{"id":9500,"date":"2010-10-08T07:10:11","date_gmt":"2010-10-08T07:10:11","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9500"},"modified":"2010-10-08T07:10:11","modified_gmt":"2010-10-08T07:10:11","slug":"regstellende-aksie-ook-onregverdig-teenoor-bekwame-swartes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9500","title":{"rendered":"Regstellende aksie ook onregverdig teenoor bekwame swartes"},"content":{"rendered":"<div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Regter in die Gauteng-Noord hooggeregshof, regter Elias Matojane,het gister een van die verdagtes in die Eugene Terre\u2019Blanche moordsaak, Chris Mahlangu, se borgtog teruggetrek. In die uitspraak het hy die landdros op Ventersdorp wat borgtog toegestaan het, mnr Magaola Foso, gestriem. Die regter het nie doekies omgedraai nie en dele van die landdros se uitspraak as onverklaarbaar bestempel. Beide die regter en die landdros was swart.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die groot verloorder in die saak? Regstellende aksie en meer spesifiek regter Matojane.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Want sien, of sommiges onder ons dit wil hoor of nie, maak die stert aan die regterkant van die normaalverdeling se klokkurwe van intelligensie, asook die groot aantal swartes in die land, dit onafwendbaar dat daar wel noodwendig hoogs intelligente, bekwame swartes moet wees, soos regter Matojane klaarblyklik is. &nbsp;Nes die stert aan die linkerkant van daardie selfde klokkurwe daarop dui dat daar minder intelligente, minder bekwame blankes sal wees. Kyk bloot na die meerderheid linkses in blanke geledere, en helaas selfs \u2018n paar&nbsp;in regse geledere&#8230;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Benewens die feit dat regstellende aksie in wese &nbsp;swart-op-wit apartheid en rassisme verteenwoordig, verteenwoordig dit ook \u2018n onreg aan die intelligente en bekwame swartes. Gister se hofuitspraak is \u2018n uitstekende voorbeeld daarvan. Een van die twee hofbeamptes is klaarblyklik nie op grond van bekwaamheid aangestel nie, maar die ander wel, te oordeel aan die striemende uitspraak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek as \u2018n leek in terme van die gereg sit egter na dese en wonder of ek almal in die regstelsel kan vertrou. As ek ooit in \u2018n hofsaak betrokke gaan wees, gaan dit nie \u2018n soort lotery wees wat gaan bepaal of ek \u2018n bekwame hofbeampte gaan kry wat my saak aanhoor nie? Gaan die landdros of regter iemand wees wat daar is omdat hy swart is, of omdat hy bekwaam is? As ek nie bewus was van sy uitspraak in gister se verhoor nie, sou ek waarskynlik ook na regter Matojane gekyk het en dieselfde twyfel beleef het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Natuurlik is my vertwyfeling onregverdig teenoor regter Matojane, wat waarskynlik wel heel in staat is om sy pligte behoorlik uit te voer, maar dis eweneens nie \u2018n onredelike vrees aan my kant nie. Die obsessie wat die ANC bewind het met koppetellery op rasgronde, bring mee dat regstellende aksie noodlottig gekompromiteer is. Die noodwendige uitkoms van \u2018n blote koppetellery is dat standaarde moet daal en mense se lewens word dikwels sodoende in die gevaar gestel. Robert Mugabe vlieg byvoorbeeld gereeld Europa of Ooste toe vir mediese behandeling. Waarom sou hy nie Afrika se dokters vertou nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog \u2018n voorbeeld van die standaarde wat moet sak agv regstellende aksie se obsessie met getalle, is Suid-Afrika se vlie\u00ebniers. Dit is welbekend dat die Suid-Afrikaanse Lugmag sukkel om swart loodse op te lei. Generaal \u2013Majoor Lucky Ngema, die hoof van opleiding in die Lugmag, sug byvoorbeeld: \u201c<em>Each time black Africans get the opportunity to be trained, they fail the course. We had situations in which we would put 30 black people on the training course and all of them would fail.<\/em>\u201d Die uitkoms hiervan was dat standaarde verlaag is vir swartes in die Lugmag se vlie\u00ebniers se opleidingskursusse. Blanke leerling-vlie\u00ebniers wat gedruip het, is ontslaan sonder om &#8216;n tweede kans te kry, maar swartes is herhaaldelik die geleentheid gegun om dit te probeer deurkom, met rampspoedige gevolge vir veiligheid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek is weer eens seker daar moet wel noodwendig swartes met die nodige aanleg wees om vlie\u00ebniers te word, en om die kursus met die eerste probeerslag te slaag, maar hoe kan mens seker wees jy is veilig op \u2018n vliegtuig met \u2018n swart loods in beheer as die keurings- en opleidingsprosesse eerder oor die kandidaat-vlie\u00ebniers se velkleur gaan, as oor hulle verstandelike vermo\u00ebns en hul aanleg vir vlieg? Dis net skynheiliges wat ewe veilig sou voel ongeag of dit Sipho of Sakkie is wat die vliegtuig vlieg. &nbsp;As die loods se naam Sakkie is, kan jy daarop reken dat&nbsp;sy kwalifikasie as vlie\u00ebnier&nbsp;oor meriete gegaan het, maar Sipho\u2026. Die koppetellery waarmee regstellende aksie noodwendig gepaard gaan, is egter nie net die publiek wat in gevaar gestel word nie, maar ook onregverdig teenoor diegene wat wel bekwaam genoeg is, maar toevallig swart. As Sipho se passasiers kriewelrig is omdat hy swart is, is ek jammer vir Sipho as hy op meriete in die stuurkajuit sit, maar die onverdedigbare stelsel van regstellende aksie wat teen wittes diskrimineer, moet die blaam daarvoor dra.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/\">\u0438\u0433\u0440\u0443\u0448\u043a\u0430 \u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u043d\u0435\u0442 \u043c\u0430\u0433\u0430\u0437\u0438\u043d<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34799\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Regter in die Gauteng-Noord hooggeregshof, regter Elias Matojane,het gister een van die verdagtes in die Eugene Terre\u2019Blanche moordsaak, Chris Mahlangu, se borgtog teruggetrek. In die uitspraak het hy die landdros op Ventersdorp wat borgtog toegestaan het, mnr Magaola Foso, gestriem. Die regter het nie doekies omgedraai nie en dele van die landdros se uitspraak &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9500\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Regstellende aksie ook onregverdig teenoor bekwame swartes&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[10479],"class_list":["post-9500","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-regstellende-aksie-ook-onregverdig-teenoor-bekwame-swartes"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9500","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9500"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9500\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9500"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9500"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9500"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}