{"id":9601,"date":"2010-11-02T04:04:06","date_gmt":"2010-11-02T04:04:06","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9601"},"modified":"2010-11-02T04:04:06","modified_gmt":"2010-11-02T04:04:06","slug":"hitler-was-links-en-ander-gedagtes-uit-nederland","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9601","title":{"rendered":"Hitler was links! en ander gedagtes uit Nederland"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2007\/01\/roodt_dan4.jpg\" \/>Van al die lande waar een of ander regse of konserwatiewe beweging tans aan die gang is, is Nederland by verre die opwindendste. Eers was daar die flambojante Pim Fortuyn, eertydse Marxistiese sosioloog wat agterna die sin van tradisie ingesien het. Fortuyn het binne \u2018n paar jaar, deur \u2018n hele aantal boeke en onderhoude, die grondslag vir \u2018n nuwe politiek in Nederland gel\u00ea. Hy is natuurlik tragies deur \u2018n linkse landgenoot vermoor.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die beste boeke om die linkses te verstaan, was nog altyd Raymond Aron se <em>Die opium van die intellektuele<\/em>. Daarin verduidelik hy onder andere dat die romantiek van geweld onlosmaaklik aan die romantiek van die revolusie verbind is. Terwyl Pim Fortuyn deur \u2018n linkse Nederlander vermoor is, is die filmmaker Theo van Gogh deur \u2018n Moslem omgebring, \u2018n daad wat insgelyks skokgolwe deur die normaalweg vreedsame Nederlandse samelewing gestuur het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">N\u00e1 Fortuyn het Geert Wilders op die toneel verskyn om die vaandeldraer van die Nederlandse regse beweging geword. Hy is bygestaan deur Martin Bosma wat vanaf die eerste oomblikke toe Wilders uit die VVD bedank het hom vanaf 2004 by die nuwe beweging, aanvanklik bekend as \u201cGroep Wilders\u201d, ingewerp het. Hy het sy pos as joernalis bedank en sonder \u2018n inkomste in \u2018n agterkamertjie van die Nederlandse parlement vir die nuwe beweging begin arbei.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie net het Bosma vele van Wilders se toesprake geskryf nie, maar openbaar hom veral n\u00e1 die verskyning van sy jongste boek as die intellektuele stukrag agter die Partij voor de Vrijheid. So \u2018n week gelede het ek deur Bosma se toedoen \u2018n kompliment\u00eare eksemplaar van sy boek ontvang en watter verkwiklike verrassing is dit nie! Dit heet: <em>De schijn-\u00e9lite van die valse munters \u2013 Drees, extreem rechts, die sixties, nuttige idioten, Groep Wilders en ik.<\/em> \u2018n Mondvol, maar juis daarom nie minder interessant nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op een of ander stadium wil ek \u2018n breedvoerige resensie oor die boek skryf as ek dit klaar gelees het, maar my opgewondenheid verlei my daartoe om hier enkele eerste indrukke met my lesers te deel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos sommige \u201cnuwe filosowe\u201d van die jare sewentig in Parys, veral Jean-Fran\u00e7ois Revel, word Bosma ge\u00efnspireer deur sekere Amerikaanse denkers. Maar dan veral die \u201contnugterde liberale\u201d soos Irving Kristol wat homself beskryf as:&nbsp; <em>a liberal who\u2019s been mugged by reality<\/em>. Bosma, wat self uit \u2018n linkse, Arbeidersgesinde, huis afkomstig is, verskaf \u2018n hele lang lys van Amerikaanse en ander denkers wat hom be\u00efnvloed het, soos: Friedrich von Hayek, skrywer van <em>The road to serfdom<\/em>, William F. Buckley Jr., skrywer van <em>God and man at Yale<\/em>, Allan Bloom, uit wie se pen <em>The closing of the American mind<\/em> verskyn het, asook Norman Podhoretz wat <em>Breaking ranks<\/em> publiseer en Leo Strauss, outeur van <em>On Tyranny<\/em>.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Interessant omtrent hierdie toonaangewende Amerikaanse filosowe is dat, soos Bosma dit stel, hulle \u201cdikwels Joods (is), van huis uit brandarm, dikwels afgestudeer aan die City College of New York, dikwels Trotski\u00efsties was en almal met Links gebreek het\u2026\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook&nbsp; behou Bosma \u2018n sagte plekkie vir Ronald Reagan, die Amerikaanse president wat ook sy bes gedoen het om finansi\u00eble sanksies teen Suid-Afrika in die tagtigerjare af te weer en uiteindelik onder druk van die Swart Koukus deur sy eie party, die Republikeine, verraai is, om wel sanksies teen ons toe te pas.