{"id":9572,"date":"2010-10-26T09:24:10","date_gmt":"2010-10-26T09:24:10","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9572"},"modified":"2010-10-26T09:24:10","modified_gmt":"2010-10-26T09:24:10","slug":"cope-geblus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9572","title":{"rendered":"Cope geblus?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie sowat 1,3 miljoen Suid-Afrikaners wat vir Cope gestem het, het hul stemme gemors.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die woord is nie iemand uit regeringsgeledere nie, maar Cope se adjunk-president. Of moet \u2018n mens s\u00ea, geskorste adjunk-president?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika se kiesstelsel maak dit moontlik dat selfs partye met bitter min steun verteenwoordiging in die parlement kan kry. Dieselfde geld vir van die groter provinsies, asook van die groter munisipaliteite. \u2018n Kwart persent steun waarborg \u2018n parlement\u00eare setel, en selfs minder kan \u2018n setel beteken afhangende van hoe surplusstemme op vol kwotas uiteenval.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Heelwat lande se grondwette stel minimumpersentasies voor \u2018n party toetrede kan kry, soos Swede.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Suid-Afrikaanse stelsel verseker dat die land \u2018n magdom partye het wat wel iewers verteenwoordig is. Partye sonder parlement\u00eare verteenwoordiging, het heel waarskynlik verteenwoordiging in \u2018n munisipale raad of twee. Die era van oorloopwetgewing het ook veroorsaak dat partye kortstondig op die toneel was en verdwyn het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dan was \u2013 of liewer \u2013is daar Cope.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Cope se totstandkoming was om verskeie redes belangrik, en kon om nog baie meer redes nog belangriker gewees het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vernaamste was die feit dat die land oorheers word deur een politieke party, die ANC. Hierdie oorheersing is eintlik vreemd aan die kiesstelsel wat die land gebruik, aangesien di\u00e9 stelsel meer dikwels verhinder dat een party oorheersend word, en sorg dat koalisregerings aan die orde van die dag is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geen party kan daarin slaag om die ANC behoorlik uit te daag nie. Die feit dat verkiesings eerder, soos dr. Pieter Mulder dit gestel het, ras-sensusopnames is as verkiesings oor ideologie en beleid, het baie hiermee te doen.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos wat in Zimbabwe gebeur het, is hier ook geoordeel dat die eerste werklike opposisie vir die ANC uit \u2018n skeuring in die ANC self sal voortspruit. Met die totstandkoming van die UDM is vlugtig gehoop, maar die hoop het beskaam.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe kom Cope. Baie dinge word reg gedoen, in so \u2018n mate dat baie mense steeds oortuig is groot geld het \u2018n rol gespeel, en betaal het vir uiters knap kundiges wat agter die skerms gewerk het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs groot byeenkomste het betyds begin, \u2018n rariteit in partye wat \u2018n swart basis het en daarom nie baie blankes trek nie. Parkeer \u2018n grootkop sy luukse motor in die universiteit se roosbedding, is die party gou om \u2018n mediaverklaring uit te reik om te s\u00ea jammer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan, skynbaar, raak die geld op, en doen die party sy eie ding, en is dit skaars van die ANC te onderskei. Net voor dinge te sleg lyk, is die agter die skerms adviseurs skynbaar terug.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En die party trek 1,3 miljoen stemme. Hierdie prestasie moet gemeet word teen die agtergrond dat dit teoreties taamlik maklik is om parlement\u00eare verteenwoordiging te kry, maar ook nie so maklik nie soos partye soos die Nasionale Aksie en ander al agtergekom het. In dieselfde verkiesing waarin Cope toegetree het, het die ACDP wat sedert 1993 alomteenwoordig was en in \u2018n stadium ses LP\u2019s opgelewer het, net drie LP\u2019s op nasionale vlak verkies gekry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Cope, so blyk dit, het waarskynlik minder skade aan die ANC aangerig as aan byvoorbeeld die ACDP, hoewel dit \u2018n oorvereenvoudigde stelling is. Ook Patricia de Lille se ID het waarskynlik danksy Cope se opkoms gouer na die politieke ashoop beweeg.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Cope het selfs in die Vrystaat en elders die amptelike opposisie geword \u2013 \u2018n party wat nie werklik \u2019n beleid gehad het nie, en waarin daar reeds voor die verkiesing weens die politieke karakter van die Shilowa-kamp \u2018n mate van ontnugtering onder wit Cope-ondersteuners ingetree het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die res is geskiedenis, en nog deels geskiedenis in wording.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kiesstelsel sal verseker dat iets as Cope sal voortbestaan, minstens tot die volgende algemene verkiesing, en dan sal die vertrapping met munisipale verkiesings weer verseker dat Cope op daardie vlak \u2018n rakleeftyd gaan h\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Cope kan ook op \u2018n manier uit die as opstaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op \u2018n manier was Cope se bestaan \u2018n aanklag teen die politieke mondigheid van die Suid-Afrikaanse kiesers. In beginsel gaan verkiesings oor keuses vir beleid en ideologie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog kry partye wat geen duidelike beleid het nie, steun. Die ID het \u2018n paar jaar na sy ontstaan, hom tot sosiaal-demokraties verklaar, maar toe die party in die liberaal-demokratiese DA opgaan, is hierdie ideologiese onderskeid tjoepstil verswyg. Verskil die UDM se beleid werklik van di\u00e9 van die ANC?