{"id":9581,"date":"2010-10-28T05:18:29","date_gmt":"2010-10-28T05:18:29","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9581"},"modified":"2010-10-28T05:18:29","modified_gmt":"2010-10-28T05:18:29","slug":"ekonomie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9581","title":{"rendered":"Ekonomie"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die sterkte van &#8216;n ekonomie word bepaal deur die norm wat daarvoor aangewend word. Met die VSA en Sjina wat nou kop aan kop trek wat die grootste ekonomie ter w\u00eareld betref, is daar steeds geen ooreenkoms in die gemiddelde per capita inkomste nie. Die gemiddelde Amerikaner kan &#8216;n taamlike gemaklike lewe bekostig.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis net jammer van die VSA se ho\u00eb werkloosheidskoers.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ekonome kap terug en wys daarop dat die werkloosheidskoers deels die werkloses se eie skuld is &#8230; mense is gewoon nie meer bereid om uit hul gevestigde omgewing te verhuis na die deelstate waar daar wel werksgeleenthede is nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis is uiteindelik ook die werkloosheidskoers wat Suid-Afrika se skynbaar sterk ekonomie in die bek geruk het. Boonop is daar nie oral eenstemmigheid oor wat die werkloosheidskoers is nie. Baie mense wat as motorwagte en los werkies die pot aan die kook probeer hou maar minder as die tipiese minimum-loon verdien, beskou hulself as werkloos.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ekonoom, Mike Schussler, wys daarop dat Suid-Afrika minder werk skep as tipiese konflikgebiede, en boonop dui syfers daarop dat Suid-Afrika in terme van Afrika Suid van die Sahara ook swak vaar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs al word die regering se werkskeppingsdoelwitte van vyf miljoen nuwe werksgeleenthede oor die volgende tien jaar bereik \u2013 gaan eintlik maar steeds die kreeftegang geboer word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voeg hierby die feit dat slegs ongeveer &#8216;n kwart van die geld wat nodig is om die land se padinfrstruktuur in stand te hou jaarliks begroot word, dan skets dit &#8216;n deeltjie van die probleem. Om die indiensnemingsteiken te behaal is &#8216;n geraamde groeikoers van 6 % oor die volgende dekade nodig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sny egter veel dieper. Ten eerste is daar &#8216;n onbekende getal onwettige immigrante in die land. Syfers van etlike miljoene word beraam.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tweedens, is daar die kwessie van werksetiek. Dit hou verband met die gees wat die soustrein uitstraal \u2013 begunstigdes wat bitter baie vir bitter min werk verdien.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika het ook die grootste meetbare inkomstegaping ter w\u00eareld. Benewens dat dit tipies op politieke sosiolo\u00eb se model van relatiewe deprivasie &#8216;n revolusion\u00eare klimaat skep, dui navorsing ook &#8216;n regstreekse verwantskap met sosio-ekonomiese en maatskaplike probleme, soos meer drank- en dwelmmisbruik, meer egskeidings, meer misdaad en voller tronke.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Minister Pravin Gordhan se belangrikste boodskap tydens die mid-termyn-aansuiweringbegroting is egter di\u00e9 dat daar geen ruimte vir korrupsie en leegl\u00eaery in poste is nie. Wat dit betref, is voorbeelde van daad by die woord genoem, maar sommer met die aankoopslag van Volksblad vanoggend skree &#8216;n voorblad-opskrif die boodskap van nog &#8216;n bedenklike mynreg wat toegeken is. Boonop het die nuus dat die Valke die ondersoek na die omstrede wapentransaksie gesluit het presies die teenoorgestelde boodskap uitgeskreeu.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die werklike toets gaan nie net kom oor die invordering en omdraai van sente wat rande moet word nie, maar die inkoop aan &#8216;n stelsel van harde, etiese werk, doeltreffendheid en bekwaamheid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die land het verskeie agterstande wat ingehaal moet word. Hieronder tel die herstel van onderwysstandaarde, wat nou onder die swakstes in die w\u00eareld gereken word. Bevolkingsaanwas vind tot &#8216;n groot mate plaas in daardie deel van die bevolking wat dit die minste kan bekostig, en &#8216;n enorme druk op die land se ekonomie plaas. Met die president wat self ongeveer 20 kinders het is dit &#8216;n boodskap wat baie moeilik verkoop kan word.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\">casino greece<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/dozor.kharkov.ua\/news\/crime\/1158396.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die sterkte van &#8216;n ekonomie word bepaal deur die norm wat daarvoor aangewend word. Met die VSA en Sjina wat nou kop aan kop trek wat die grootste ekonomie ter w\u00eareld betref, is daar steeds geen ooreenkoms in die gemiddelde per capita inkomste nie. Die gemiddelde Amerikaner kan &#8216;n taamlike gemaklike lewe bekostig. Dis net &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9581\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Ekonomie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9581","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9581","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9581"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9581\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9581"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9581"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9581"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}