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met soveel van Bosma se idees kan \u2018n mens saamstem. Hy blameer die radikalisme van die sestigerjare vir baie wat in die Weste verkeerd geloop het. Die invloed van die neo-Marxisme, waaronder die Frankfortskool en Gramsci, wat die universiteite en agterna die joernaliste en die media stormenderhand verower het, kan nie geringskat word nie. \u2018n Kulturele revolusie het die Westerse kultuur van binne af gerysmier en daaruit het die multikulturele ideaal \u2013 Bosma verwys daarna as \u201cdie multikul\u201d, want ons word gekul \u2013 ontstaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar heel dikwels haal hy \u2018n merkwaardige Nederlander aan: Jacques de Kadt. Di\u00e9 het reeds in 1939 \u2018n ontleding van fascisme verskaf waarin hy aantoon dat Hitler meer sosialis as nasionalis was. Trouens, die stryd tussen kommunisme en fascisme is die tweestryd tussen twee sosialismes. \u2018n Ander Nederlander, die sosioloog Jacques van Doorn, het tot presies dieselfde slotsom gekom in sy uitgebreide studie oor <em>Duits socialisme<\/em> wat in 2008 verskyn het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bosma se boek behoort ook wyd deur Afrikaners gelees word. Die Afrikaner se probleem is dat hy nie \u2018n goeie begrip van linkse denke het nie. Vandaar ons mense se verwondering oor die staat wat deesdae op alle gebiede in ons lewens ingryp, die ideologie van \u201cmultikul\u201d en \u201ctransformasie\u201d wat geen lewensterrein, n\u00f3g die skool of universiteit, n\u00f3g die sakeonderneming, n\u00f3g die kerk of selfs die gesin, ontsien nie. Dwarsdeur die Westerse w\u00eareld is min of meer dieselfde proses besig om hom te voltrek waar Westerlinge deur nie-Westerlinge vervang word. Bosma noem byvoorbeeld dat in \u2018n land soos Frankryk, wat eens op \u2018n tyd selfs die setel van die Katolieke Kerk en die georganiseerde Christendom was en waarin Calvyn gebore is, een uit elke drie babas wat tans gebore word, reeds Moslems is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die mees defa\u00eftistiese uitsprake wat ek onlangs in Afrikaans gelees het, is die volgende, nogal van \u2018n akademikus wat homself \u2018n Afrikaner noem: \u201cHoekom kan daar nie &#8216;n einde wees aan &#8216;n kudde mense, bekend as die Afrikaner, nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar was &#8216;n einde aan groot beskawings wat oor eeue gestrek het. Wat verhoed dat &#8216;n troppie mense, wie nie eens &#8216;n unieke \u2018beskawing\u2019 gevestig het nie, nie ook &#8216;n \u2018einde\u2019 kan h\u00ea nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wil \u2018Die Afrikaner\u2019 steeds so arrogant wees om op voortbestaan aan te dring, en hoe verkry hy\/sy &#8216;n ewige voortbestaan?\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is natuurlik onverdunde ANC- en Naspers-ideologie wat hier met presieuse hovaardigheid herhaal word, nogal binne die kader van \u2018n \u201cFilosofiekafee\u201d. Soveel wat ons deesdae in Afrikaans lees, is genoeg om \u2018n mens moedeloos of selfs naar te maak. \u00d3f dit gaan om \u2018n konformistiese verheerliking van die multikul soos hierbo, \u00f3f dis mense sonder enige intellektuele of politieke agtergrond wat byna Middeleeuse uitsprake oor teokrasie maak en die Bybel as hul enigste politieke handboek beskou.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarom verteenwoordig Martin Bosma \u2018n vars bries. By die lees van sy boek skep \u2018n mens weer moed en kry daardie gevoel van: Ons is nie alleen nie. Nie net bestaan daar enorm veel raakpunte tussen die Nederlandse problematiek en ons eie nie, maar die helderheid waarmee Bosma die historiese en ideologiese omgewing skets waarbinne ons huidige stryd plaasvind, is goud werd.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrikaners besef dit nie, maar vir \u2018n groot deel van die twintigste eeu het ons oor \u2018n baie suksesvolle regse beweging beskik wat kommunisme suksesvol afgeweer het en ook tot een van die merkwaardigste ekonomiese, kulturele en menslike ontwikkelings waar op aarde ook al gelei het. Veral, natuurlik: in Afrika. Maar omdat die Afrikaner intu\u00eftief regs en nie intellektueel regs was nie, was ons bydrae tot die regse beweging in die Weste grootliks beperk tot \u2018n praktiese demonstrasie van hoe \u2018n behoudende en gematigde nasionalistiese of patriotiese samelewing met multi-etniese elemente kon werk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die ou einde het ons egter geen argumente meer oorgehad om d\u00edt wat vir ons dierbaar was en wat ons voorouers met soveel opoffering gevestig het, te verdedig nie. De Klerk en sy geesgenote het wel verraad gepleeg; dit was egter nie bloot uit listigheid