{"id":9570,"date":"2010-10-26T06:35:32","date_gmt":"2010-10-26T06:35:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9570"},"modified":"2010-10-26T06:35:32","modified_gmt":"2010-10-26T06:35:32","slug":"grondwetlikheid-en-ras","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9570","title":{"rendered":"Grondwetlikheid en ras"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Twee skynbaar onafhanklike sake plaas die fokus op grondwetlikheid \u2013 oftewel die konsep van \u2018n grondwetlike demokrasie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eerste is die aanslag teen grondwetlike beginsels, soos die media-snoeringsplanne, en die tweede die kwessie van ras.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ter aanvang \u2013 die beginsel van grondwetlikheid, in Engels bekend as Rule of Law, word nie oral ter w\u00eareld ewe hartlik omarm nie. In Australi\u00eb argumenteer die teenstanders dat onverkose regters wat parlement\u00eare besluite kan omkeer, op \u2018n aanslag teen die demokrasie neerkom. In \u2018n heterogene land sou so \u2018n argument uiters gevaarlik wees omdat dit as \u2018n pleidooi vir die diktatuur van \u2018n meerderheid vertolk sou kon word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In beskaafde, heterogene samelewings soos Switserland is grondwetlikheid so sterk gevestig dat alles nie eens in geskrewe wette vervat hoef te wees nie. Niemand dink eens daaraan om ongeskrewe konvensies in die tande te skop nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika is dit egter duidelik dat nougeset gelet moet word daarop dat die beginsels wat die grondwet onderl\u00ea, nagekom word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of Suid-Afrika \u2018n goeie grondwet het, naamlik \u2019n grondwet wat ontwerp is om die land en al sy mense se belange ten beste te dien, is \u2018n ander vraag. Word dit met ander moderne lande wat heterogene bevolkings het vergelyk, selfs di\u00e9 van die Europese Unie, is Suid-Afrika se grondwet duidelik uit pas.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit raak nog meer problematies wanneer die regering die grondwet uitdaag, soos nou met die mediakwessie. \u2018n Vrye media word as een van die belangrikste waarborge vir grondwetlikheid beskou, selfs al hou \u2018n mens nie altyd van wat in die proses na die oppervlak kom nie. Die regering kan praat tot hy blou in die gesig is, die internasionale gety reageer negatief daarop.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen het die raskwessie ook diep nesgeskop, sodat di\u00e9 kwessie nou ook in die akademie onder die loep geneem word. Tradisioneel is ras geassosieer met politieke terme soos regs, konserwatief, reaksion\u00ear, en hier te lande, die uitvindsel van verregs. Tradisioneel, hoe verder van hierdie uithoek van die spektrum beweeg word na links, oor die gematigde middelgrond na liberaal en uiteindelik rewolusion\u00ear, hoe minder speel ras \u2018n rol.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanoggend bespreek prof. Theo Neethling, Kovsies se hoof van Politieke Wetenskap in Volksblad die verskynsel dat die rassekwessie ook sterk figureer in sekere ANC-dampkringe en ook in organisasies soos die PAC. \u201cSou dit hierdie mense dan ook regs of konserwatief maak?\u201dvra prof Neethling.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat die professor nie \u2018n denkbeeldige kwessie beet het nie, is duidelik, al het die tans nog vrye pers nie ewe onbevange oor al die manifestasies berig nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die jongste debat is ingelui oor die ABSA-transformasiedebakel gekoppel aan die Curriebeker-borgskap. Met di\u00e9 debat kwalik in die doofpot, vertoon Sasco-lede \u2018n plakkaat met die woorde:  <em> A vote for SASCO is a vote for ANC and a vote for anc is a vote for Julius MALEMA. \u201cOne Boer one bullet.\u201d Viva Julius malema viva!!! Students please vote for SASCO 100% BLACKS ONLY ORGANISATION (STRICTLY SOUTH AFRICANS) Amandla!! <\/em><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In plaas daarvan dat die ANC hom hiervan distansieer, is pas berig dat die ANC app\u00e8l aanteken teen \u2018n vroe\u00ebre hofbeslissing wat in effek die sing van die lied, \u201cSkiet die Boere,\u201d as haatspraak verbied.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uit die FW de Klerk-era is \u2018n erfenis van juridiese verabsolutering ge\u00ebrf \u2013 \u2018n benadering waardeur die reg, en veral grondwetlikheid, sake moet orden, ook hoe bevolkingsgroepe met mekaar oor die weg moet kom. Politieke sosiolo\u00eb is as\u2019t ware van die toneel geveeg, en politieke wetenskaplikes moes hulle ook sterk staatsregtelik opskerp om relevant te bly.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die voorbeelde hierbo toon duidelik dat di\u00e9 benadering ongeveer net so goed slaag soos om gebroke huwelike deur die regsproses van die egskeidingshof te probeer heel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook op ander terreine word die grondwet uitgedaag. In die dae toe die sg Euro-kommunisme in Europa \u2018n faktor was, is grondwetlikheid nie werklik uitgedaag nie omdat daardie partye ideologies grondwetlik ingestel was. In Suid-Afrika maak terme soos \u201cthe ongoing revolution\u201d steeds deel van die terminologie uit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl \u2018n minister die media ter wille van staatsveiligheid grootliks wil snoer, sit van die verbaal grootste uitdagers van die grondwet knus in die Kabinet \u2013 soos dikwels uit die taalkwessie blyk wat kort-kort in die howe beland, en iemand wat volhou hy het niks verkeerd gedoen nie hou \u2018n eetstaking terwyl hy agter tralies is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iewers het iets ontspoor.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">casino sign up<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/07\/21\/182571.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee skynbaar onafhanklike sake plaas die fokus op grondwetlikheid \u2013 oftewel die konsep van \u2018n grondwetlike demokrasie. Die eerste is die aanslag teen grondwetlike beginsels, soos die media-snoeringsplanne, en die tweede die kwessie van ras. Ter aanvang \u2013 die beginsel van grondwetlikheid, in Engels bekend as Rule of Law, word nie oral ter w\u00eareld ewe [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9570","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9570","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9570"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9570\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9570"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9570"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9570"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}