{"id":9571,"date":"2010-10-26T09:16:04","date_gmt":"2010-10-26T09:16:04","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9571"},"modified":"2010-10-26T09:16:04","modified_gmt":"2010-10-26T09:16:04","slug":"quo-vadis-afrikaner","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9571","title":{"rendered":"Quo Vadis Afrikaner?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dit is nou tyd vir die Afrikaner, en blankes oor die algemeen in Suid Afrika, om \u2018n ernstige besluit oor hulle toekoms en deelname aan die NSA te neem. Vele skrywers en joernaliste het die situasie in die NSA mooi uitgespel die afgelope tyd, en vanuit al hierdie skrywes, is dit duidelik dat die ANC al hoe meer hulle ware kleure begin wys oor waar hulle met SA, en veral die blankes gaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Anton Barnard het \u2018n treffende stuk geskryf, <a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/anton-barnard-magazine-177\/8931-die-nuwe-erfsonde.html\">Die nuwe erfsonde<\/a>, oor hoe veral die blanke Afrikanermans maar so liberaal kan wees as wat hulle wil, hulle word van meet af beskou as inherent boos. Barnard se beskrywing van Swartes wat geag word as \u201cte-nagekom, benadeeld, onderdruk, uitgebuit\u201d, en dat hulle dus outomaties kwalifiseer vir \u2018n verhewe, sondevrye status is treffend akkuraat, en ek glo almal het dit al ervaar in hulle lewens.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>Die Kroonwild van die w\u00eareld<\/strong><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die grootste gevaar in die rassestoompot van die w\u00eareld, is nie die swartes self nie. Dit is die sogenaamde \u201cliberale humaniste\u201d wat die mens, maar veral die swartes van Afrika tot demi-gode verklaar het. Maar daar is ook ander oorsake vir hierdie verhewe \u201ckroonwild\u201d status van die swartes van Afrika.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die een kant is daar die oordrewe skuldgevoel wat die Weste het teenoor Afrika, as gevolg van slawerny en kolonialisme, en aan die anderkant is daar die hulpelose massas van Afrika, wat as gevolg van hulle inherente karakter en die grondre\u00ebls van Ubuntu, \u201contvangers\u201d is en altyd sal bly. Met \u201cOntvangers\u201d, bedoel ek dat hulle nooit in staat sal wees om self te produseer, te skep en te vervaardig tot eie voordeel nie, en dus nooit self in staat sal wees om welvaart te skep op die skaal wat oral elders ter w\u00eareld plaasvind nie. Hulle moet dus altyd hulp, kos en vooruitgang ontvang.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is baie interessant om te let dat, alhoewel die mense van Maleisi\u00eb, Indi\u00eb en elders ook as slawe gebruik was, en ook gekolonialiseer was, die mense van hierdie streke nie naastenby soveel simpatie en voordele gegun word deur die liberaliste van die w\u00eareld, as die swartes van Afrika nie. Die Arabiere van Noord-Afrika is ook uitgesluit van hierdie status.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vrae wat dus moet volg is: 1) Wat is die rede dat die swartmense van Afrika hierdie verhewe status in die w\u00eareld het? 2) Wie het aan hulle hierdie verhewe status gegee? 3) Hoe affekteer dit a) die Afrikaner, en b) die Suid Afrikaanse blanke in ons posisie in hierdie land?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">1)&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die westerse blankes het, soos reeds bo vermeld \u2018n geweldige skuldgevoel jeens die mense van Afrika as gevolg van slawerny in die tydperk van die sestiende tot die agttiende eeue, en die kolonisasie van Afrika. Maar daarmee saam, het die weste ook begin om \u2018n skuldgevoel te ontwikkel dat hulle self so suksesvol is, en in oorvloed kan produseer. Dus sit ons nou met \u2018n westerse populasie wat kyk wie is die armste, mees betreurenswaardige mense op Aarde op wie hulle hierdie skuldgevoelens kan besweer, en die antwoord is ooglopend \u2013 die bedelende swartmense van Afrika.