{"id":9565,"date":"2010-10-25T06:57:42","date_gmt":"2010-10-25T06:57:42","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9565"},"modified":"2010-10-25T06:57:42","modified_gmt":"2010-10-25T06:57:42","slug":"die-nuwe-erfsonde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9565","title":{"rendered":"Die nuwe erfsonde"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Een van die sentrale leerstellings van die Christelike geloof is dat die mensdom inherent boos is, en nie tot enige goed in staat is sonder eksterne hulp nie. Dit is maklik om hiermee saam te stem, veral as jy in \u2018n gewelddadige land soos Suid-Afrika woon, waar 20000 mense jaarliks vermoor word en 60000 verkragtings aangemeld word, met die ware verkragtingsyfer waarskynlik vier of vyf keer groter as slegs 60000. Mens hoef ook net na kleintjies op die kleuterskool se speelgrond te kyk, en te sien hoe gemeen hulle met mekaar kan wees, om te begin vermoed dat die konsep van die<br \/>erfsonde nie so ver van die kol is nie. Niemand hoef daardie kleintjies te leer om gemeen te wees nie. Dit kom van binne. Dis deel van die mensdom se aard.<\/p>\n<p>Die konsep van die inherente boosheid van die mensdom, asook di\u00e9 van die erfsonde, is egter gekaap deur die linkses en die politiek-korrektes wat bid by die altaar van anti-rassisme, en verwring en verdraai na iets wat hulle agenda pas. Dit is op \u2018n slinkse en siniese wyse gedoen, op \u2018n manier wat ontwerp is om bykans na die Christelike konsep van inherente boosheid en erfsonde te klink, en om sodoende die ordentlikheid en skuldgevoelens van die teikens daarvan, blankes,&nbsp; uit te buit.<\/p>\n<p>Waar die Christelike geloof dit duidelik stel dat alle mense boos is, het die kultus van anti-rassisme dit verwring en verdraai en sekeres kwytgeskeld van hierdie albatros om die nek. Dit is dus nie meer almal wat boos is nie, maar slegs blankes en spesifiek blanke mans, en in Suid-Afrika nog meer spesifiek heteroseksuele, Afrikaanssprekende blanke mans. Diegene wat nie deel is van hierdie groep nie, word op \u2018n soort kontinuum van hulle boosheid onthef: homoseksuele wit mans is nie heeltemal so boos nie, al tel hulle velkleur steeds teen hulle,&nbsp; tot by die uiterste van die spreekwoordelike swart lesbi\u00ebr in \u2018n rolstoel wat, maak nie saak hoe hard sy probeer nie, eenvoudig geen sonde kan pleeg nie.<\/p>\n<p>Die erfsonde waaraan blanke mans glo onkorrigeerbaar skuldig is, word rassisme genoem. Maak nie saak hoe hard jy as blanke man probeer nie \u2013 jy kan probeer om jou besittings weg te gee en jouself in \u2018n plakkerskamp te gaan vestig , soos wat fanatiese linkse professore op Stalinbos van die res van ons verwag , alhoewel hulle nie self so sal maak nie \u2013 is en bly jy steeds skuldig aan onkorrigeerbare rassisme. Jy kan eenvoudig nie ontkom aan jou erfsonde nie. Indien dan nie jou eie rassisme nie, dan di\u00e9 van jou ouers en hulle ouers, tot in die sewentigste geslag. Dan word dit moontlik om te argumenteer dat die skreiende rassisme van regstellende aksie ook teen blanke kinders wat n\u00e1 1994 gebore is, toegepas kan word. Hulle dra immers ook die las van rassistiese erfsonde, al het n\u00f3g hulle, n\u00f3g hul ouers, ooit \u2018n swartmens doelbewus te na gekom nie.<\/p>\n<p>Dit is eweneens belangrik vir blanke mans om te begryp dat, in terme van hierdie verwronge dogma, slegs blankes rassiste kan wees. Al diskrimineer swartes teen blanke mans met rassistiese praktyke soos transformasie en regstellende aksie, word dit in terme van hierdie verwronge dogma moontlik om, soos hierdie briefskrywer aan <a href=\"http:\/\/www.rapport.co.za\/MyRapport\/Briewe\/Voort-met-transformasie-20101021\">Rapport<\/a> dit stel, te glo dat swart-op-wit diskriminasie heel aanvaarbaar, positief en eintlik glad nie eens rassisties nie. Die ANC kan dan ook volhou dat dit heel aanvaarbaar is om te sing \u201cKill the Boer\u201d en selfs die <a href=\"http:\/\/www.news24.com\/SouthAfrica\/Politics\/ANC-wants-kill-the-boer-back-20101024\">hof<\/a> nader vir die \u201creg\u201d om dit te sing. Onthou: Swartes kan nie hetsy boos, hetsy rassisties wees nie, en dus is \u201cKill the Boer\u201d presies net so onskuldig soos daardie liedjies wat ons in die Kinderkrans gesing het.