{"id":9596,"date":"2010-11-01T06:18:58","date_gmt":"2010-11-01T06:18:58","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9596"},"modified":"2010-11-01T06:18:58","modified_gmt":"2010-11-01T06:18:58","slug":"mediese-student-vir-twee-bompakkies-aangekeer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9596","title":{"rendered":"Mediese student vir twee bompakkies vrygelaat"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Jemenitiese ondersoekers het &#8216;n mediese student Saterdag in hegtenis geneem, maar sy is intussen weer vrygelaat. Sy is eers daarvan verdink dat sy bompakkies op twee vliegtuie onderweg na Amerika wou geplant het. Die een bom sou waarskynlik die vliegtuig oor Britse gebied laat ontplof het.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Veiligheidsmagte het &#8216;n vrou wat van die stuur van die twee pakketbomme verdink word, in hegtenis geneem,&#8221; het Jemen se ministerie van verdediging vroe\u00ebr aangekondig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vrou is &#8216;n mediese student aan &#8216;n universiteit in Sanaa, het &#8216;n Jemenitiese veiligheidsbeampte aan AFP ges\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens pres. Ali Abdullah Saleh het inligtingsdienste &#8220;wenke ontvang dat &#8216;n vrou die pakkies na twee vragmaatskappye gestuur het.&#8221; Die twee Amerikaanse vragdienste UPS en FedEx, het die pakkies glo hanteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy is egter vrygelaat. Die hoofverdagte is tans die bommaker van die onderbroekbom wat &#8216;n jaar gelede&nbsp; onderskep is voordat dit &#8216;n vliegtuig oor Detroit sou laat ontplof het .<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Amerikaanse owerhede s\u00ea die twee pakkies was vir sinagoges in Chicago bestem. Ses-en-twintig ander gekonfiskeerde pakkies word tans ook ontleed.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pres. Barack Obama het ges\u00ea hy glo dit is die werk van Al-Ka\u00efda wat in Jemen bedrywig is \u2013 en het onderneem om die organisasie te vernietig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Amerikaanse intelligensiepersoneel het aan die Sunday Telegraph ges\u00ea hulle probeer Jemen oorreed om &#8216;n onbemande vliegtuigbasis van die CIA op te rig soortgelyk aan die een in Pakistan om terreur te bekamp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Duitsland en Frankryk, het intussen aangedui dat hulle lugvrag uit Jemen sal wegwys en Australi\u00eb het aangekondig dat alle lugvrag uit Doha en Doebai sorgvuldig deursoek sal word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die twee kragtige bomme het byna deurgeglip ten spyte van die inligting tot ondersoekers se beskikking. Britse owerhede het aanvanklik geen plofstof in hul soektog deur die lugvrag by die lughawe gevind nie, s\u00ea Amerikaanse ondersoekbamptes.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nadat die owerhede in Doebai d\u00e1\u00e1r &#8216;n bom ontdek het, het Britse ondersoekers die lughawe van voor af begin deursoek en die tweede bom betyds opgespoor.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/moechno_uborochnoe_oborudovanie\/\">\u0430\u0432\u0442\u043e\u043c\u043e\u0439\u043a\u0430 \u0430\u0432\u0442\u043e\u043c\u0430\u0442\u0438\u0447\u0435\u0441\u043a\u0430\u044f \u0446\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/khar.gp.gov.ua\/ua\/info.html?_m=publications&#038;_t=cat&#038;id=116184&#038;s=print\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jemenitiese ondersoekers het &#8216;n mediese student Saterdag in hegtenis geneem, maar sy is intussen weer vrygelaat. Sy is eers daarvan verdink dat sy bompakkies op twee vliegtuie onderweg na Amerika wou geplant het. Die een bom sou waarskynlik die vliegtuig oor Britse gebied laat ontplof het. &#8220;Veiligheidsmagte het &#8216;n vrou wat van die stuur van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9596\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Mediese student vir twee bompakkies vrygelaat&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-9596","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9596","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9596"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9596\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9596"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9596"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9596"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}