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie swart Afrikane val in \u2018n ander klas as die Inboorlinge (Aboriginis) van Australi\u00eb, die swart oerwoudstamme van Nieu-Guinee, die Indiaan stamme van die Amazone in Suid-Amerika, die Bedoeine stamme van Noord-Afrika en die midde Ooste ens. Die bogenoemde volke en stamme vra en bedel nie hulp en geld nie. Hulle is selfversorgend. In terme van volke wat ook slagoffers was van slawerny, soos die huidige Bangladesh en Maleisi\u00eb, het daardie volke opgestaan uit hulle verlede en selfversorgend geword.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die swart Afrikane egter, bly hierdie hulpbehoewende welsynsgevalle. Hulle kon nie die vlakke van ontwikkeling wat kolonisasie gebring het in stand hou nie, maar na hulle die voordele en produk van westerse leiding en hulp ervaar het, het hulle hierdie onversadigbare lus daarvoor ontwikkel. En omdat hulle nie die vermo\u00eb het om selfversorgend en produserend te wees nie, speel hulle hierdie rol van hulpbehoewende welsynsgeval van die w\u00eareld uitstekend.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die geskiedenis van Afrika het egter ook bewys dat die swartman \u2018n ongelooflike naiewe geloof in homself het, dat hy enige iets net so goed soos enige ander ras kan doen. Die feit dat hulle n\u00earens nog ooit suksesvol was nie, en die hele vasteland, met uitsondering van Noord-Afrika, een groot verhaal van mislukking, oorlog, volksmoord, hongersnood, korrupsie en oorlewing is, dring nie tot hulle deur nie. Die agteruitgang van dienste en infrastruktuur in Suid Afrika is die duidelikste bewys van hierdie stelling. Maar onbewustelik in hulle agterkoppe is daar die wete \u2013 die wit weldoeners van Europa en Amerika sal wel kom help, as daar nie meer uitkoms is nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die profiel van Afrika en sy swartmense, pas dus die vereistes van die westerlinge se skuldgevoelens soos \u2018n handskoen, en word daar dus \u2018n suksesvolle simbiotiese verhouding in stand gehou. Die hulpbehoewende swartman, wat as gevolg van sy \u201conregverdige\u201d geskiedenis mag misluk, moor, steel en korrup wees soveel as wat hy wil, wat ondersteun en gepamperlang word deur die westerse lande wat mislei en oorheers word deur die liberale humaniste wat die mens tot demi-god verhef het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">2)&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Daar is egter \u2018n verskil tussen gewone liberale mense, en die fanatiese&nbsp; filantropiese en humanistiese liberaliste, wat deur oud generaal Jannie Geldenhuys genoem word die \u201cRed Liberals.\u201d In sy boek: South Africa is fantastik \u2013 Everyone\u2019s guide how (not) to be political incorrect (p17), Protea Book House, Pretoria, 2007, skryf generaal Geldenhuys die volgende:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cRed liberals are dangerous. They are the prime source of the problems that we have with democracy today. The red liberal is a pseudo freethinker with a cause.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">A red liberal with a cause \u2013 and a sponsor \u2013 is extremely dangerous. If you don\u2019t agree with him, he becomes red with anger, aggressive and relentless. If you don\u2019t succumb to his hang-ups, he will legislate against you. With money or power behind him, he is unmanageable. There are many of them chasting and pushing causes all over the world and in South Africa.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Red liberals stick to their sponsor\u2019s conditions and remain focused on the set goals. They, possibly in the employ of an NGO, will coerce a government into legislation. They drive their causes to the bitter end, for the good or the bad. Red liberal NGO\u2019s, such as the anti-huntig, anti-gun lobbies, or those fighting AIDS or protecting illegal aliens, present their projects to the government as if every one of them is the foremost priority for the country, if not for the salvation of the whole planet.