<\/p>\n<p>Omdat slegs blankes boos is, en swartes nie, kan daar dus \u2018n histeriese geskree opgaan as die swemmer Roland Schoeman kla oor iemand in die skare wat hom soos \u2018n bobbejaan gedra, maar wanneer bejaarde blankes wreed<br \/>gemartel en vermoor word tydens plaasaanvalle, kan die moderne fanatici die blaam op die bejaarde dooies&nbsp; self verplaas. Ons moet terloops erken dat daar ook in blanke geledere die swaksinniges is, wat maklik gebreinspoel kan<br \/>word om fanatiese lede van die kultus van anti-rassisme te word, en wat ewe luidkeels help verkondig aan die kultus se dogma. Mens dink aan voormalige Vrye Weekblad-joernaliste, of aan lede van die Kaapse Moffia, as voorbeelde. Of dit aan \u2018n kombinasievan swaksinnigheid en masochisme toegeskryf kan word, weet ek nie, maar elke volk het maar sy malles, verloorders en verraaiers. Dan word die slagoffers voorgehou as die eintlike skuldiges omdat hulle die aanvallers kwansuis mishandel het (en omdat die slagoffers skuldig daaraan is om blank te wees). Die aanvallers word dan die eintlike slagoffers \u2013 die barbare wat Eugene Terre\u2019Blanche vermoor het, word byvoorbeeld valslik voorgehou as onskuldige slagoffers wat seksueel misbruik is. Maar, weer eens, dit pas in by die dogma. Swartes, selfs diegene wat<br \/>iemand met \u2018n panga doodkap, kan nie sondig nie.<\/p>\n<p>Die les vir veral blanke mans hierin is duidelik: Jy kan so hard as wat jy wil probeer om te ontken dat jy \u2018n rassis is. Jy kan, soos die hoogheilige Sampie Terre\u2019Blanche dit wil h\u00ea,&nbsp; jou skuldlas omarm en al jou besittings vir die armes gee en in \u2019n plakkerskamp gaan woon. Jy kan uitwys dat jy nog nooit enige anderskleurige te na gekom het nie. Dit gaan jou hoegenaamd niks in die sak bring nie, omdat daar geen rede of logika by die kultus van anti-rassisme betrokke is nie. Jy en jou ongebore kinders, asook hul kinders en kleinkinders, sal vir ewig die las van julle erfsonde, julle denkbeeldige<br \/>rassisme, dra.<\/p>\n<p>Buiten die uitwissing van die blankes, wat nie onmoontlik is nie (teen 2100 sal Eurabi\u00eb \u2018n meerderheid anderskleurige inwoners h\u00ea, en in Suid-Afrika is daar \u2018n verbete veldtog van etniese reiniging en moord teen blankes gemik), is daar slegs een oplossing vir hierdie dilemma. Speel die kultus van anti-rassisme se eie spel, en lei hulle na die enigste moontlike gevolgtrekking wat nie volksmoord behels nie. Daardie oplossing is om die onkorrigeerbare rassiste so ver as moontlik weg van hul sogenaamdeslagoffers te hou.<\/p>\n<p>Die erfsonde van denkbeeldige rassisme kan slegs vreedsaam besweer word dmv segregasie.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/big-bang\/\">games bigbang<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.unian.net\/society\/1063327-v-harkove-naznachen-novyiy-prokuror.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Een van die sentrale leerstellings van die Christelike geloof is dat die mensdom inherent boos is, en nie tot enige goed in staat is sonder eksterne hulp nie. Dit is maklik om hiermee saam te stem, veral as jy in \u2018n gewelddadige land soos Suid-Afrika woon, waar 20000 mense jaarliks vermoor word en 60000 verkragtings [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[],"class_list":["post-9565","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9565","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9565"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9565\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9565"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9565"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9565"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}