{"id":9588,"date":"2010-10-29T10:37:01","date_gmt":"2010-10-29T10:37:01","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9588"},"modified":"2010-10-29T10:37:01","modified_gmt":"2010-10-29T10:37:01","slug":"die-trop-olifante-in-die-hoek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9588","title":{"rendered":"Die trop olifante in die hoek"},"content":{"rendered":"<p>Daar is \u2018n paar dinge waarmee die inwoners van die landstreek Suid-Afrika kampioene is. Ek kan diegene wat per ongeluk die geografiese gebied Suid-Afrika deel, nie Suid-Afrikaners noem nie, siende hoe die ANC by monde van <a href=\"http:\/\/www.iol.co.za\/sport\/more-sport\/are-they-not-south-african-1.689195\">Butana Khompela <\/a>en sy LP\u2019s dit duidelik maak dat daar geen Suid-Afrikaanse volk bestaan nie. Daar is vir die ANC, en sekerlik dan die 90% van die swart bevolking wat vir hom stem, die ware Jakob, die \u201cAfrican Africans\u201d, en dan die res; die wittes, gekleurdes en Indi\u00ebrs. Waar ek dus na inwoners verwys, dui dit op diegene wat deur ongelukke van die geskiedenis suid van breedtegraad 22 suid in Afrika saamgeflans is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die dinge waarin die inwoners van di\u00e9 landstreek kampioene is, sluit in stakings, klipgooiery, brandstigting, die verspreiding van vigs, <a href=\"http:\/\/www.businessday.co.za\/articles\/Content.aspx?id=125092\">drankmisbruik<\/a>, korrupsie, plundery, selfverryking en al daardie dinge waarvan ons daagliks in die koerant lees. Nog \u2018n ding waarmee die inwoners egter van internasionale gehalte is, is om die trop olifante in die hoek van die kamer te ignoreer, en om as gevolg hiervan totaal onvanpaste oplossings vir heeltemal die verkeerde en dikwels denkbeeldige probleme te probeer bedink.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die energie wat op die histeriese heksejag gemik teen denkbeeldige blanke rassisme verkwis word, is \u2018n uitstekende voorbeeld hiervan.&nbsp; Die land het \u2018n geweldige misdaadprobleem. Moord, verkragtings en roof is so alledaags dat bykans niks ons meer kan skok nie. Nietemin word daar op heeltemal die verkeerde ding in terme van wetstoepassing gefokus. Geweldige hoeveelhede bronne is verkwis om die Reitzhuis-studente te vervolg, mense wie se optrede niemand seergemaak het nie, en wie se sogenaamde misdaad volkome slagofferloos was. Was die Reitz-studente egter van \u2018n ander velkleur, en het hulle \u2018n motor vol blankes met pangas en tuinvurke gemartel en toe uitgewis, n\u00e1dat die hele bende \u2018n baba in die motor verkrag het, was daar nie eens \u2018n fraksie van die publisiteit of energie verspil om hulle te probeer vervolg nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ware olifant in die hoek \u2013 die ongelooflik ho\u00eb misdaadkoers \u2013 word dus ge\u00efgnoreer en daar word eerder naarstigtelik na oplossings vir denkbeeldige probleme \u2013 onder andere blanke rassisme &#8211; gesoek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">So ook bestaan daar grootskeepse ontkenning oor die trop olifante wat op ekonomiese gebied in die hoek rondmaal. Die ANC regime wil links en regs nasionaliseer, sosialiseer en die belastingmelkkoeie tot die maksimum plunder om SEB-begunstigde \u201cAfrican Africans\u201d tot die maksimum te verryk. Almal verknies hulle in die proses oor hoe die vyf miljoen persoonlike belastingbetalers ooit veertien miljoen welsyn-parasiete sal kan onderhou. (Die antwoord is natuurlik dat dit onmoontlik is op die lange duur.) Gekoppel hieraan is die feit dat niemand weet wat om aan die 40% werkloosheidssyfer te maak nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs die blanke ekonome soos mnr <a href=\"http:\/\/www.moneyweb.co.za\/mw\/view\/mw\/en\/page295023?oid=494061&amp;sn=2009+Detail\">Mike Schussler <\/a>wat dikwels op bostaande onmoontlikheid wys, ignoreer egter die trop olifante in die hoek, waarskynlik uit vrees dat \u2018n storm van beskuldigings van rassisme op hulle sal neerdaal as hulle die kaalkop waarheid sou durf praat. Daardie trop olifante bestaan uit twee komponente: Eerstens die miljoen of meer onwettiges wat jaarliks oor die grense stroom. Snaaks hoe hulle so \u2018n dringende behoefte het om &nbsp;daardie denkbeeldige blanke rassisme eerstehands te kom beleef, terloops.