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">The next holier than thou red liberal does exactly the same. His cause is also priority number one.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is \u2018n feit dat die w\u00eareldopinie deur \u201cRed Liberals\u201d gedryf word, veral in die weste. En hierdie groepe is die pionne van die Internasionale Geldmag, wat \u201cbeskik oor nasies en volke, en die gang van hulle lotsgevalle kan bepaal.\u201d Hulle gebruik hierdie ho\u00eb profiel liberaliste om hulle doelwitte te verseker, en hulle sit baie geld daarin. Dit is die rede hoekom die westerse lande se regerings so liberaal is, so verdraagsaam teenoor emigrante van ander rasse, en so anti-Christen is. Ek het onlangs \u2018n artikel gelees waarin vertel word dat dit nou in Europa en Amerika polities korrek is om nie Moslems aanstoot te gee nie, maar daar mag openlik gediskrimineer teen, en die spot gedryf word met Christene en die Christelike geloof. Dit word gedryf deur \u201cred liberals\u201d met baie geld agter hulle, wie blykbaar die reg het om te besluit wat is aanvaarbaar en wat nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En hulle kleed natuurlik altyd hulle woorde en boodskappe so in, dat dit net reg klink. Dit raak altyd net die regte hartsnare van onregverdigheid, onverdraagsaamheid en vooroordele teen die groep wat hulle&nbsp; wil beskerm of gewild maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>Hoekom dan juis Afrika, en spesifiek Suid Afrika?<\/strong><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie vasteland is gese\u00ebnd met die meeste ondergrondse rykdomme en minerale van al die vastelande, en reeds vir meer as \u2018n honderd jaar misbruik die groot westerse maatskappye en lande die na-iewiteit en onvermo\u00eb van die swart Afrikaan, om beheer oor hierdie minerale rykdom te hou. Despote en tiranne word as leiers van regerings in stand gehou, vir die reg om minerale te myn en ontgin. Dit maak nie saak of daardie regering demokraties, sosialisties, kommunisties of \u2018n diktatorskap is nie. Hoe meer korrup, hoe beter.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dieselfde is al hoe meer besig om in Suid Afrika, wat \u2018n ongelooflike verskeidenheid minerale het, te gebeur en dit is hoekom dit tot voordeel van die Geldmag is om die swartman in die regering te h\u00ea. Hulle sal ook alles wat nodig is en in hulle vermo\u00eb doen om hom daar te hou, dus word die \u201cRed Liberals\u201d mildelik befonds en bemagtig met alle hulpmiddele wat hulle vra. Hierdie Geldmag kry nou via hulle SEB frontmaatskappye oral in die land regte om te prospekteer, te myn en te ontgin, en dit is hoekom die Department van Mynwese so traag is om teen hierdie maatskappye op te tree. Al die nuwe sogenaamde swart bemagtigde mynmaatskappye word befonds deur die groot internasionale mynhuise, wat in staat is om ho\u00eb bedrae omkoopgeld te betaal.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die feit dat daar Afrikaners en ander blankes is wat nie tevrede met die Nuwe Suid Afrika is nie, en gedurig kritiek daarteenoor uitspreek en alles bevraagteken, is vir die swartes se base net so onaanvaarbaar as vir hulle. In daardie opsig, is spesifiek die Afrikaners watnie wil konformeer en die Nuwe Suid Afrika aanvaar en omarm nie, vir die Geldmag en swartes \u2018n klippie in die skoen, en is ons \u2018n bedreiging wat uit die weg geruim moet word.Hulle kan nie bekostig dat enige iets die status quo bedreig of laat wankel nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>Wat is die pad vorentoe?<\/strong><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons as Afrikaners moet aanvaar dat ons al vir jare die muishonde in die verhaal van Suid Afrika is, en dit sal nooit verander totdat ons nie meer bestaan nie. En dit is wat die ANC en hulle base uiteindelik wil h\u00ea \u2013 die Afrikaner, en in daardie opsig alle blankes wat simpatie met die Afrikaner het, moet verdwyn. Hulle sal stelselmatig die skroewe al stywer draai om ons te dwing om \u00f2f die land te verlaat, \u00f2f eenvoudig oor te gee, en in die vergetelheid te raak, ge-assimileer deur die swart massas.