{"id":9563,"date":"2010-10-25T06:40:07","date_gmt":"2010-10-25T06:40:07","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9563"},"modified":"2010-10-25T06:40:07","modified_gmt":"2010-10-25T06:40:07","slug":"om-n-koerant-te-wil-he","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9563","title":{"rendered":"Om &#8216;n koerant te wil h\u00ea"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Jare gelede het &#8216;n rubriekskrywer in &#8216;n koerant geskryf: &#8220;Iemand het net &#8216;n tikmasjien en &#8216;n faksmasjien nodig, dan kan hy &#8216;n politieke party wees.&#8221;<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vermoede is dat di\u00e9 rubriekskrywer die legendariese taalbul, Robert van Tonder, se Boerestaat Party in die oog gehad het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedertdien het baie water in die see geloop. Vandag sou &#8216;n mens eerder s\u00ea: &#8220;Met &#8216;n rekenaar en die internet kan enige persoon &#8216;n politieke party wees.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met &#8216;n ordentlike adreslys kan iemand binne sekondes &#8216;n mediaverklaring by bykans al die media in die land, en selfs die w\u00eareld, besorg, en as die teks nog elektronies is, kan die ontvanger dit elektronies knip en plak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 gemak is juis ook weer deel van die probleem. As sake so maklik is, is dit vir almal so maklik, en &#8216;n joernalis wat minder as 40 e-posse per dag ontvang, handhaaf waarskynlik &#8216;n lae profiel. Daar is geen manier waarop &#8216;n joernalis behoorlik aandag kan skenk aan soveel (en dikwels veel meer) mediaverklarings en artikels nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is enige persoon se raaiskoot hoeveel mediaverklarings word gewoon ongelees gewis.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar \u2013 in beginsel \u2013 dis maklik om nuus te versprei.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die afgelope Saterdag se By skryf die koerantbaas, Ton Vosloo, oor die pyne, en veral koste, waarmee die nuwe ANC-gesinde koerant, New Age, te make gaan h\u00ea. Dis baie geld, twee maal meer as die mees pessimistiese skatting,<br \/>en twee keer so &#8216;n lang tyd as wat &#8216;n mens dink, om &#8216;n koerant van die drukpers af te laat rol.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog, net soos tegnologie dit &#8220;maklik&#8221; gemaak het om &#8216;n politieke party te h\u00ea en heel sigbaar te h\u00ea sonder dat dit werklik bestaan, so is dit ook &#8220;maklik&#8221;om &#8216;n koerant te maak. &#8216;n Mens het net &#8216;n rekenaar, die internet, en nou ja, as mens aan &#8216;n gedrukte koerant dink, &#8216;n drukker nodig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bykans enige rekenaar het &#8216;n program op waarmee bladuitleg en grafiese ontwerp gedoen kan word, speltoetsers vergemaklik sake baie, die nuus kan via die internet &#8220;opgetrek&#8221; word&#8230; Foto&#8217;s kan van die selfoon afgelaai word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar dan moet &#8216;n mens nie appels met pere vergelyk nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om &#8216;n konvensionele koerant, gedruk, en daagliks oor &#8216;n groot area, op straat te h\u00ea is ligjare verwyder van die lessenaarmodel \u2013ook kostegewys.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, dit is soos Ton dit probeer uitspel \u2013 eintlik onmoontlik om nog in hierdie mark in te kom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag word dus dikwels gevra: Is dit nog nodig om as konvensionele, gedrukte, koerant in die mark toe te tree?