{"id":9535,"date":"2010-10-17T07:12:37","date_gmt":"2010-10-17T07:12:37","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9535"},"modified":"2010-10-17T07:12:37","modified_gmt":"2010-10-17T07:12:37","slug":"dis-haaie-teen-wp","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9535","title":{"rendered":"Dis Haaie teen WP"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Tiaan Liebenberg van WP word deur 'n Cheetah-speler gelak\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/10\/liebenberg_tiaan.jpg\" width=\"251\" \/>In die jare toe Curriebekerspanne nog met die trein gereis het, en geld bitter skraps was, het \u2018n Vrystaatspan bestaande uit net die 15-tal Nuweland toe gereis. Op die trein is lekker gekuier, en een van die voorspelers het sy knie seergemaak. Toe di\u00e9 speler die Saterdag op Nuweland se stasie afklim, is die been stokstyf. Omdat hy noodgedwonge moes speel, is hy aanges\u00ea om na die beste van sy vermo\u00eb die laaste vesting saam met die heelagter te verdedig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die broeke wat destyds tot by die knie\u00eb gekom het moes die speler wat so met sy stywe been heen en weer oor die veld gepiekel het \u2018n groot indruk gemaak het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na die wedstryd is die Vrystaatse kaptein naby die Suid-pawiljoen, toe een van die toeskouers vir hom vra: \u201cWaar kry mastah-hulle daai voelbek met die houtbeen?\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Saterdag in die halfeindstryd op Nuweland kon die voelbek met die houtbeen netsowel gespeel het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor twee weke spook die Haaie en die WP in Durban sake om 2010 se Crurriebeker uit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die Blou Bulle se neerlaag van 16 \u2013 12 in Durban teen die Haaie, was kanse vir \u2018n eindstryd in Bloemfontein daarmee heen \u2013 wat in elk geval geblyk het van akademiese belang te wees toe die Cheetahs vergeet het om op Nuweland op die veld te draf.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die halfeindstryd in Durban sal waarskynlik meer onthou word vir die byeswerms wat die aanbreek van die wedstryd vertraag het, en toe ook die Kaapse wedstryd laat laat begin het. Die Haaie het sommer met die afskop \u2018n voorbeeld van balretensie gestel wat na \u2018n rits fases op \u2018n drie uitgeloop het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Later het re\u00ebn die bal seepglad gemaak, en veral die Bulle het meer met die voet probeer aanval, en so waarskynlik ook hul laaste wenkans verongeluk deur in die doodsnikke die bal vir die jong Lambie wat op heelagter moes uithelp geloods het, en besit afgestaan het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nietemin, die re\u00ebn het \u2018n invloed gehad, en die Bulle kon netsowel as die wenners van die veld gestap het, en sou waardige eindstrydmededingers kon wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat kan van die Cheetahs ges\u00ea word?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die afgelope dekade al eindig die Cheetahs se \u201ctaktiese\u201d skopwerk gereeld onder hul eie pale. Heel dikwels het hierdie stroomop-drie\u00eb die verskil tussen wen en verloor gemaak, en \u2018n mens sou verwag dat die Blikore oor hierdie mamparraskoppe sou begin besin. Maar watwou, toe die sportskrywers eers begin skryf oor meer skoprugby in die uitkloprondtes, en die verwagte tweestryd tussen Generaal de Waal en Louis Strydom, was die skrif vir die Cheetahs reeds aan die muur.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of meer hardlooprugby vir die Cheetahs veel meer heil sou bring is ook \u2018n ope vraag deurdat dit by tye gelyk het of die Vrystaters die heel week aanslane geoefen het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die re\u00ebls van moderne rugby is egter ontwerp om balretensie en hardlooprugby te bevorder, en dit was selfs daarv\u00f3\u00f3r die Wit Tornado se kenmerk. Maar stelselmatig het die bal in die hand wat die werk moet doen, plek begin maak vir uitdrukkings soos skoppe in die hoeke, en speel in die opponente se halfgebied. En dis uit daai einste halfgebiede waaruit die teenstanders nou al \u2018n dekade lank pasellabesit kry en drie\u00eb druk. As dit die afdanking van die Naka en Hawies beteken om die siekte uit die Vrystaat te kry, dan moet dit so wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik was die WP 31 \u2013 7 baas.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op vertonings in die halfeindstryd geoordeel moet die WP \u2013 wegwedstryd ten spyt \u2013 as gunstelinge beskou word. Beide spanne het skynbaar net nie swak skakels nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\/tematicheskie-igrovye-nabory\/kuhni\">\u043a\u0443\u0445\u043d\u044f \u0456\u0433\u0440\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/extrimcams.com.ua\/object\/dostavka-avia-i-sudoxodnimi-liniyami-topcargo\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die jare toe Curriebekerspanne nog met die trein gereis het, en geld bitter skraps was, het \u2018n Vrystaatspan bestaande uit net die 15-tal Nuweland toe gereis. Op die trein is lekker gekuier, en een van die voorspelers het sy knie seergemaak. Toe di\u00e9 speler die Saterdag op Nuweland se stasie afklim, is die been [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":9534,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[],"class_list":["post-9535","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c78-rugby"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9535","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9535"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9535\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9534"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9535"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9535"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9535"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}