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons moet begin saamstaan, ons volkstrots terugkry, en besef dat die verdraagsaamheid teenoor ons is net kunsmatig en \u2018n spel wat gespeel word ter wille van \u2018n beeld wat aan die w\u00eareld voorgehou word. In die NSA, is ons gestroop van alle selfwaarde en is daar hard gekweek aan \u2018n skuldgevoel oor apartheid aan die een kant, en \u2018n gees van; die Afrikaner moet bewys dat hy sal saamwerk tot voor deel van die NSA en al sy mense.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar ons kan nie meer naief aan hierdie spel deelneem nie! Dit is tyd dat ons wakkerword en opstaan, en vir ons eie toekoms verantwoordelikheid neem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar nou vertel die \u201cRed Liberals\u201d vir ons dat dit nie die \u201cinding\u201d is om volkstrots te h\u00ea nie. Dit is nie aanvaarbaar nie, en dit is rassisties om vir jou eie mense te kies en vir hulle eksklusief \u2018n beter bedeling te probeer bewerkstellig. En so het baie blankes al die NSA aanvaar, en neem lustig deel aan die ondergang van hulle eie mense. Hulle glo die liberaliste se boodskappe, want dit klink dan so reg. Dit terwyl die swartes en ANC die grootste rassiste in die huidige tydvak is, maar hulle mag mos \u2013 hulle het dan so hard ge-\u201cstruggle\u201d vir hulle vryheid en regte. (sic)<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Afikaner staan nou voor dieselfde vraag wat dr. DF Malan in 1948 gevra het: Quo vadis my volk? Waar gaan jy heen? Ons kan nie meer praat en stry teenoor mekaar nie. Ons moet nou ophou praat en begin doen \u2013 konstruktief, pro-aktief, en met duidelike doelwitte. Ons moet nou begin werk vir ons vryheid en \u2018n onafhanklike blanke staat. Ons moet begin veg vir Vryheid, en daardie veg beteken nie noodwendig gewapende geweld nie. Daar is baie manier van veg, maar ons moet van nou af alles wat ons doen met een doel voor o\u00eb doen: \u2018n Vrye soewereine staat. Dus moet ons oorgaan tot aktiewe verset en vooruitgang met doelwitte wat intern vir onsself beplan is, en nie tot \u201cdie voordeel van almal in Suid Afrika\u201d nie.Ek haal hier die woorde oor verset van NP Van Wyk Louw aan:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Opstand is net so noodsaaklik as &#8216;n volk se getrouheid.&nbsp; Dit is nie gevaarlik dat verset misluk nie, wat wel gevaarlik is, is dat &#8216;n helegeslag sonder verset verbygaan&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong><span style=\"text-decoration: underline;\">Ad Libertum Persequor!!<\/span><\/strong><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\/nastol-nye-igry\/logicheskie\">\u043c\u0430\u0433\u0430\u0437\u0438\u043d \u0438\u0433\u0440\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/inforesist.org\/shokin-uvolil-prokurora-xarkova\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is nou tyd vir die Afrikaner, en blankes oor die algemeen in Suid Afrika, om \u2018n ernstige besluit oor hulle toekoms en deelname aan die NSA te neem. Vele skrywers en joernaliste het die situasie in die NSA mooi uitgespel die afgelope tyd, en vanuit al hierdie skrywes, is dit duidelik dat die ANC [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[146],"tags":[],"class_list":["post-9571","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c153-hein-zaayman"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9571","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9571"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9571\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9571"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9571"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9571"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}