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En behalwe dat Cope homself as gebonde aan die land se grondwet verklaar het en daarom byvoorbeeld nie \u2018n kwessie soos die doodstraf op sy beleidstafel wil plaas nie, is dit nog nie werklik duidelik hoe Cope oor beleid dink nie. Uit die parlement en die wetgewers, selfs waar Cope die amptelike opposisie is, kom \u2018n min of meer dawerende swye oor standpuntinname. Die een Cope-faksie raas skynbaar meer oor beweerde interne korrupsie as oor korrupsie binne die ANC.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop was it nie asof Cope hom in ideologiese niemandsland hoef te bevind het nie. Word Suid-Afrika se politieke toneel met di\u00e9 van Europa vergelyk, lyk die Suid-Afrikaanse toneel soos \u2018n dam waar die watervo\u00ebls mekaar in die een hoek weens oorbevolking vertrap, terwyl \u2018n groot deel van die dam skaars \u2018n spikkel lewe bevat. Die bykans vakante area sluit die ideologiese spasie van die Christen-demokrasie in.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En met groot haas: Hiermee word na die Europese manifestasie daarvan verwys, soos ondervang in groot partye soos die Duitse Christen-Demokratiese Unie van Kanselier Angela Merkel, die Nederlandse Christen-Demokratiese App\u00e8l en die Vlaamse Christen-demokrate en Vlaandere. Dit verskil aansienlik in veral styl, maar ook ideologies, met die charismatiese ACDP. Die naaste Suid-Afrikaanse verwante party, is die Christen-Demokratiese Party.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat Cope duidelik Christenstemme gejag het, kan nie betwyfel word nie. Eerw. Dandala is as parlement\u00eare leier aangewys, prof. Russel Botman, \u2018n teoloog, is genader om premierskandidaat te wees en toe dit deur die mat val, is dr. Allan Boesak genader. \u2018n Verbintenis tot die Christen-demokrasie het egter uitgebly. Veel eerder, veral ten opsigte van die Shilowa-faksie, het dit gelyk of in dieselfde deel van die dam as dit waarin die ANC reeds saamgetrek is, geswem moet word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die kort termyn sou dit sin maak. Dit is immers waar die kiesers is. Op die medium- en langer termyn was dit kortsigtig \u2013 bitter min van daardie kiesers is in daardie deel van die dam omdat hulle ideologies daar hoort. Hulle is daar omdat ras steeds die hoofbepaler is vir watter party mense in Suid-Afrika stem. Cope kon net sowel homself ideologies vestig; in die aanvanklike fase sou hy steeds weens mense se velkleur die stemme trek. Verder kon die party net wen.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die uiteinde is dat Cope die getalle het \u2013 of steeds die getalle het \u2013 maar om al die verkeerde redes in die nuus is. Veel, veel kleiner partye, ook partye sonder parlement\u00eare verteenwoordiging, is beleidsgewys veel meer verbaal en aktief as Cope. Danksy die 1,3 miljoen mense wat vir Cope gestem het, kry Cope heelwat staatsfondse wat hom met die komende verkiesing in staat sal stel om \u2018n taamlike verkiesingsveldtog te loods \u2013 moontlik steeds sonder behoorlike, eie aard-beleid. Kleiner partye wat wel deeglik \u2018n beleid het, sal weer met veel minder geld oor die weg moet kom om hul beleid \u2013 of selfs die feit dat hulle bestaan \u2013 onder die kiesers se aandag te bring.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ter versagting, Suid-Afrikaanse kiesers is nie heeltemal uniek nie. Pres. Barack Obama het met \u2018n verkiesingslagspreuk, Change, aan bewind gekom. Na die verkiesing het baie kiesers eers begin kopkrap oor watter verandering dit sou behels, en was daar grootskaalse ontnugtering. Nie dat Obama sy standpunte oor onder meer die grusame \u201cpartial birth abortions\u201d geheim gehou het nie, dit het net so min die oog gevang dat talle mense wat aktief was in lobbies om aborsies op aanvraag weer verbied te kry, ook vir Obama gestem het. Eers na die verkiesing het hulle agtergekom dat hulle, soos die Christian Coalition of America dit uitgewys het, hul eie veldtog met dertig jaar teruggesit het. Daar word nou sekere \u201cregstellings\u201dmet die mid-termyn-verkiesings verwag.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Interessant is dit dalk ook nie die ANC wat Cope die ergste by die stembusse verniel het nie, maar die DA, en hoofsaaklik onbedoeld.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die aanloop tot die verkiesing het die DA, met Helen Zille aan die spits, \u2018n verkiesingsveldtog geloods wat sterk elemente van \u2018n anti-Zuma-karakter aangeneem het. Al was dit spoedig duidelik dat baie swart mense aanstoot neem met \u201cdie wit vrou\u201d se aanvalle \u201cop die swart man van statuur\u201d is dit nie gewysig nie, en baie swart mense is weer terug in die ANC-kamp gedryf, ook uit Cope uit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedertdien was Cope egter sy eie grootste vyand.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/peskostruynoe-oborudovanie-f6342574\/\">\u043f\u0435\u0441\u043a\u043e\u0441\u0442\u0440\u0443\u0439 \u0434\u043b\u044f \u043a\u0435\u0440\u0445\u0435\u0440\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/blagoustroistvo-slobodskogo-raiona-harkova-prodoljaetsya\/\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cDie sowat 1,3 miljoen Suid-Afrikaners wat vir Cope gestem het, het hul stemme gemors.\u201d Aan die woord is nie iemand uit regeringsgeledere nie, maar Cope se adjunk-president. Of moet \u2018n mens s\u00ea, geskorste adjunk-president? Suid-Afrika se kiesstelsel maak dit moontlik dat selfs partye met bitter min steun verteenwoordiging in die parlement kan kry. Dieselfde geld [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9572","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9572","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9572"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9572\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9572"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9572"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9572"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}