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC voel klaarblyklik dit is nodig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Twee gesaghebbendes vanuit die gedrukte media het hulle &#8216;n paar jaar na mekaar hieroor uitgelaat, en daar was waarskynlik baie ander tussenin. Eers het Tim du Plessis, destyds redakteur van Rapport, die &#8220;alewige blogs&#8221; verwyt, en pas het die persombudsman na die internet as alternatiewe inligtingsmedium verwys. Beide het dit egter teen &#8216;n bepaalde konteks gedoen&#8230; verwyte dat die pers die inligtingsvloei vir sekere redes sou manipuleer. Die verweer is dat &#8216;n koerant wat dit waag, gou-gou sy geloofwaardigheid sal verloor omdat die elektroniese inligting gewoon rondom<br \/>sal spoel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die argument is waarskynlik geldig, maar of dit werklik die media aanspoor om onbevange met die inligtingsvloei om te gaan, sal &#8216;n kwessie van debat bly. In ieder geval dink die ANC dat die media onbillik met die inligtingsvloei omgaan, en stel daarom kwessies soos &#8216;n mediatribunaal in die vooruitsig. Die gebrom uit ander politieke oorde is dikwels net so erg.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Harde werklikheid is dat waarskynlik elke gedrukte koerant in die w\u00eareld meer inligting beskikbaar het as waarvoor daar plasingsruimte is. Vroe\u00ebr is dikwels na die komkommertyd verwys \u2013 gewoonlik naby Kersfees en in die Paastyd, wanneer nuus skraps word en die bietjie beskikbare nuus &#8220;gerek&#8221; moes word. Juis die internet verseker dat dit nie meer die geval is nie \u2013 die inligting mag minder wees, maar steeds veel, veel meer as wat &#8216;n koerant voor plasingsruimte sal h\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bykans enige instansie wat sy boodskap wil versprei \u2013 van politieke party tot gemeente \u2013 het nou &#8216;n webblad. Al hoe meer instansies stel nou media-skakelpersone aan. Waar hierdie poste aanvanklik dikwels as &#8220;sagte&#8221; poste beskou is waar die baas se dogter of skelmpie aangestel kon word, het die mededinging hier nou so straf geword, dat daar dikwels (nie altyd nie) kundiges aangestel word wat &#8216;n mediaverklaring so persklaar kan opstel dat dit die strawwe omgewing van min plasingsruimte kan oorleef, en selfs sonder verandering net so geplaas kan word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Deel van die rede hiervoor is dat die media-omgewing tog verander. Baie mense is nou vir hul nuus aangewese op bulletins op gemeenskapsradiostasies of gemeenskapskoerante. Hierdie koerantjies is dikwels gratis, en bereik dus<br \/>ook laer inkomstegroepe, wat vir politieke partye van die uiterste belang is. Hierdie koerante en stasies het dikwels net een persoon vir nuus in diens, en by gemeenskapstasies dikwels nie eens so &#8216;n persoon nie. By die klein stasies word dikwels van nuusvoorsieners gebruik gemaak wat volledige nuusbulletins opstel, en dan teen &#8216;n billike prys aan gemeenskapstasies verkoop. Hierdie nuusvoorsieners is onder kwaai druk (daar moet dikwels elke uur &#8216;n bulletin gereed wees) en daarom is daar nie werklik tyd vir vertalings nie, en nog minder vir die bywoon van nuuskonferensies. &#8216;n Party\/instansie wat sy nuusverklarings tweetalig uitreik, het dus &#8216;n groot<br \/>mededingende voordeel).<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, die realiteit van gemeenskapsmedia dring traag tot sommige politieke partye en selfs ander instansies deur. Sommiges vrek gewoon oor mediakonferensies, en spandeer baie geld hieraan. Hoe meer joernaliste, en hoe meer TV-kameras, hoe &#8216;n groter sukses was die byeenkoms. Groot projekte word op hierdie manier van stapel gestuur, en &#8220;launch&#8221; het &#8216;n selfstandige naamwoord geword wat so &#8216;n handeling beskryf. Die media wat die nuuskonferensie bywoon word van die mooiste portefeuljes voorsien waarin harde kopie\u00eb van die nuusverklarings is. Dat 90 % of meer van die media uitgesluit is omdat hulle gewoon nie iemand kan afstaan nie, en dat &#8216;n joernalis wat by die kantoor uit &#8216;n wavrag elektroniese mediaverklarings kan kies dalk traag kan wees om &#8216;n harde kopie oor te tik, kom nie by diegene op<br \/>wat so vrek oor mediakonferensies nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is uiteraard een ding as die regeringshoof &#8216;n mediakonferensie hou, en &#8216;n heel ander