{"id":9506,"date":"2010-10-08T08:09:41","date_gmt":"2010-10-08T08:09:41","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9506"},"modified":"2010-10-08T08:09:41","modified_gmt":"2010-10-08T08:09:41","slug":"anc-hunker-na-sosialisme","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9506","title":{"rendered":"ANC hunker na sosialisme"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die diskoers oor sosialisme in Suid-Afrika is nie onverwags nie, ook nie dat die denke sterk kommunisties-gerig is nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Saam met oehoeroe het die sg Afrika-sosialisme gekom, met oud-pres. Julius Nyerere van Tanzani\u00eb waarskynlik die bekendste eksponent. Die ujamaa wat sterk met di\u00e9 Afrika-sosialisme geassosieer is, was eintlik net die landboubeleid, en is van die begrip, gesinsverband, afgelei.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die harde werklikheid was dat Tanzani\u00eb \u2018n eenparty sosialistiese staat geword het en uiters krities teenoor kapitalisme was, wat die \u201cmens vreet mens-stelsel\u201d genoem is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nyerere was egter maar een van \u2018n lang lys Afrikaleiers wat di\u00e9 variasie van sosialisme op die proef gestel het. terwyl die eksponente van gewone Marxisme, soos Augustino Neto later gekom het. Hoe goed of sleg enige van di\u00e9 stelsels sou kon werk is \u2018n akademiese oefening, omdat korrupsie kort voor lank so goed in die omgewing van ingekorte vryhede gedy het dat die state se bodems uitgeruk is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika se weg na sosialistiese praatjies, hetsy afkomstig van Julius Malema of vanuit die SAKP, loop effens anders. Talle bekende ANC-leiers soos Nelson Mandela en Thabo Mbeki was in stadiums kommuniste, en vandag nog het die SAKP \u2018n stewige posisie binne die ANC. Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, is \u2018n kommunis, en so ook dr. Blade Nzimande en die minister van landbou, Tina Joemat-Pettersson.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voor 1994 het die ANC ook baie milit\u00eare steun vanuit die kommunistiese blok gekry, iets wat skynbaar meer gewig tel as die ekonomiese en diplomatieke hulp wat vanuit die Weste ontvang is. Hoewel min van hierdie lande, soos Rusland en Oos-Duitsland, vandag nog kommunisties is, boesem die term \u201ckommunisme\u201d by baie nie dieselfde weersin in as by die meeste westerse lande nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl Malema die voorprater vir die nasionalisering van myne, en nou ook banke is, trap die SAKP water hieroor. Opportunisme hang sterk in die lug. Verskeie van die swart bemagtigde myne is erg in die sop, en om dit te nasionaliseer, bied \u2018n grasievolle uitkoms. Nzimande, wat bevestig die SAKP staan nasionalisering voor, wys juis daarop dat die nasionalisering van myne dikwels op die nasionalisering van skuld sal neerkom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Te veel nasionalisering verklein natuurlik ook die poel waarheen kaders vir swart ekonomiese bemagtiging ontplooi kan word. In ekonomiese terme word die staat nie om dowe neute as die onproduktiewe sektor beskryf nie, en so lank sekere sektore in privaat besit is, is daar hier en daar ruim om te skep en kaders te verryk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop het die laaste Suid-Afrikaanse party wat amptelik sosiaal-demokraties was, die Onafhanklike Demokrate, in die liberaal-demokratiese DA opgegaan, en is daar nie nou in Suid-Afrika \u2018n politieke heenkome vir hierdie meer Westerse variasie van sosialisme nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die werklikheid van die w\u00eareldekonomie een ding aandui, is daar nog \u2018n diepgewortelde idealisme vaardig, en word gereeld gehunker na die voorbeelde wat Kuba, en deesdae Venezuela stel. Beide di\u00e9 lande spartel baie na aan die onderpunt van die internasionale persvryheidsindeks, \u2018n duidelike aanduiding van die vryheidsprys wat di\u00e9 lande se inwoners vir hul sogenaamde sosialistiese paradys moet betaal. Venezuela se relatiewe ekonomiese sukses is grootliks aan sy fabelagtige olierykdomme te wyte as enige sweempie van sosialistiese sukses. Die ekonomiese inploffing van kommunistiese lande soos die voormalige Oos-Duitsland en ander lande agter die ystergordyn, behoort waarskuwingsligte te laat flits.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\/tvorchestvo\/doski-i-party\">\u043d\u0430\u0431\u043e\u0440\u044b \u0434\u043b\u044f \u0442\u0432\u043e\u0440\u0447\u0435\u0441\u0442\u0432\u0430 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0442\u0435\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/society\/64045-danilchenko-yu-b-i-prokuratura-zhdut-maksimalnogo-nakazaniya-dlya-organizatora-russkoj-vesny.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die diskoers oor sosialisme in Suid-Afrika is nie onverwags nie, ook nie dat die denke sterk kommunisties-gerig is nie. Saam met oehoeroe het die sg Afrika-sosialisme gekom, met oud-pres. Julius Nyerere van Tanzani\u00eb waarskynlik die bekendste eksponent. Die ujamaa wat sterk met di\u00e9 Afrika-sosialisme geassosieer is, was eintlik net die landboubeleid, en is van die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9506\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ANC hunker na sosialisme&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[10481],"class_list":["post-9506","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-anc-hunker-na-sosialisme"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9506","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9506"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9506\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9506"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9506"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9506"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}