{"id":9498,"date":"2010-10-07T05:39:23","date_gmt":"2010-10-07T05:39:23","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9498"},"modified":"2010-10-07T05:39:23","modified_gmt":"2010-10-07T05:39:23","slug":"moraliteit-en-die-politici","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9498","title":{"rendered":"Moraliteit en die politici"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die striemende aanval van dr. Pallo Jordan op Julius Malema het nog \u2018n kwessie op die tafel geplaas, eerder as om dit iewers in die hoekie in vergetelheid te laat wegraak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema, wat gewoonlik die publiek se bloed laat kook, het onlangs sy organisasie se standpunte oor seksuele verhoudings gestel, wat weer deel uitmaak van die veldtog teen Vigs. Die kern hiervan is dat verhoudings monogaam moet wees, en dat die twee partye getrou aan mekaar moet wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jordan, soos baie ander, het dit as \u2018n aanval op pres. Jacob Zuma vertolk. Dit is ook nie vreemd nie: Zuma het drie wettige vroue, \u2018n verloofde by wie hy kinders het, en het boonop \u2018n kind by \u2018n huisvriend se dogter. Voorts is hy van die verkragting van \u2018n MIV-positiewe vrou aangekla. Dat hy vrygespreek is, word oorskadu deur die feit dat hy volgens sy eie getuienis gaan stort het om die moontlikheid van MIV-besmetting te voorkom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In moraliteitsterme is hy \u2018n poligamis en \u2018n owerspelige.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is dus die staatshoof wat buite die riglyne optree van die internasionale veldtog teen Vigs. Om nou iemand te roskam oor hy di\u00e9 riglyne, en sy organisasie se amptelike beleid stel \u2013 omdat dit \u2018n aanval op die staatshoof sou neerkom &#8211; kompliseer die veldtog teen Vigs oneindig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Parallel kan ook getrek word na die stryd teen korrupsie. Solank as wat sommige kaders nie hul dag in die hof kry nie, is daar min inspirasie vir ander met hul lang vingers in die kasregister om op te hou daarmee. So lank gaan sommiges onder hul eie welvaart strompel, en hoe meer gaan die mense in die middelklas word wat moet begin kies of hulle hul kragrekenings gaan betaal, of kos op die tafel gaan h\u00ea. Hoe meer gaan bejaardes wat hul lewe lank verantwoordelik met hul geld omgegaan het, op hul oudag besef dit was nie genoeg nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe meer munisipaliteite skep as wat gemeenskappe kan bekostig, hoe meer gaan die e-Colivlakke in waterstrome gemeet word, \u2018n duidelike aanduiding van riool. Al ontken die departement die krisis ook in al elf amptelike tale.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die W\u00eareldbank beskryf korrupsie immers as die diefstal van \u2018n land se toekoms.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraagtekens wat oor politici se moraliteit geplaas word is egter nie uniek aan Suid-Afrika nie. In Wes-Europa was \u2018n veldtog vir die opskerp van moraliteit onder die politici en die media hoog op die agenda, en is 2008 selfs as die jaar van geestelike higi\u00ebne verklaar, toe die inhaligheidsvlakke van die korporatiewe w\u00eareld die publiek w\u00eareldwyd geskok het, en die w\u00eareld in \u2018n ekonomiese krisis gedompel het. Di\u00e9 skok is vergroot deur instansies wat staatshulp as reddingsboeie gekry het, en dan sommer dadelik van daardie geld gebruik het om weer fabelagtige bonusse aan die topbestuur te betaal.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Ysland, tradisioneel \u2018n besonder persvrye land, het die bankbase wat die krisis daar veroorsaak het, arga\u00efese regsre\u00ebls ingespan om hulself teen mediakritiek te verskans \u2013 met die gevolg dat daardie regsre\u00ebls gewys is en Ysland nou die toon met mediavryheid aangee. Politici het vernuftig die vraagtekens oor hul eie moraliteit afgeskud deur moraliteit sterk in hul ekonomiese herstelplanne in te skryf.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika is die program rondom mediavryheid stroomop, en duidelik teen die internasionale mening in, soos uit die vrae aan pres. Zuma tydens sy besoek aan die Euro-parlement geblyk het. Iets wat nou ook soos \u2018n seer duim begin uitstaan, is die alles-omvattende rassebeleid met \u2018n magdom rasgedrewe wette en maatre\u00ebls om glo rassisme teen te werk. Hierdie transformasieprogram begin nou dieselfde vlakke van belaglikheid bereik as die argumente wat nou ingespan word om Malema \u2013 die een keer wanneer hy die regte ding s\u00ea \u2013 die mond te snoer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die knak wat die vertroue in die w\u00eareldekonomie gekry het, word hier ook aangewend om die sosialismeknoppie baie harder te druk. Die saad van hierdie veldtog val op vrugbare grond omdat Suid-Afrika die grootste meetbare inkomstegaping ter w\u00eareld het, met boonop \u2018n baie ho\u00eb werkloosheidsyfer. Die gewone kieser hier verstaan nie die omvang van die skade wat sosialisme aan \u2018n ekonomie aanrig nie, anders as die Duitsers wat twee dekades lank miljarde Euro\u2019s in die voormalige Oos-Duitse ekonomie moes pomp om \u2018n mate van pariteit te bewerkstellig.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\">\u0434\u0435\u0442\u044f\u043c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/society\/2017\/10\/26\/190184.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die striemende aanval van dr. Pallo Jordan op Julius Malema het nog \u2018n kwessie op die tafel geplaas, eerder as om dit iewers in die hoekie in vergetelheid te laat wegraak. Malema, wat gewoonlik die publiek se bloed laat kook, het onlangs sy organisasie se standpunte oor seksuele verhoudings gestel, wat weer deel uitmaak van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9498\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Moraliteit en die politici&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-9498","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9498","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9498"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9498\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9498"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9498"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9498"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}