopsels kan kom wei.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die verdagtes wat aangekeer is in verband met die verkragting van \u2018n dokter in Bloemfontein se Pelenomi-hospitaal is \u2018n sestienjarige Lesothoburger wat hom skynbaar moeiteloos in Suid-Afrika kom vestig het. Ook hier het die regering nie te alle tye met die nodige sorg gereageer nie, en die LUR vir Gesondheid is erg gestriem omdat sy nie \u2018n krisisvergadering oor veiligheid in die hospitaal bygewoon het nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onder die staatkundige begrippe wat politieke wetenskaplikes gebruik, is di\u00e9 waar die burgery van \u2018n land en die regering \u2018n sosiale kontrak sluit. Di\u00e9 kontrak behels onder meer dat die staat verantwoordelikheid vir die veiligheid van sy burgers waarborg. Kabinetslede l\u00ea ook \u2018n eed af vir die instandhouding van die grondwet.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voorts bepaal internasionale demokratiese konvensie dat \u2018n regering in algemene belang sal regeer, nie net in belang van die regerende party se ondersteuners nie \u2013 of dan in belang van \u2018n buurland se burgers se roofsug nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sluit ook in dat die staat streng teen korrupsie sal optree omdat, in die woorde van die W\u00eareldbank, korrupsie \u2018n land van sy toekoms beroof.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs al is daar geen kwade bedoelings by die wyse waarop die regering sy ooreenkoms met Vrystaat Landbou eerbiedig nie, kan die regering nie sy verantwoordelikhede ontsnap nie. Doeltreffende regering word bewerkstellig deur kundigheid en \u2018n ingesteldheid tot dienslewering.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Word onbekwame kaders egter ontplooi, is die skade net so groot of selfs groter as om skelm kaders te ontplooi. Kort voort lank staan die beste stuurlui deeglik aan wal, en as hul kantlynadvies ge\u00efgnoreer word, sal daar noodwendig \u2018n mate van foutvindery ontstaan &#8211; \u2018n doodgewone demokratiese reg en plig, wat nie deur die muilband van die media gesmoor durf word nie. Al hoe meer politieke waarnemers begin koppe tel namate die Zuma-kabinet in \u2018n KZN-klub ontwikkel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Behoorlike demokrasie beteken ook dat die owerheid nie onnodig in die burgerlike lewe inmeng nie \u2013 trouens, die staat se hooftaak wat dit betref is juis om \u2018n veilige klimaat te skep waarbinne ekonomiese groei kan plaasvind.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Word na Suid-Afrika se posisie op internasionale indekse gekyk, veral die sogenaamde piesangrepublike-indeks, kan die vraag gevra word hoeveel van die sosiale en selfs juridiese kontrakte is by wyse van spreke op 1 April geteken?<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">no deposit bonus<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/otlichnaya-tendentsiya-novyie-detskie-sadyi-otkryivayutsya-v-harkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u0432\u044c\u044e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op 1 April vanjaar het die regering litigasie vrygespring deur \u2018n ooreenkoms met Vrystaat Landbou te onderteken. Aan die hart van hierdie ooreenkoms was \u2018n onderneming dat veral die Lesothogrens voldoende beskerm sal word sodat landboubedrywighede in vrede, en veilig voortgesit kan word. Na \u2018n volgehoue stroom vee- en weidingdiefstalle en selfs lewensverlies, is verskeie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9620\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Met \u2018n Aprilgek-grap gevang?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9620","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9620","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9620"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9620\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9620"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9620"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9620"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}