{"id":956,"date":"2007-10-09T07:07:46","date_gmt":"2007-10-09T07:07:46","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=956"},"modified":"2007-10-09T07:07:46","modified_gmt":"2007-10-09T07:07:46","slug":"vlaminge-en-wale-se-paaie-skei-nog-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=956","title":{"rendered":"Vlaminge en Wale se paaie skei nog nie"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Bykans vier maande na afloop van die algemene verkiesing het die verskillende Belgiese partye nog nie tot &rsquo;n vergelyk kon kom wat hulle in staat sal stel om &rsquo;n regering saam te stel nie. Die belangrikste twispunt is die eis vir meer selfbeskikking. Die skaakmatsituasie het tot spekulasie gelei dat die Vlaminge en Wale dalk beter af sal wees op hulle eie. Karel de Gucht, minister van buitelandse sake, het gevolglik besluit om &rsquo;n brief aan Belgiese ambassades te stuur met &ldquo;nuttige gesprekspunte.&rdquo; Dit sal diplomate in staat stel om Belgi&euml; se politieke en sakevennote gerus te stel oor eenheid in die land.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Volgens die memorandum word diplomate aangeraai om in gesprekke met die media te beklemtoon dat die Wale en Vlaminge al 177 jaar saamwoon en alhoewel hulle politieke ambisies &ldquo;verander het&rdquo;, hulle steeds geweld as oplossing wil vermy. Daar is tans 6,5 miljoen Vlaminge en 4 miljoen Wale in Belgi&euml;. Die land beskik oor &rsquo;n federale stelsel met &rsquo;n grondwetlike monargie. Die drie streke het heelwat selfbeskikkingsregte. Die nasionale parlement word verder so saamgestel dat daar &rsquo;n balans tussen die twee taalgroepe is. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Tydens die nasionale verkiesing van 10 Junie het die Liberale en Christen-Demokrate 81 setels verower, wat genoeg was om aan hulle &rsquo;n sentraal-regse meerderheid in die parlement met sy 150 setels te besorg.&nbsp; Beide partye bestaan egter uit Vlaamse en Waalse faksies wat steeds stry oor Vlaamse eise vir meer streeksoutonomie op die gebiede van gesondheid, justisie en vervoer. Hulle is ook verdeeld oor die regte van die Franssprekende minderheid wat op Vlaamse grondgebied rondom Brussel woon. Die Wale voel dat die streke oor genoeg outonomie beskik en beskuldig die Vlaminge daarvan dat hulle die eenheid van die Belgiese staat wil vernietig.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Volgens meningspeilings is al meer Vlaminge in die welvarende noordelike streek van die land ten gunste van onafhanklikheid. Tydens &rsquo;n Vlaamse parlementsdebat verlede maand het Flip Dewinter van die Vlaams Belang ges&ecirc; die tyd het aangebreek vir &ldquo;&rsquo;n fluweel egskeiding&rdquo; &ndash; &rsquo;n verwysing na die skeiding in 1993 van die Tsjeggiese Republiek en Slowakye.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">De Gucht, wat steeds nie as minister van buitelandse sake kan uittree tot die nuwe regering gevorm is nie, meen dat die Belgiese situasie nie &ldquo;uniek&rdquo; is nie. Hy het egter gister op televisie verklaar dat hy nie verwag dat &rsquo;n nuwe regering voor 11 November gevorm gaan word nie. <\/span><\/p>\n<p class=\"NormalWeb20\" style=\"margin: 0cm 0cm 0.0001pt; text-align: justify; line-height: 121%\"><span style=\"font-size: 10pt; line-height: 121%; font-family: Arial\">&nbsp;<\/span><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/products\/9-lyustry\">\u0445\u0440\u0443\u0441\u0442\u0430\u043b\u044c\u043d\u044b\u0435 \u043b\u044e\u0441\u0442\u0440\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62744-chto-delat-s-neraskrytymi-prestupleniyami-peredovoy-opyt-i-mneniya-ekspertov.html\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: black\">Die Belgiese regering het tot die ongewone stap oorgegaan deur <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&rsquo;n omsendbrief te stuur aan hulle ambassades in die buiteland om hulle te maan om &ldquo;nee&rdquo; te s&ecirc; indien hulle gevra sou word of die Wale en die Vlaminge hul eie paadjies gaan loop.<\/span><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[162,21089,940],"class_list":["post-956","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internasionale-nuus","tag-nuus","tag-vlaminge-en-wale-se-paaie-gaan-nog-nie-skei-nie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/956","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=956"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/956\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=956"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=956"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=956"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}