dinge as dit deur die leier van die party gehou word wat uit &#8216;n tikmasjien en faksmasjien bestaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die groot koerantgroepe het wel deeglik kennis geneem van gemeenskapsmedia. Onlangs het die koerantbaas, Koos Bekker, in wese hieroor gekla en meen so &#8216;n massa onafhanklike media bemoeilik die vorming van kollektiewe gedagtes. Vanuit die teenoorgestelde perspektief kan hy weer van ide\u00ebimperialisme beskuldig word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoekom is dit dan tog so belangrik vir &#8216;n party \/ instansie om &#8220;in die koerant&#8221; te wees as sy inligting so mildelik daaromheen vloei?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel mense se ingesteldheid oor media baie oor tyd verander, is dit stellig steeds geldig om te s\u00ea dat die persepsie by mense bestaan dat iets wat in &#8220;die koerant&#8221; staan meer geloofwaardig is as iets wat oor die radio gehoor word, omdat die radio meer met vermaak geassosieer word. Die Suid-Afrikaanse koerantwese het immers groot meningsvormers, selfs premiers, opgelewer. &#8216;n Styl van oorredende kommunikasie het in hoofartikels ontwikkel<br \/>wat gewoonlik gesaghebbend klink, wat goed beredeneerd oorkom. Natuurlik is daar uitsonderings. Natuurlik veroorsaak verskeie faktore dat hier nou al hoe meer dowwe kolle en swak beredenering deurslaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog is dit vanuit &#8216;n mensingsvormingsoogpunt &#8216;n feitlike laaste bastion teen die algemene vervlakking wat dikwels intree \u2013 al stem &#8216;n mens nie met die standpunte saam nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Partye sal dus groot moeite doen om hul standpunte in hierdie geselskap &#8220;afgelaai&#8221; te kry. Dit bied op die oog af die meeste myle, veral in die tydperke tussen verkiesings wanneer die saadjies van belangstelling gesaai moet word. Dit sou in elk geval vir partye onbekostigbaar duur wees om jaar in en jaar uit hul boodskap met plakkate teen lamppale uit te dra, om posbusse met pamflette te oorstroom, en sal heel moontlik ook &#8216;n weerstand ontwikkel (die ou bemarkingsbeginsel dat die mens hom begin verset as hy agterkom iemand probeer hom be\u00efnvloed).<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Engelse &#8220;spreekwoord&#8221; s\u00ea dit immers so mooi: &#8220;Advertising is what youpay for, publicity is what you pray for.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit kan dus nie sommer voorsien word dat partye by &#8216;n punt sal kom waar hulle &#8216;n kleiner premie sal plaas om &#8220;in die koerant&#8221; te kom nie. Wyle minister Blaar Coetzee het dit destyds sake nog &#8216;n entjie verder gevoer en<br \/>ges\u00ea vir &#8216;n politieke party is daar nie so iets soos slegte publisiteit nie, net publisiteit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteraard is daar partye wat TV-dekking as die mees ideale vorm van dekking beskou. Trouens, hier te lande was &#8216;n premier wat die voorsitter van die SAUK-raad, dikwels via &#8216;n bombastiese minister, &#8216;n  &#8216;n lewe gelei het om meer dikwels op TV te wees &#8220;want kyk net hoe dikwels is die Amerikaanse president op TV.&#8221; Tot &#8216;n opname getoon het die betrokke premier se gewildheid taan hoe meer hy op TV verskyn.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gedrukte koerant, as belangrike meningsvormer, sal dus nog &#8216;n geruime tyd met ons wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen di\u00e9 agtergrond, is dit dan so onmoontlik dat nuwe koerante sal kan toetree?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kan die tegnologie nie ingespan word om koerante meer bekostigbaar te maak nie? Selfs &#8216;n groot dagblad?