{"id":9604,"date":"2010-11-03T06:16:47","date_gmt":"2010-11-03T06:16:47","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9604"},"modified":"2010-11-03T06:16:47","modified_gmt":"2010-11-03T06:16:47","slug":"partydigheid-vir-haatspraak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9604","title":{"rendered":"Partydigheid vir haatspraak"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Julius Malema en die ANC-Jeugliga sal nou eers laat in April of vroeg in Mei weet of Malema \u2018n tweede keer sy rieme oor haatspraak styfloop. Die klag wat Afriforum gel\u00ea het oor die sing van die liedjie, Skiet dood die Boere, sal dan eers in die Hooggeregshof aangehoor word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afriforum het die klag teen die ANC self hieroor na bemoedigende samesprekings onttrek. Hoewel die ANC die vroe\u00ebre verklaring deur die Hooggeregshof dat die liedjie haatspraak is, op app\u00e9l neem, meen Afriforum dat dit oor \u2018n onbevredigende stel feite handel waar twee vriende mekaar die stryd in die hof aanges\u00ea het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika stuur op \u2018n landswye verkiesing af, en verkiesings in Suid-Afrika is steeds grootliks etniese sensusse, waar spanningsvlakke baie hoog loop. In die verlede is al deeglik getoon hoe doodgewone politiekery as die aanstigting van rassespanning vertolk word, en die stempatrone be\u00efnvloed. Vra maar vir enige kulturele antropoloog hoe Helen Zille se styl van aanvalle op Jacob Zuma swart steun weer in die ANC gekonsolideer het, en selfs Cope in die proses van hierdie gekonsolideerde steun moes afstaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pas het pres. Jacob Zuma \u2018n kabinetskommeling aangekondig, of koerante berig oor van sy nuwe aanstellings wat al stywe boetes vir bedrog opgel\u00ea is. Ook ander, heel geldige kritiek word teen sommige van die aanstellings geopper. Na verwagting gaan die regering se reaksie wees om harder te dryf met sy mediasnoeringsplanne. Dit, op sigself, skep \u2018n gespanne klimaat in die aanloop tot \u2018n verkiesing.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om te argumenteer dat dit bloot munisipale verkiesings is, het kwalik bene om op te staan. Onlangs was die minister van Samewerkende Regering erg in die spervuur omdat hy die opposisie verkwalik oor \u2018n persepsie huldig dat sake op munisipale vlak erg haper. Di\u00e9 minister het nie met die kabinetskommeling in die slag gebly nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC Jeugliga se reaksie op die hofverrigtinge is om Afriforum as \u2018n klomp rassistiese kinders wat mal is, uit te skel. Dat Afriforum, as gemeenskapsorganisasie, die sentimente van bitter baie mense verteenwoordig wat saamstem dat \u2018n liedjie wat \u201cSkiet die Boere\u201d bewoord, haatspraak verteenwoordig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Maklike toets om te bepaal of iets op haatspraak of rassisme neerkom, is om bloot die liedjie se bewoording te verander om \u2018n ander bevolkingsgroep as teiken vir die skietery te bevat. Dit is hoe eenvoudig dit is, en geen argumente oor \u2018n historiese aanloop \u2013 veral nie uit \u2018n tyd van stryd nie \u2013 kan haatspraak as iets anders inkleur nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat so \u2018n saak hof toe moet gaan, of soos in die geval van \u201cKill the Boer, kill the farmer\u201d op app\u00e8l by die Menseregtekommissie moes gaan, en \u2018n sokkerstadion daarna boonop na die voorsanger vernoem is, toon dat bitter baie mense openlik haatdraend die statut\u00eare terrein bevolk. En so lank hierdie sentimente openlik gesteun word, sal die slagoffers met rede kan voel dat die motief vir sogenaamde regstellende aksie en transformasie met <strong><em>male fides<\/em><\/strong> besaai is.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\/pazly\">\u043f\u0430\u0437\u043b\u0438 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0456\u0442\u0435\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/07\/21\/182571.html\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Julius Malema en die ANC-Jeugliga sal nou eers laat in April of vroeg in Mei weet of Malema \u2018n tweede keer sy rieme oor haatspraak styfloop. Die klag wat Afriforum gel\u00ea het oor die sing van die liedjie, Skiet dood die Boere, sal dan eers in die Hooggeregshof aangehoor word. Afriforum het die klag teen &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9604\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Partydigheid vir haatspraak&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9604","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9604","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9604"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9604\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9604"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9604"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9604"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}