{"id":9495,"date":"2010-10-06T08:58:01","date_gmt":"2010-10-06T08:58:01","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9495"},"modified":"2010-10-06T08:58:01","modified_gmt":"2010-10-06T08:58:01","slug":"ons-b-bank-ons-b-bok-ons-b-boere-wat-is-volgende-ons-bobotie-biltong-en-boerewors","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9495","title":{"rendered":"Ons b-bank, ons b-bok, ons b-boere \u2013 wat is volgende, ons bobotie, biltong en boerewors?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dit is baie duidelik dat die kommuniste nou behoorlik aan die gang gekom het, om ons Afrikaners se hoekstene weg te kap, en die ANC se kommunistiese onderrok hang al verder uit. Dit is \u2018n erkende aspek van sielkundige manupilasie, dat as jy mense se simbole en fondamente wegvat, hulle identiteitloos en sonder samebindende emosie sit. Dit maak hulle \u2018n maklike prooi vir indoktrinasie tot \u2018n nuwe ideologie, denke en leefwyse. Hierdie is natuurlik \u2018n algemene indoktrinasiemetode in alle weermagte,&nbsp; om goeie soldate te maak. Die nuwe rekrute word individueel afgebreek en ontneem van \u2018n eie identiteit om in te pas by die groepsidioom. \u201cHulle breek jou eers af, dan bou hulle jou in die spanspeler (of groepsidioot) wat hulle wil h\u00ea.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dieselfde taktiek is uitmuntend suksesvol gevolg deur die kommuniste n\u00e1 die Tweede Wereldoorlog in al die lande wat hulle ingeneem het. In Rusland is godsdiens verban, in China is kinders van hulle ouers vervreem om nie die eeu-oue Chinese tradisies te leer nie. Die basiese idee? Neem hulle unieke identiteit weg \u2013 alles wat hulle uniek maak, en dan gee jy aan hulle die groepsidentiteit wat die regering behaag. Gebeure van die afgelope tyd begin op \u2018n gefokusde aanslag op die Afrikaner se identiteit dui. Kom ons kyk chronologies na hierdie nuwe aanslag:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">1.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die ANC is stelselmatig besig om \u2018n berekende aanslag op Afrikaans te maak, en hulle hoofteikens is die skole en veral die universiteite. Breek \u2018n taal as intellektuele medium, en jy breek sy krag om te groei en lewend te bly. Een vir een is die Afrikaanse universiteite afgetakel; Kovsies was die tweede laaste een, en nou begin hulle by Potchefstroom. Daar is alreeds \u2018n geroep uit die gekkekoor dat Model C-skole moet verdwyn.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">2.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die ANC maak bekend dat hulle alle landbougrond tot nasionale bate wil verklaar, en die grond nasionaliseer vir \u2018n paggebruikstelsel. Afgesien daarvan dat dit niks anders as die kommunistiese ideologie is van alles behoort aan die staat, nie en almal werk vir die glorie van die massas, is dit ook die basisbeginsel van die swartes se lewensfilosofie, Ubuntu, dat die land aan almal behoort, via die stamhoof. Dit is hoekom swartmense nie glo aan grensdrade nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">3.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die bogenoemde beleid word dan gefokus op veral jagplase, wat volgens die kommuniste nie produktief is nie. Dit word ges\u00ea ongeag die feit dat die jagbedryf jaarliks miljarde rand se buitelandse valuta en inkomste vir die ekonomie verdien. Maar natuurlik! Jag&nbsp; is hoofsaaklik \u2018n blanke tydverdryf en ook, as daar geen jagplase is nie, is dit onnodig vir enige blanke om \u2018n jaggeweer te besit. Die minister van polisie het dit duidelik gestel \u2018n paar maande terug: \u201cAlgehele ontwapening van die burgerlike bevolking is nog steeds ons uiteindelike doel.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">4.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die ANC maak bekend dat hulle reeds duisende blankes, en veral Afrikaners as lede het. Baie moontlik gaan die na\u00efewe blankes dit glo, en skielik word lidmaatskap van die ANC die \u201cin-ding\u201d.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">5.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Indoena Zuma&nbsp; besoek Orania om \u201cgoeie\u201d verhoudinge met die Afrikaner te bou.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">6.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die ANC maak bekend dat hulle blankes wil teiken om lede te word, om hulle meer verteenwoordigend te maak van alle rasse. Dus: \u201cKom na ons toe, ons sal vir julle \u2018n nuwe veilige tuiste bied.\u201d Nt soos Dingaan Piet Retief en sy manne in die kraal ingenooi het vir \u2018n kalbassie bier en volkspele?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">7.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Absa gooi hulle kwotabom, en skielik begin hulle aan een van die Afrkaner se heilige koeie torring. Maria Ramos het nog geen enkele woord gerep oor die rykdom van die Afrikaner wat daardie bank gebou het nie, inteendeel daar is geen erkenning daarvoor nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">8.