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Redaksie:  Met die elektronika kan met werklik min mense oor die weg gekom word. Internasionale nuus sal volop wees. Om goedkoop omgewingsnuus te bekom span koerante oorsee &#8220;gemeenskapsjoernalistiek&#8221; in. Om dit op ons situasie<br \/>van toepassing te maak: &#8216;n Boer trou met &#8216;n onderwyseres \/ joernalis \/verpleegster, en sy het bepaalde skyfvermo\u00ebns, maar is te ver van &#8216;n plek waar sy haar beroep kan beoefen. Met &#8216;n skootrekenaar, &#8216;n selfoon met &#8216;n digitale kamera, en die internet is sy in werklikheid bykans net so aanwendbaar soos &#8216;n joernalis in die nuuskantoor. Waar haar skryfwerk dalk &#8216;n bietjie skaafwerk nodig het, kos sy die koerant veel minder in terme van salaris en reiskostes. Sy kan enigiets op papier stel \u2013 van die skoolkonsert, tot die dinge in die dorp se drinkwater, tot &#8216;n treinongeluk, en in &#8216;n japtrap die storie en foto&#8217;s elektronies by die koerant h\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voeg hierby die talle instansies wat nou mediaskakelmense het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, dit sal waarskynlik nog verder uitgebrei word. By die onlangse Algemene Kerkvergadering (sinode) van die Hervormde Kerk was daar net by tye &#8216;n joernalis teenwoordig, Neels Jackson van Beeld. Dit staan in skrille kontras met enkele jare gelede toe so &#8216;n vergadering deur &#8216;n groot groep joernaliste bygewoon is. Min of meer dieselfde gebeur met landboukongresse en vele ander geleenthede. Hierdie instansies sal eenvoudig moet besin oor &#8216;n alternatief \u2013 of iemand afvaardig wat mediaverklarings opstel en uitstuur, of &#8216;n instansie huur wat dit vir hulle doen,of &#8216;n kundige aanstel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Advertensies: Verskeie instansies bestaan wat op bemarking spesialiseer, en wat teen kommissie advertensies kan lewer. Die kli\u00ebnt het die voordeel dat hy ook vir &#8216;n mediamengsel (maw advertensies in die gedrukte media,<br \/>pamflette, op radio) &#8216;n eenstopdiens kan benut. Hierdie instansies het dikwels hul eie grafiese kunstenaars in diens.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Drukwerk: Verskeie rolperse bestaan, en die groot kwessie is die koerant op CD of ander elektroniese formaat by die drukker te kry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bestuur en administrasie: Hoewel miskien nie die grootse werkslading nie, is dit miskien die deel wat die idealis die vinnigste aarde toe ruk &#8211; kwessies soos personeelbestuur met al die wetlike verpligtinge wat daarmee verband<br \/>hou, die invorderings van geld, die betaling van rekenings, instandhouding, oudits, en vele meer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen di\u00e9 agtergrond is nog groot dagblaaie onwaarskynlik. Tokkelosse (glo die Afrikaans vir knock and drop) daarenteen sal steeds kom \u2013 en gaan.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/aktivnye-igry\/detskie-palatki\/\">\u0434\u043e\u043c\u0438\u043a\u0438 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0442\u0435\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti\/13.10.2017\/prokuratura_utverdila_obvinenie_harkovskomu_zastroyschiku\/\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jare gelede het &#8216;n rubriekskrywer in &#8216;n koerant geskryf: &#8220;Iemand het net &#8216;n tikmasjien en &#8216;n faksmasjien nodig, dan kan hy &#8216;n politieke party wees.&#8221; Die vermoede is dat di\u00e9 rubriekskrywer die legendariese taalbul, Robert van Tonder, se Boerestaat Party in die oog gehad het. Sedertdien het baie water in die see geloop. Vandag sou &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9563\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Om &#8216;n koerant te wil h\u00ea&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9563","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9563","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9563"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9563\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9563"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9563"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9563"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}