{"id":9510,"date":"2010-10-11T05:10:51","date_gmt":"2010-10-11T05:10:51","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9510"},"modified":"2010-10-11T05:10:51","modified_gmt":"2010-10-11T05:10:51","slug":"nuwe-klankie-van-gerwel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9510","title":{"rendered":"Nuwe klankie van Gerwel?"},"content":{"rendered":"<p><strong><em>Afriforum dwing nuwe denke af<\/em><\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het al dikwels die ANC gekritiseer, en dis goed gedokumenteer, skryf prof. Jakes Gerwel in sy gereelde rubriek in Rapport.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omdat ek daardie kritiek gemis het, of as meer apologie vir die ANC as beskou het, laat ek dit daar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Paar ander stellings kan egter nie sommer net so gelaat word nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gerwel is ongelukkig oor die kritiek op die ANC soms die vorm aanneem as sou die ANC die landsvyand wees. Hy meen dat \u2018n party wat 60 % van die stemme trek tog nie die vyand kan wees nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die lastigheid van \u2018n rubriek in \u2018n gedrukte koerant is dat daar \u2018n ruimtebeperking is, en dat \u2018n mens maklik verkeerd verstaan kan word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Jode sou immers effens anders oor so \u2018n stelling voel, nadat Hitler en sy Nazi-party demokraties in Duitsland aan bewind gekom het. Die Armeni\u00ebrs voel heel anders oor die jong Turke se revolusie teen die Sultan wat op \u2018n demokrasie uitgeloop het, maar ook die volksmoord op die Armeni\u00ebrs tot gevolg gehad het. Die Koerde het ewe-eens bitter min van daardie demokratiese vryhede geniet en het hul effens verbeterde posisie weens druk van die Europese Unie te danke, nie weens die demokratiese orde in hul eie land nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Baske en Kataloni\u00ebrs sal ook die een en ander te vertelle h\u00ea oor hul posisie binne die demokratiese Spanje.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat Gerwel se jongste rubriek insiggewend maak is dat hy nou uit pas raak met ander bruin rubriekskrywers wat in die jongste tyd nostalgie-aanvalle oor die struggle-era beleef (onder meer goed gemanifesteer in die ABSA-transformasiedebat). Rubriekskrywers soos Henry Jeffreys en prof. Jonathan Jansen. Gewoonlik sing Zelda Jongbloed heerlik saam in hierdie koor.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gerwel doen moeite om afstand tussen hom en dr. Danny Titus te plaas, maar ontdek skoorvoetend raakvlakke.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy grootste erkenning is egter dat die ANC \u2018n vrot regering mag wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die politieke wetenskap word \u2018n term gereeld gebruik: die diktatuur van die meerderheid. Selfs Nelson Mandela het meer as een keer daarop gewys dat een soort oorheersing net so verkeerd as \u2018n ander soort is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie nuwe oorheersing het lank in sekere kringe weggekom onder die vaandel van sulke terme soos transformasie en regstellende aksie. Wat Solidariteit \/ Afriforum se veldtog gedoen het, was om die valsheid hiervan af te ruk. Vir baie was die tyd om tot die besef te kom dat daar geen verskil tussen rassisme en rassisme is nie (dis net \u2018n ander drywer), te gou, en word daar pateties wal gegooi, word hard probeer om die nuwe rassisme \u2018n baadjie van fatsoenlikheid aan te trek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afriforum word gereeld bloot ge\u00ebtiketteer, en eerder persepsies as feite ingespan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat Solidariteit en Afriforum (dalk onbedoeld) reggekry het, was om mense te laat dink. Baie mense dink vir skynbaar die eerste keer oor die kwessie, en sommiges hou nie van die antwoorde nie. Dit beteken hulle moet of hul geykte denke vasvernis, of die pad tot oper denke aanpak. Baie reageer nog in skok \u2013 impulsief vanuit hul eng hoekies.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bruin gemeenskap word waarskynlik die meeste deur die nuwe gewaarwordings geraak. Die post-1994-bedeling het hul posisie nie so positief geraak soos hulle verwag het nie &#8230; sonder die ou Administrasie :Raad van Verteenwoordigers, sonder die bruin ontwikkelingsvoorkeurgebiede, is baie van hulle trouens swakker af, en kry nou eers weer \u2018n effense terugtrap met die unieke status wat die Wes-Kaap en talle munisipaliteite beleef wat nie in ANC-hande is nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gerwel is gans te ANC-gekompromiteer om \u2018n volledig et die party te breek wat vir die, soos hy dit stel, vrotsige regering, verantwoordelik is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar iewers is iets aan die gebeur.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/\">\u0456\u0433\u0440\u0443\u0448\u043a\u0456<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/62806-pamyatnik-ivanu-sirko-popolnil-ryady-dostoprimechatelnostej-xarkova.html\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Afriforum dwing nuwe denke af Hy het al dikwels die ANC gekritiseer, en dis goed gedokumenteer, skryf prof. Jakes Gerwel in sy gereelde rubriek in Rapport. Omdat ek daardie kritiek gemis het, of as meer apologie vir die ANC as beskou het, laat ek dit daar. \u2018n Paar ander stellings kan egter nie sommer net [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9510","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9510","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9510"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9510\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9510"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9510"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9510"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}