nie, maar ook uit domheid en oningeligtheid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandag, met sy rug teen die muur, het die Afrikaner geen ander keuse as om sy opstand teen die beklemmende linkse multikul-stelsel in di\u00e9 land ordentlik te beredeneer met verwysing na die hooftemas van die Westerse politieke debat nie. In di\u00e9 opsig is Martin Bosma se boek \u2018n handige handleiding wat ook plaaslik versprei behoort te word, al het baie Afrikaners verleer om Nederlands te lees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omdat Bosma insgelyks joernalis is, is syne geen dro\u00eb akademiese relaas nie, maar neem hy die leser op \u2018n toer deur die Nederlandse politiek en Westerse denke met heelwat interessante anekdotes rondom sy politieke wedervaringe.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Afrikaans het ons insgelyks so iets nodig. Oor die afgelope tien jaar is daar by ons ook \u2018n felle stryd gevoer, al was dit net \u2018n stryd om te bly voortbestaan en nie heeltemal onder te gaan nie. Tot dusver het niemand nog daardie stryd, wat ewe ongewild en ondankbaar was as di\u00e9 van Geert Wilders se Partij voor de vrijheid in Nederland, beskryf nie en loop dit gevaar om in die vergetelheid te versink.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tot tyd en wyl daardie onlangse Afrikanerstryd verwoord word, kan \u2018n mens egter met interesse en genoegdoening Martin Bosma se relaas oor die konserwatiewe revolusie in Nederland lees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek gebruik hier doelbewus die term van die Duitser Carl Schmitt, \u201ckonserwatiewe revolusie\u201d. Onder al die regse denkers van die twintigste eeu is Schmidt van soveel belang dat selfs die linkses hom, soos Nietzsche voorheen, nie kon ignoreer nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie so lank gelede nie het ek en die besoekende Israeli Avigdor Eskin juis \u2018n uur lank in \u2018n sauna oor \u2018n konserwatiewe revolusie vir die Afrikaner en Suid-Afrika gefilosofeer. Dit was asof ons, kaal en swetend in die stoombad, soos die siniese filosowe van ouds gestroop van alle w\u00eareldse besittings, die kortpad na die waarheid kon vind. Die sinici in ou Griekeland was bekend vir hul &#8220;kortpad na die waarheid&#8221; wat met persoonlike opoffering gepaard gegaan het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">As die Afrikaner nie binnekort \u2018n kortpad na vryheid vind nie, is ek bevrees ons tyd in Afrika gaan uitgespeel wees. Maar by die lees van Martin Bosma, is die ondergang van Nederland en Wes-Europa ook nie so ver weg nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tensy ons doelgerig en daadkragtig begin optree.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ds-dental.ru\/blog\">\u0431\u043e\u043b\u0435\u0437\u043d\u0438 \u0434\u0435\u0441\u0435\u043d \u043b\u0435\u0447\u0435\u043d\u0438\u0435 \u043d\u0430\u0440\u043e\u0434\u043d\u044b\u043c\u0438 \u0441\u0440\u0435\u0434\u0441\u0442\u0432\u0430\u043c\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/kharkov.vlast.ua\/prokuratura-nachala-rassledovat-rekonstruktsiyu-pamyatnika-arhitektury-v-tsentre-harkova\/\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Van al die lande waar een of ander regse of konserwatiewe beweging tans aan die gang is, is Nederland by verre die opwindendste. Eers was daar die flambojante Pim Fortuyn, eertydse Marxistiese sosioloog wat agterna die sin van tradisie ingesien het. Fortuyn het binne \u2018n paar jaar, deur \u2018n hele aantal boeke en onderhoude, die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9601\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Hitler was links! en ander gedagtes uit Nederland&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":56,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[154,4866,8438,10486,10484,7905,10487,10488,10485],"class_list":["post-9601","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-dan-roodt","tag-geert-wilders","tag-hitler","tag-jean-francois-revel","tag-martin-bosma","tag-marxisme","tag-multikul","tag-multikultureel","tag-pim-fortuyn"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9601","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9601"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9601\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/56"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9601"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9601"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9601"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}