{"id":9553,"date":"2010-10-21T07:20:28","date_gmt":"2010-10-21T07:20:28","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9553"},"modified":"2010-10-21T07:20:28","modified_gmt":"2010-10-21T07:20:28","slug":"mediavryheid-en-godsdiensvryheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9553","title":{"rendered":"Mediavryheid en godsdiensvryheid"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">\u201cTeen die 11de eeu,\u201d skryf die W\u00eareldspektrum, \u201cwas die hele Europa vir die Christendom gewen.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir die Christen bring dit onwillekeurig \u2018n gevoel van blydskap, verl teen die agtergrond van die allerverskriklikste vervolging wat Christene die voorafgaande eeue periodiek moes verduur.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tien eeue later kondig die media op die voorblad aan dat \u2018n groot Suid-Afrikaanse winkelgroep na \u2018n bestuursbesluit alle Christelike publikasies van sy rakke verwyder het. Na verskeie uitsprake is dit steeds wasig oor wat die rede was \u2013 van swak verkope totdat die winkelgroep nie godsdienstige en politieke publikasies op sy rakke wil duld nie. Beteken dit dat die ANC-gesinde New Age die trekpas gekry het nog voor die eerste uitgawe gedruk was?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is meer as net met \u2018n tikkie ironie op dieselfde dag wat oor die besluit gerapporteer is, die persvryheidswaghond, Verslaggewers Sonder Grense, ook sy jaarlikse persvryheidsindeks bekend gemaak het waarin Suid-Afrika vyf plekke teruggesak het. As redes word aangevoer die regering se beoogde mediawetgewing, die aanvalle op joernaliste tydens die W\u00eareldbekertoernooi en die optrede van Julius Malema teenoor \u2018n joernalis van die BBC.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dieselfde dag het die winkelgroep, na \u2018n storm losgebars het, sy besluit hersien. Die tydskrifte sal weer op die rakke wees, en voortaan sal die verkope van die tydskrifte hul beskikbaarheid bepaal.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die besluit om die tydskrifte te verwyder het egter nie die eenparige veroordeling vanuit Christelike geledere gekry wat \u2018n mens sou verwag nie. Trouens, op Christelike webwerwe was daar ook steun vir die besluit. Dit sal die tydskrifte, veral die wat agter die deur staan, dus loon om te besin oor wat daartoe gelei het dat die baba met die badwater uitgegooi is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waar die 11de eeu se sukses van Christelike uitbreiding as \u2018n feitlik ongekwalifiseerde oorwinning beskryf kon word, was dit kort hierna nie so eenvoudig nie. Onder die ergste vergrype was die inkwisisie wat sogenaamde ketters vervolg het. Later het \u2018n stryd tussen Rooms-Katoliek en Protestantisme gevolg, wat onder meer \u2018n dertigjarige oorlog met die ergste wreedhede denkbaar ingesluit het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Word briewekolomme in koerante, veral op hul internetweergawe, vandag gevolg is dit duidelik dat die gees van die inkwisisie wyd voortleef. Van die briewe kom neer op \u2018n mosie van wantroue in God se ongedelegeerde oordeelsmag \u2013 met groot bitterheid word mede-Christene geoordeel en veroordeel omdat hulle nie presies dieselfde glo as diegene wat die oordeel uitdeel nie. Dit is ligjare verwyder van God se beloftes dat Hy self hemelinge sal stuur om die onkruid tussen die koring uit te haal en die oes in te samel. En hier word nie na ekstreme standpunte verwys wat so onder die menslike oordeel deurloop nie, maar sienswyses van hoofstroomkerke.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gevolg is dat hierdie debatte ook plek-plek na van die Christelike tydskrifte oorloop, en veral een hom vierkantig in hierdie kamp gaan bevind het. Die betrokke tydskrif het boonop rug styfgemaak en geweier om hom aan die gesag van die persombudsman te onderwerp toe mense wat deurgeloop het besluit het om op te tree. Die tydskrif het ook erg op Christelike webblaaie onder skoot gekom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Bloemfonteinse gemeente hou nou \u2018n reeks preke met die tema wat in hooftrekke daarop neerkom: \u201cIn die begin het God die aarde en alles daarop, ook die mens, geskep.Sedertdien skep die mens God.\u201d Inderdaad, word die godsbeeld wat sommige mense gebruik vergelyk met die beeld van God soos veral in die Nuwe Testament geopenbaar word, is daar min, indien enige raakvlakke.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gevolg is dikwels dat die baba met die badwater uitgegooi word. Enkele jare gelede het die Europese Unie, toe die deelnemende lande se regerings deur Christen-demokratiese partye oorheers is, \u2018n beleidsdokument aanvaar: \u201cDie gevare van kreasionisme in die onderwys.\u201d Dit is ook deur kerklike instansies, en selfs die Rooms-Katolieke Kerk ondersteun.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 stap is dadelik as \u2018n optrede teen die Christendom voorgehou. Word die dokument self gelees, is dit duidelik dat dit, soos die EU se grondwet, \u2018n ho\u00eb premie op geloofsvryheid stel. Dit handel oor \u2018n kwasi-wetenskap se aandrang om konvensionele wetenskap in skoolleerplanne te vervang.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geloofs- en persvryheid is duurgekoopte vryhede. Dit kan egter nie so verskans word dat dit instrumenteel word om juis daardie vryhede te verongeluk nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die winkelgroep se optrede lomp bly, bied dit ook aan Christene en die tydskrifte die geleentheid om te besin oor die sendingtaak, wat nie met \u2018n eietydse inkwisisie verwar moet word nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">sites uk<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/13.10.2017\/harkov_v_liderah_po_komfortnosti_zhizni_v_ukraine\">\u0434\u0435\u043f\u0443\u0442\u0430\u0442 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cTeen die 11de eeu,\u201d skryf die W\u00eareldspektrum, \u201cwas die hele Europa vir die Christendom gewen.\u201d Vir die Christen bring dit onwillekeurig \u2018n gevoel van blydskap, verl teen die agtergrond van die allerverskriklikste vervolging wat Christene die voorafgaande eeue periodiek moes verduur. Tien eeue later kondig die media op die voorblad aan dat \u2018n groot Suid-Afrikaanse &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9553\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Mediavryheid en godsdiensvryheid&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9553","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9553","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9553"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9553\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9553"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9553"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9553"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}