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tweede komponent van die trop is die ongebreidelde voortplantingstempo onder sekere dele van die inwoners van die landstreek. Alhoewel vigs daarvoor gesorg het dat die oorhoofse bevolkingsaanwastempo heelwat gedaal het, is dit grootliks so omdat die gemiddelde lewensverwagting vir volwassenes dramaties gedaal het. Dit is met ander woorde ouer mense wat aan vigs sterf, maar nie v\u00f3\u00f3rdat hulle twintig kinders by ses verskillende vrouens gaan verwek het nie, kinders wat self gaan werk soek voordat vigs hulle ook inhaal, of wat deur die belastingbetaler onderhou moet word as hul ouers aan vigs omkom. Dus: Alhoewel werkloosheid \u2018n groot probleem is, word die ware onderliggende oorsaak, te veel kinders agv die gebrek aan seksuele selfbeheersing en ongebreidelde voortplanting, totaal en al oor die hoof gesien. Nie net word die ware probleem ge\u00efgnoreer nie, maar dra die swak oplossings vir die verkeerde probleem eintlik by tot die probleem. Kindertoelaes moedig ma\u2019s aan om nog bekkies wat gevoer moet word, in die w\u00eareld te bring, vir \u2018n karige R200 per maand.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omdat die inwoners egter te politiek-korrek is om die trop olifante in die hoek raak te sien nie, sal geen politieke party egter die enigste werkbare oplossings vir werkloosheid en armoede durf aan die hand doen nie. Die enigste langtermyn-oplossings is naamlik effektiewe grensbeheer en \u2018n demper op ongebreidelde voortplanting.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vergeet dus van brandstof en loodse vir die lugmag se wit-olifant <a href=\"http:\/\/www.timeslive.co.za\/local\/article728049.ece\/We-wont-leave-Gripen-grounded--Sisulu\">Gripens<\/a>. Stuur die weermag na die landsgrense om diegene wat so graag denkbeeldige blanke rassisme wil kom ervaar, by die grense om te keer en huistoe te jaag. &nbsp;Stuur \u2018n operasie van stapel om die 10 tot 15 miljoen onwettiges so spoedig as moontlik oorkant die Limpopo, waar hulle vandaan kom, te kry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">As die regime werklik ernstig was om werkloosheid en armoede hok te slaan, het hy ook aktief begin met maatre\u00ebls om die bevolking te beheer, sodat die grondliggende oorsaak van die probleem aangespreek kan word. Deel daarvan is om die verkeerde insentiewe wat maatskaplike toelaes veroorsaak, te verwyder. Maak die ontvangs van maatskaplike toelaes voorwaardelik daarop dat die ontvangers voorbehoedmiddel-inspuitings moet ontvang, of gesteriliseer moet word. Dit help immers nie die belastingbetaler befonds diegene wie se eie onverantwoordelikheid in terme van te veel kinders, tot verdere armoede lei nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kontant-welsysnstoelaes word eweneens dikwels op drank verkwis, wat ook tot seksuele onverantwoordelikheid lei. Dit sou veel beter wees om eerder <a href=\"http:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Supplemental_Nutrition_Assistance_Program\">kosbewyse<\/a> uit te deel, wat by \u2018n supermark slegs vir stapelvoedsel soos brood en mieliemeel verruil kan word. Dit is moontlik om die bevolking te beheer, soos China ons gewys het, maar dit is te betwyfel of iemand in Suid-Afrika die visie of politieke moed&nbsp;het om die trop olifante raak te sien.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe langer daardie trop olifante in die hoek egter moedswillig ge\u00efgnoreer word, en hoe langer die verkeerde oplossings vir probleme wat nie bestaan nie probeer word, hoe groter word die gevaar dat die olifante ons almal gaan doodtrap.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/gidrobaki\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0433\u0438\u0434\u0440\u043e\u0431\u0430\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.xrayvaz.ru\/object\/dostavka-iz-kitaya-topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is \u2018n paar dinge waarmee die inwoners van die landstreek Suid-Afrika kampioene is. Ek kan diegene wat per ongeluk die geografiese gebied Suid-Afrika deel, nie Suid-Afrikaners noem nie, siende hoe die ANC by monde van Butana Khompela en sy LP\u2019s dit duidelik maak dat daar geen Suid-Afrikaanse volk bestaan nie. Daar is vir die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9588\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die trop olifante in die hoek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[],"class_list":["post-9588","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9588","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9588"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9588\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9588"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9588"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9588"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}