{"id":9610,"date":"2010-11-03T07:07:24","date_gmt":"2010-11-03T07:07:24","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9610"},"modified":"2010-11-03T07:07:24","modified_gmt":"2010-11-03T07:07:24","slug":"grondeise-voed-volkstaatgedagte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9610","title":{"rendered":"Grondeise voed volkstaatgedagte"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Grondeisekommissaris het pas sy grootste enkele eis vir restitusie teen \u2018n enkele grondeienaar te laat vaar, toe die eis wat namens twee stamme op sowat 20 000 Ha van mnr. Charl Senekal in KwaZulu-Natal ingestel was, opgeskort is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Senekal het twee volkekundiges aangestel wat bevind het die twee stamme het nooit die grond besit nie. Boonop moes die grondeisekommissaris reeds twee keer in verband met di\u00e9 saak in die hof verskyn, maar het nie opgedaag nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is nie die eerste keer dat eise na behoorlike historiese navorsing in die stof byt nie. Dit laat die vraag ontstaan in hoe \u2018n mate die staat se navorsers in die eerste plek die geldigheid van talle eise ge\u00ebvalueer het, en op sterkte van hierdie sogenaamde navorsing bereis was om sake verbete in die howe te beveg. Uiteraard op die slagoffer van die ongeldige eis en die belastingbetalers se koste.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Grondeise is \u2018n emosionele aangeleentheid, onder meer oor die regering se voortgesette verkondiging van sy doelwit om landelike armoede deur grondbesit te verlig. Dat \u2018n boer in Suid-Afrika se half-woestynklimaat \u2018n taamlike groot stuk grond en heelwat kundigheid nodig het om suksesvol te kan boer, is lank reeds \u2018n bekende feit. Hiersonder word armoede, en nie welvaart nie, gekweek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Tweede aspek wat nie uit die oog verloor moet word nie, is dat ongeldige grondeise \u2018n klimaat van polarisasie en selfs verbittering, skep.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Derdens skep dit \u2018n klimaat van onsekerheid, en so \u2018n klimaat is nie bevorderlik vir die stabiliteit wat nodig is om voedselsekuriteit te verseker nie. Die onsekerheid het weer \u2018n invloed op werksgeleenthede in \u2018n omgewing \u2013 en dit skep armoede.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vrotsige of bevooroordeelde navorsing werp natuurlik \u2018n donker wolk oor die betroubaarheid van ander navorsing wat vir die staat gedoen word, soos die navorsing oor die geldigheid van plekname.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het onlangs geblyk dat een van die Vrystaat se plekname-komiteelede self voorgestel het dat Bloemfontein se naam na Mangaung verander word. As rede voer hy aan dat swart mense die naam Mangaung gebruik het voor die blankes die plek Bloemfontein begin noem het. Dit, terwyl reeds gepubliseerde navorsing deur historici, onder meer gebaseer op die werk van die gesaghebbende Theal, meen die naam is afgelei van die omstrede Korannahoofman, Jan Bloem, wat geleef het voor die Basothovolk nog deur Mosjesj byeengebring is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat die swart mense \u2013Tswanasprekendes wat deel van die sogenaamde Legoya-kultuur &#8211; dit genoem het voor hulle deur uitdelgingsoorlo\u00eb vernietig is, weet niemand nie. Nog minder weet iemand wat die Koi en San die omgewing of hul nedersettings daar genoem het voor daar nog swart mense in die omgewing was.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat wel bekend is, is dat die naam Bloemfontein ouer is as die naspeurbare herkoms van Mangaung. Maar skynbaar moet geskiedenis vir persepsie terugstaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2018n ander geval is selfs \u2018n standbeeld laat maak van \u2018n persoon wat volgens die mees betroubare geskiedskrywing nooit bestaan het nie, en die oorsprong van die naam van die fiktiewe hoofman nog in groot onduidelikheid gehul is. Volkekundiges wat meen hulle weet waar die betrokke naam vandaan kom, herlei dit onder meer na \u2018n rituele bees toe.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om polariserende persepsies in plaas van historiese feite in \u2018n gepolariseerde heterogene samelewing te laat gedy is soos petrol op die vuur. Dit maak dat die ras-koppetellery in rugbyspanne \u2018n hoogs emosionele saak word, nie so seer oor die afsnypunt van getalle nie, maar oor die impak op die kollektiewe psige waar \u2018n onlosmaaklike deel van die streek se bevolking soos vreemdelinge in hul eie land begin voel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dan verbaas te wees as die volkstaatgedagte momentum kry.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ds-dental.ru\/blog\">\u0441\u043e\u0432\u0440\u0435\u043c\u0435\u043d\u043d\u043e\u0435 \u043f\u0440\u043e\u0442\u0435\u0437\u0438\u0440\u043e\u0432\u0430\u043d\u0438\u0435 \u0437\u0443\u0431\u043e\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/aeextr.com.ua\/object\/topcargo-mezhdunarodnaja-dostavka\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Grondeisekommissaris het pas sy grootste enkele eis vir restitusie teen \u2018n enkele grondeienaar te laat vaar, toe die eis wat namens twee stamme op sowat 20 000 Ha van mnr. Charl Senekal in KwaZulu-Natal ingestel was, opgeskort is. Senekal het twee volkekundiges aangestel wat bevind het die twee stamme het nooit die grond besit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9610","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9610","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9610"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9610\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9610"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9610"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9610"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}