{"id":9527,"date":"2010-10-13T07:47:49","date_gmt":"2010-10-13T07:47:49","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9527"},"modified":"2010-10-13T07:47:49","modified_gmt":"2010-10-13T07:47:49","slug":"politieke-korrektheid-die-diktatuur-van-die-liberalis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9527","title":{"rendered":"Politieke korrektheid die diktatuur van die liberalis"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die rissiepit-aktivis Rhoda Kadalie skroom nie om haar mond behoorlik uit te spoel nie, en indien daar heilige koeie is wat sy nie slag nie, is hulle bitter skaars.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pas het sy in haar rubriek in Die Burger die stelling gemaak dat politieke korrektheid die diktatuur van die liberalis is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit staan wel in \u2018n bepaalde konteks, naamlik Suid-Afrikaanse universiteite wat nie meer \u2018n ellelange lys van top universiteite haal nie, behalwe die Universiteit van Kaapstad, wat bowendien so erg die kreeftegang op die indeks gaan dat dit binnekort sal aftuimel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kadalie meen ten regte dat universiteite se prim\u00eare taak is om opvoedkundige inrigtings van akademiese uitnemendheid moet wees. \u2018n Knievallery voor die regering plaas die hoofdoelwit egter baie laag, indien hoegeneemd, op die agenda.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat di\u00e9 onderwerp ter sprake kom kort nadat Ikeys se rasgebaseerde keuringsbeleid by sy mediese fakulteit erg deurgeloop het, is nie toevallig nie. Die ironie was dat ander rektore, wat maar self agter die deur staan, die UK oor sy benadering gestriem het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit staan egter ook in die konteks van \u2018n omvattender kwessie wat rondom die ABSA-transformasiedebakel in rugby losgebars het. Die uitvoerende hoof, Maria Ramos, het petrol op die vuur gewerp deur te verklaar dat ABSA tot transformasie verbind is, en, verwysend na die borgskap, dat die ontvanger die lied moet sing van die een wie se brood hy eet.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar transformasie staan nie in die grondwet nie. Trouens, regstellende aksie ook nie in soveel woorde nie, en nog minder affirmative action wat juridies eintlik \u2018n ander, ras-nepotistiese betekenis het. Wat die grondwet wel bepaal is dat wetgewende en ander maatre\u00ebls getref kan word om diegene wat weens onbillike diskriminasie in die verlede benadeel is, se posisies te beskerm en te bevorder. Naas ras, is daar \u2018n hele spektrum van kriteria, soos gestremdhede. Soos die grondwet nou lees, kan enigeen wat deur die regering se beleid van affirmative action of transformasie benadeel is, nou op regstellende aksie aanspraak maak. Veral mense wat hoofsaaklik uit die post-1994-bedeling stam, kan aanvoer dat die diskriminasie teen hulle aan die onbillikheidsvereiste voldoen.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hoofargument teen die transformasieprogram is dat dit rasgebaseer is, terwyl die grondwet in beginsel nie-rassigheid bevorder. Transformasie staan egter ook regstreeks teenoor Artikel 6.2 van die grondwet vereis dat die staat aktiewe maatre\u00ebls moet instel om die status en gebruik van inheemse tale te bevorder. Terwyl die regering moontlik sal aanvoer dat Afrikaans nie \u2018n inheemse amptelike taal is nie, kan daar by niemand enige twyfel wees dat Engels beslis nie \u2018n inheemse taal is nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Retore en universiteitsrade is weens staatsubsidies in wese geen alternatief gelaat as om uiters versigtig met die regering van die dag om te gaan nie. Dit strek egter nie die regering tot eer dat universiteitshoofde&nbsp; voor \u2018n keuse van verbintenis tot die grondwet, of regeringsbeleid wat daarmee strydig is, gestel word nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Word egter na die briewekolomme gekyk, is dit duidelik dat Kadalie \u2018n punt beet het. Mense wat hul rug styf maak en op hul grondwetlike, kulturele regte aandring, soos moedertaalonderrig by die Universiteit van Stellenbosch, word erg met die teerkwas bygedam. In \u2018n stadium het die skelwoord, nieu-konserwatief, mode geword, en was veral gemik teen mense wat eens as die voorste drywers van verandering beskou is, maar halt geroep het waar die baba saam met die badwater uitgegooi word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pas het die minister van Kuns en Kultuur aangekondig dat oorweeg word om die verskillende museums in Bloemfontein in een struktuur op te neem, wat onder andere NALN en die Oorlogsmuseum insluit. Die motief: Om transformasie te versnel. Gaan dit teen di\u00e9 agtergrond moontlik wees om grondwetlik gewaarborgde kultuurregte te behou?&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; <strong><br \/><\/strong><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free rainbow riches no deposit<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.rbc.ua\/rus\/news\/harkovskoy-oblasti-prokuratura-razoblachila-1498048589.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die rissiepit-aktivis Rhoda Kadalie skroom nie om haar mond behoorlik uit te spoel nie, en indien daar heilige koeie is wat sy nie slag nie, is hulle bitter skaars. Pas het sy in haar rubriek in Die Burger die stelling gemaak dat politieke korrektheid die diktatuur van die liberalis is. Dit staan wel in \u2018n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9527\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Politieke korrektheid die diktatuur van die liberalis&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9527","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9527","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9527"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9527\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9527"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9527"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9527"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}