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Om die spyker dieper in te kap, help die IRB wragtag dat die\u201d heilige\u201d Springbok verban word (ons kon dit vat toe dit van die hart verskuif), na die mou, nogal op daardie deel van \u2018n rugbytrui waarmee die speler sy snotneus en spoeg afvee. Ek wed die ANC lag lekker oor hierdie een, en dit moet nog gesien word of die bok enigsins weer erkenning sal kry!<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">So wat het dit alles met die argument hierbo te doen? Kom ons kyk mooi na wat (onder baie ander faktore) \u2018n Afrikaner definieer:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">1.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Na \u2018n volk se uiterlike kenmerke soos velkleur en haarstruktuur, is taal \u2018n volk se mees herkenbare karaktertrek. Neem dit weg, en jy laat hom verward oor sy herkoms en sy interne kommunikasie. Ons ouer garde sukkel nou al om die \u201cmoderne\u201d Afrikaners se gebrabbel van S\u00eafrikaans te verstaan \u2013 \u2018n bastertaal van Adrikaans en Engels. Ons sukkel nie regtig nie, dit laat net baie sand onder mens se tande. Die ANC breek op hulle eie Afrikaans se status en belangrikheid so stukkie vir stukkie af. Die enigste staatsdepartment waarin jy nog Afrikaanse korrespondensie kry, is SARS, en dit moet baie rooi vlae laat opgaan. Die Afrikaner se bydrae tot die staatskas deur die belasting wat hy betaal, is wat die regering in staat stel om hulle korrupsie te finansier, en miljarde rande aan die kastige maatskaplike toelaes te betaal. Dit is niks anders as \u2018n vorm van herverdeling van rykdom nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">2.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Ons het Boerebloed in ons are. Ons stam almal van voorvaderboere af, almal het iewers familie op \u2018n plaas (gehad), en die Afrikaners is internasionaal bekend as mense wat \u2018n oes uit klippe kan boer. Dit is deel van ons identiteit. Neem ons Boerskap weg, en jy neem ons bakermat weg. Die groot gevaar vir ons is dat al hoe meer boere (Afrikaners) hulle uitsonderlike talente nou vir ander lande gaan aanwend. Tans is AgriSA in Georgi\u00eb, wat dringend Afrikanerboere soek om hulle landbousektor weer te gaan opbou. Dit maak dat die Afrikaner net nog meer verspreid oor die w\u00eareld gaan raak. En dit is vir die ANC \u2018n soete gedagte.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">3.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Om te jag was een van ons voorvaders se belangrikste maniere om kos op die tafel te kon sit, en dit het deel van ons karakter geword. Maar nie die swartmense nie. &nbsp;Ek self jag al jare en het nog nooit \u2018n swart jagter in my lewe te\u00e9gekom nie, behalwe di\u00e9 wat onwettig met honde kleinwild jag. Ook is jag natuurlik deel van die koloniale verlede van Afrika in die geheel. Dit lyk en ruik blank en Europees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">4.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Blankes, en veral Afrikaners het geen affiniteit vir of met die ANC nie. Dit is net nie iets wat mense wat nie hulle siele verkoop nie, doen nie. Maar deur net die idee tuis te bring dat dit nou eintlik sosiaal aanvaarbaar is om lid te word van die ANC, kan daar dalk \u2018n paar duisend mofskape om die bos gelei word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">5.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die Afrikaners is baie ordentlik en gasvry as dit ons pas. Indoena Zuma weet dat hy welwillendheid kan koop deur te gaan kuier by Orania, die huidige \u201chart en beeld\u201d van Afrikanervryheid&nbsp; (hoe beperk daardie vryheid ook al is.) Dit versterk die gevoel wat hulle wil skep dat daar \u2018n tuiste vir Afrikaners is onder die regerende kommuniste want hulle is dan nou so verdraagsaam en bedagsaam. Die Afrikaner kan baie na\u00efef wees aan die een kant, en ons het altyd die Joiner-element onder ons &#8211; \u2018n aspek waarvan die ANC deeglik bewus is.&nbsp; Daar is van ons mense wat sal val vir die soet heuning van verleiding. \u201cSluit aan by die ANC en werk saam vir ons land se toekoms.\u201d Jaaa, perde het horings ja en my oupa se koeie het gereeld oor die maan gespring.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">6.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Volkskas was een van die Afrikanerdom se grootste suksesse. Uit Federale Volksbeleggings waarin \u2018n verarmde volk elkeen sy paar sjielings of twee ponde in die hoed gegooi het, het die magtige Absa tot stand gekom. Die verswarting van daardie instelling wat eens \u2018n kroon op die Afrikaner se kop was, is nou gefinaliseer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">7.