{"id":9537,"date":"2010-10-17T08:53:05","date_gmt":"2010-10-17T08:53:05","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9537"},"modified":"2010-10-17T08:53:05","modified_gmt":"2010-10-17T08:53:05","slug":"swart-aanklaer-lag-openlik-vir-ratte-in-hof","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9537","title":{"rendered":"Swart aanklaer lag openlik vir Ratte in hof"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Met oudkommandant Willem Ratte se eerste hofverskyning op Maandag 11 Oktober het \u2018n Afrikaanse vroue-aanklaer die saak hanteer en \u2018n voorstel gedoen om die aangeklaagdes teen Vrydag op waarskuwing uit te laat terwyl die saak ondersoek word en hulle deur korrektiewe dienste gemonitor word. Intussen het \u2018n aggressiewe swart aanklaer, Fanie Vundla, oorgeneem wat op Vrydag 15 Oktober openlik in die hof vir Ratte gelag het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vooroordeel wat daar teen Ratte en sy mede-aangeklaagdes bestaan, is Vrydag verder gedemonstreer deur \u2018n voorval waartydens mnr. J.P. Nel, woonagtig op die plaas Eenzaamheid in die Balmoral-distrik waar Ratte in hegtenis geneem is, summier by die hof in Witbank gearresteer is omdat hy aan \u2018n swart vroulike prokureur van die regshulpraad gevra het waarom sy nie haar handsak deur die x-straalmasjien by die hof laat gaan nie. Die persoon het haar opgeruk en Nel op \u2018n vals klag van aanranding in hegtenis laat neem. Nel is intussen op borg van R500 vrygelaat en beplan \u2018n siviele eis teen die staat vir wederregtelike inhegtenisname.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die vorige blanke aanklaer nie die borg van die nege mans wat saam met Ratte aangekla is sou teenstaan nie, het Fanie Vundla intussen besluit om wel Eugene Becker se borg teen te staan. Becker is tans nog in die tronk saam met Ratte wat steeds \u2018n hongerstaking beoefen.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die landdros wou eerskomende Vrydag 25 Oktober weer die saak aanhoor, maar Vundla het geweier aangesien hy sy \u201cdogter se gradeplegtigheid moet bywoon\u201d. Op \u2018n vraag of daar nie \u2018n ander aanklaer op daardie datum beskikbaar is nie, het Vundla geantwoord dat hy \u201cdeur sy hoofde aanges\u00ea is dat slegs hy die saak moet hanteer\u201d.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op \u2018n vraag van die landdros of hy Willem Ratte se borg sal teenstaan of nie, het Vundla geantwoord: \u201cEk het nog nie besluit nie.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vundla het ook die polisie se reaksiemag na die hof laat kom om die gehoor en gevangenes te laat intimideer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sogenaamde \u201conwettige wapens\u201d wat op Wille Ratte se plaas gevind is, blyk nou wettig te wees, synde grootliks voorlaaierrewolwers en windbukse waarvoor geen lisensie nodig is nie. Blykbaar is slegs die R4-geweer streng gesproke onwettig, maar ook dit is voorheen gelisensieer deur \u2018n oudkollega van Ratte.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens \u2018n persoon wat ook die hofverrigtinge bygewoon het, is die staat besig om te vis vir verdere klagtes wat hulle teen Ratte en sy groep kan bring aangesien die huidige getuienis nie in die hof teen hulle gaan slaag nie. Daar word ook vermoed dat Fanie Vundla oudkommandant Ratte lank genoeg op die hongerstaking wil hou sodat hy kan sterf; vandaar sy pogings om tyd te wen met die vasstel van \u2018n volgende verhoordatum.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos vroe\u00ebr berig is, is agt van die beskuldigdes op waarskuwing vrygelaat. Hulle is mnre. Marais Bouer (30), G\u00fcnther Kotze (32), Petrus Visser (20), Raymond Senekal (43), Wesley Borman (24), Corn\u00e9 de Beer (22), Justin Schoeman (18) en Christopher Meyer (27). Almal is onder korrektiewe toesig geplaas in die jeugherberg op die plaas naby Balmoral. Dit blyk egter dat Justin Schoeman 17 en nie 18 jaar oud is nie, wat hom \u2018n minderjarige maak wat deur die staat as volwassene hanteer word en in \u2018n volwasse tronk aangehou is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens regslui in Witbank is viktimisering van blankes deur die owerheid aan die toeneem en word mense goedsmoeds op vals klagtes gearresteer en in selle gesmyt. Hoewel die media heelwat aandag aan Ratte se geval geskenk het, is dit geensins ge\u00efsoleerd nie en blykbaar algemeen in die omgewing.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Toeskouer wat die inhegtenisname van J.P. Nel aanskou het, het ges\u00ea: \u201cDaar is geen verskil meer tussen Suid-Afrika en Zimbabwe nie. Wet en orde is besig om te verval en magsmisbruik weens rassistiese haat teen blankes is deesdae aan die orde van die dag.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tans sterf daar meer mense jaarliks in aanhouding in polisieselle as ooit onder die ou regering toe daar byna daagliks daaroor in die internasionale media berig is.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/gidrobaki\/rasshiritelnye-dlya-otopleniya\">\u043c\u0435\u043c\u0431\u0440\u0430\u043d\u043d\u044b\u0439 \u043d\u0430\u043f\u043e\u0440\u043d\u044b\u0439 \u0431\u0430\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/lb.ua\/society\/2015\/02\/23\/296529_prokuror_harkova_uvolilsya_tri_dnya.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met oudkommandant Willem Ratte se eerste hofverskyning op Maandag 11 Oktober het \u2018n Afrikaanse vroue-aanklaer die saak hanteer en \u2018n voorstel gedoen om die aangeklaagdes teen Vrydag op waarskuwing uit te laat terwyl die saak ondersoek word en hulle deur korrektiewe dienste gemonitor word. Intussen het \u2018n aggressiewe swart aanklaer, Fanie Vundla, oorgeneem wat op [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-9537","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9537","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9537"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9537\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9537"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9537"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9537"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}