{"id":9499,"date":"2010-10-08T05:44:47","date_gmt":"2010-10-08T05:44:47","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9499"},"modified":"2010-10-08T05:44:47","modified_gmt":"2010-10-08T05:44:47","slug":"goeie-ou-dae","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9499","title":{"rendered":"Goeie ou dae?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Bloot toevallig \u2013 op dieselfde SABC-nuusbulletin \u2013 breek twee uitgesproke rewolusion\u00eare by twee verskillende geleenthede so ietwat van \u2018n lansie vir apartheid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eerste, \u2018n SADOU-vakbondbaas,     Thobile Ntola   wat s\u00ea die laaste ernstige onderwysersopleiding het ten tyde van apartheid plaasgevind. In dieselfde bulletin s\u00ea Julius Malema, toe hy studente van die eertydse Medunsa toespreek, nie alles van apartheid was sleg nie. Hy het dit teen die samesmelting van Medunsa en Turfloop in die Universiteit van Limpopo.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit staan weliswaar steeds ligjare van die goedpraat van apartheid, en dui hoogstens op \u2018n frustrasie met die ANC wat deeglik daarin geslaag het om \u2018n groepie stink ryk te maak, \u2018n nog groter groep in poste te plaas waarin hulle nie die mas opkom nie, maar \u2018n horde sonder werk sit. Onder laasgenoemde groep is daar al lank \u2018n groepie wat die apartheidsjare onthou as \u2018n tyd toe hulle werk gehad het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema en Ntola sal wel binne die ANC voor stok gekry word, en sal di\u00e9 soort praatjies gesmoor word. Malema en Ntola stook boonop verskillende vure: Ntola is \u2018n vurige aanhanger van Costau-baas Vavi, terwyl Malema onlangs nog \u2018n beroep op die ANC gedoen het om Vavi te dissiplineer. Ntola het weer \u2018n striemende aanval op die nasionaliste binne die ANC geloods, die tenderpreneurskap erg aangeval waarvan Malema \u2018n uitstekende voorbeeld is, en \u2018n sterk pleidooi vir die SAKP gelewer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen het pres. Jacob Zuma se gewildheid in metropolitaanse gebiede volgens TNS tot \u2018n nuwe laagtepunt, 42 % gedaal. Net meer as \u2018n jaar gelede was dit nog 58 %. Nog meer insiggewend was dat 44 % van die mense wat ondervra is, die meeste ooit, gemeen het die president is besig om gewoon te verbrou. Di\u00e9 opname is weliswaar gedoen tydens die groot staatsdiensstaking, en toe Zuma Sjina met \u2018n groot afvaardiging besoek het. Daardie besoek onder daardie omstandighede het ongaaf afgegaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tekens is daar dat die Suid-Afrikaanse politieke toneel danksy Zuma heel moontlik besig om die vloeibaarste in 16 jaar te word, wat in beginsel goed is vir demokrasie en die punt waar die ANC ernstig uitgedaag sal kan word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die mate waarin die kwessie van ras weer neig om sake te stagneer, blyk uit die kontroversie rondom die ABSA-kwessie. Op die gevaar af van oorvereenvoudiging, lyk dit asof \u2018n groot deel van die wit gemeenskap sat is dat rassekwessies in haas elke sfeer van die lewe ingesleep word, gewoonlik tot die wittes se nadeel, terwyl baie swart mense, blykbaar van alle vlakke, ABSA se standpunt steun, maar die steun duidelik aan die hand van rassekwessies motiveer. \u2018n Groot groep gekleurde meningsvormers \u2013 wat boonop wye mediablootstelling in die vorm van rubrieke geniet \u2013 soos Henrey Jeffreys, Ferial Haffajee en nou prof. Jonathan Jansen, tree volmondig vir ABSA in. Presies hoe di\u00e9 rassepolarisasie veronderstel is om transformasie te dien is onduidelik. Veel eerder lyk dit of hulle die ANC te hulp snel om die swart stemme, dus die meerderheid, ter wille van swart vir die ANC te konsolideer en sodoende die vloeibare politiek wat vir gesonde demokrasie nodig is, vries.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-69\/nastol-nye-igry\">\u043d\u0430\u0441\u0442\u043e\u043b\u044c\u043d\u044b\u0435 \u0438\u0433\u0440\u044b \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0432 \u043a\u0438\u0435\u0432\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.rbc.ua\/rus\/news\/harkovskoy-oblasti-prokuratura-razoblachila-1498048589.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Bloot toevallig \u2013 op dieselfde SABC-nuusbulletin \u2013 breek twee uitgesproke rewolusion\u00eare by twee verskillende geleenthede so ietwat van \u2018n lansie vir apartheid. Die eerste, \u2018n SADOU-vakbondbaas, Thobile Ntola wat s\u00ea die laaste ernstige onderwysersopleiding het ten tyde van apartheid plaasgevind. In dieselfde bulletin s\u00ea Julius Malema, toe hy studente van die eertydse Medunsa toespreek, nie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9499\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Goeie ou dae?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[10478],"class_list":["post-9499","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-goeie-ou-dae"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9499","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9499"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9499\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9499"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9499"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9499"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}