{"id":9509,"date":"2010-10-11T05:06:50","date_gmt":"2010-10-11T05:06:50","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9509"},"modified":"2010-10-11T05:06:50","modified_gmt":"2010-10-11T05:06:50","slug":"curriebeker-kushalfeindstryde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9509","title":{"rendered":"Curriebeker: Kushalfeindstryde"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Saterdagoggend 9 Oktober 2010 moes nog net twee vrae beantwoord word: Gaan die Cheetahs Nuweland toe moet reis vir sy halfeindstryd teen die WP, en gaan Bjorn Basson die alleenhouer vir die meeste Curriebekerdrie\u00eb in \u2018n seisoen word?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was na die Leeus die vorige aand aapstert by die Pumas gekry het en die Johannesburgers se buitekans om nog \u2018n halfeindwedsteyd te haal, omtrent soos om bloed uit \u2018n klip te wurg, verongeluk het, en die Cheetahs met die Luiperds weggehol en volpunte gekry het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voor die WP-Haaiewedstryd het nog net een vraag oorgebly: Halfeindstryd op Nuweland of in die Rosestad? Bjorn het toe reeds twee keer agter sy toekomstige werkgewers se doellyn gaan kuier en die seisoenrekord syne gemaak, sonder die voorreg om nog in \u2018n halfeind of eindstryd betrokke te kon wees en sy rekord te rek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op Nuweland het die WP Haaibiltong gemaak. Die gevolg is dat Cheetahs die WP op Nuweland moet aandurf om sy kleim vir die eindstryd af te pen. Die Bulle is al span wat geen kans meer staan op \u2018n eindstryd op sy tuisveld nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In di\u00e9 stadium lyk dit glad nie onwaarskynlik nie dat die Blou Bulle die eindstryd sal haal nie. Die Pretorianers se Springbokke het nou kans gehad om teen die omgesukkelde Griekwas \u2018n voete in die span te vind, en dit sal \u2018n goed-geoliede masjien sonder swak plekke wees wat Durban toe opruk. Die Haaie het heelwat dinkwerk om te doen. Die beginkombinasie wat teen die WP ingespan is, het van die Haaie sardientjies gemaak, en eers na Skote Petoors teruggestuur is pawiljoen toe, Lambie na losskakel teruggekeer het en Louis Ludick uit die laaste vesting kon aanval, dat die Haaie na \u2018n span gelyk het wat nie Nuweland toe gekom het om aanslane te kom oefen nie. Beide spanne het drie drie\u00eb gedruk. Al het Francois Louw sy kompas tuis laat l\u00ea wat hom op die regte koers moet hou vir indons by losskrums, en al het Generaal de Waal \u2018n paar keer misgekorrel, was die WP se oorheersing so sterk dat die Kapenaars genoeg korrelkans pale toe gekry het om betreklik maklik te wen.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Bulle sal dus nie deur \u2018n eksperimentele span onthaal word wanneer die twee reuse mekaar in die halfeind die stryd aans\u00ea nie. Die Natallers kan nie nog so \u2018n getjommel soos die Nuwelandse aff\u00eare bekostig as die Natallers nog Curriebekerdrome wil koester nie. Hierdie wedstryd kan baie maklik harder rugby as die uiteindelike eindstryd oplewer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al was die Cheetahs in die vorige kragmeting teen die WP baas, wag \u2018n baie moeilike taak op die Blikore. Die Cheetahs het vanjaar uiters wisselvallig verdedig \u2013 van briljant tot uitermate vrot. Die span se min bonuspunte dui ook op \u2018n probleempie met deurdringingsvermo\u00eb, grootliks te wyte aan dieselfde wisselvalligheid as met die verdediging. Dit het die Cheetahs voortdurend in die versoeking gestel om die verdediging met \u201ctaktiese\u201d skopwerk te deurpriem, maar di\u00e9 maparraskoppe het meermale pasellabesit aan die opponente se snellers besorg en agter die Blikore se eie doellyn ge\u00ebindig. Dat die span \u2013 die verdoemende statistieke hieroor ten spyt &#8211; steeds volhou en byvoorbeeld Tewis de Bruyn juis weens \u201cskopvermo\u00eb\u201d bo die skerper Tertius Carse in te span, gee min aanduidings dat die Cheetahs hieroor gaan herbesin.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog, die Cheetahs het die bal effens meer begin dra, wat tot \u2018n paar drie\u00eb deur die vleuels gelei het, Meyer Bosman weer laat ontpop het, en Coenie Oosthuizen en selfs WP Nel drie\u00ebvrate gemaak het, terwyl Ashley Johnson week na week die oog vang. Teen die WP, met manne soos Gio Aplon agterlangs, kan mamparraskoppe erg berou word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die WP kan goed voel oor hoe sy Springbokke ingeskakel het, en selfs \u2018n paar buite-posisionele skuiwe genoodsaak het. Boonop, as plaasvervangings aangebring word, word die span eerder versterk as verswak. As Francois Louw net sy kompas gaan opspoor of \u2018n GPS persent kry, gaan die WP moeilik uit \u2018n eindstryd gehou word.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">online betting free<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/13\/189150.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u0435\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Saterdagoggend 9 Oktober 2010 moes nog net twee vrae beantwoord word: Gaan die Cheetahs Nuweland toe moet reis vir sy halfeindstryd teen die WP, en gaan Bjorn Basson die alleenhouer vir die meeste Curriebekerdrie\u00eb in \u2018n seisoen word? Dit was na die Leeus die vorige aand aapstert by die Pumas gekry het en die Johannesburgers [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[],"class_list":["post-9509","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9509","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9509"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9509\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9509"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9509"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9509"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}