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Rugby is so deel van die Afrikaner se identiteit en psige, dit is \u2018n doktorale studie werd. Die eens magtige Springbokke en sy individuele helde, was vir die Afrikaner sy deeltjie van glorie en mannemoed waaraan hy sy hele lewe kon glo. Oumense vertel nou nog van \u201cdaai drie van Mannetjies Roux, Mof Myburgh wat die All Blacks flinters kon boks, Tiny Naude se skop, Dawie de Villiers se duikuitgee&#8230; Soos die Noord-Europe\u00ebrs hulle beroep op die legendes en glorie van die Noormanne en die Wikinge, kon ons ons nog altyd roem op die glorie van die Springbokke! Dit is ons afgod en ons Saterdaggodsdiens. Dit is ons mans se passasieritueel tot manwees. Jy moes rugby iewers in jou lewe gespeel het, anders is jy \u2018n sissie. Vat dit weg, en jy vat die Afrikaner se manwees weg?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Klink dit soos&nbsp; \u2018n belaglike \u201csamesweringsteorie\u201d? Miskien, maar eintlik doen die ANC net wat kommuniste doen \u2013 d\u00edt wat hulle doktrine hulle leer, en wat voorheen onder kommunisme gewerk het. Dus, \u2018n slim gefokusde strategie of nie, ons as Afrikaners moet kennis neem en wakker bly.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons&nbsp; moet eenvoudig nie toelaat dat hulle slaag nie. Deur ons mense op hoogte te hou van die slim taktieke wat teen ons aangewend word, sal mense toegerus wees om nie deur hulle foefies gekul te word nie. Ons mag nie toelaat dat hulle wen nie. Byvoorbeeld is rugby een van ons kleinnode, en al moet ons dan ons eie liga begin, dan doen ons dit. Ek sien baie jong boertjies met kort kakiebroeke en tweekleurhemde rondloop, wat sterk en jonk is. Ons moet ons eie spanne begin en \u2018n liga speel. Dink net aan die advertensie: Saterdag, Boererugby. Kleinfontein vs Orania, of Praag vs Die Boerevolk. As ons alles los wat dierbaar vir ons is, verloor ons, en hulle wen.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons moenie ons karakter verander en ons kultuur verloor, net omdat die ANC dit so wil h\u00ea nie. Ons moet nou begin beweeg om ons eie veilige biosfeer te skep. Met ander woorde, ons moet:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">1.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Ons eie ekonomie deur Afrikanerbanke skep en sover moontlik eksklusief net met mekaar besigheid te doen,<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">2.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Ons eie grondgebied bekom en \u2018n veilige blanke kolonie(s) te skep,<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">3.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Bou aan ons eie skole, en nuwes begin,<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">4.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Ons eie universiteit stig,<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">5.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Ons eie rugby liga stig &#8211; dit gaan klein begin, maar kan groot eindig,<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">6.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Ons boere en ons landbou beskerm met alles wat ons het, in ons eie gebiede, en<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">7.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Wee die donner wat aan ons bobotie, biltong of boerewors vat.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En binnekort, roep ons ons eie onafhanklike Vrye Boerestaat \/ Afrikanerrepubliek uit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ad Libertum&nbsp; Persequor!<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/statii\/monopoliya-luchiy-vibor-nastolnoy-igri-kotoraya-podoidet-luboy-kompanii\">\u043d\u0430\u0441\u0442\u043e\u043b\u044c\u043d\u0430\u044f \u0438\u0433\u0440\u0430 \u043c\u043e\u043d\u043e\u043f\u043e\u043b\u0438\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/kh.vgorode.ua\/refperson\/23722-danylchenko-yuryi-bronyslavovych\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is baie duidelik dat die kommuniste nou behoorlik aan die gang gekom het, om ons Afrikaners se hoekstene weg te kap, en die ANC se kommunistiese onderrok hang al verder uit. Dit is \u2018n erkende aspek van sielkundige manupilasie, dat as jy mense se simbole en fondamente wegvat, hulle identiteitloos en sonder samebindende emosie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[146],"tags":[],"class_list":["post-9495","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c153-hein-zaayman"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9495","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9495"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9495\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9495"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9495"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9495"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}