{"id":9492,"date":"2010-10-05T05:45:54","date_gmt":"2010-10-05T05:45:54","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9492"},"modified":"2010-10-05T05:45:54","modified_gmt":"2010-10-05T05:45:54","slug":"jansen-behoort-hom-in-swart-denke-te-verdiep","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9492","title":{"rendered":"Jansen behoort hom in swart denke te verdiep"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" \/>Prof. Jonathan Jansen se uitspraak dat die land op &#8216;n &#8220;rassevulkaan&#8221;  sit, is juis in di\u00e9 sin dat ras die grondslag van alle regeringsbeleid  geword het. Ook Ferial Haffajee van City Press meen in Rapport: &#8220;Dit is  ook vreemd dat mense wat voordeel getrek het uit apartheid \u2013 die  grootste kwotastelsel van die 20ste eeu \u2013 nou so vreeslik daarteen  gekant kan wees.&#8221; <\/p>\n<p>Dus, apartheid wat blankes bevoordeel het, was boos. Maar apartheid wat  swartes, bruines en Indi\u00ebrs bevoordeel, is goed en daaroor moet ons nie  kla nie. As Jansen praat van woede onder die wit jeug, bedoel hy ook  eintlik dat ons jongmense nie onderdanig genoeg is om hul  tweedeklasburgerskap te aanvaar nie. <\/p>\n<p>Te midde van die gereelde propaganda-uitsendings van die SAUK-TV was  daar Sondagaand insgelyks &#8216;n ellelange uitsending oor die swart  rassesolidariteit van die tagtigerjare toe die Afro-Amerikaners die VSA  se buitelandse beleid jeens Suid-Afrika met behulp van betogings en druk  deur die media verander het. Ondanks president Ronald Reagan se veto, is  sanksies teen Suid-Afrika gewettig. <\/p>\n<p>Pleks van sy nuutgevonde insigte oor &#8220;die wit jeug se woede&#8221; aan ons te  kommunikeer, behoort prof. Jansen hom eerder te verdiep in sy eie swart  denke, oftewel die swart beweging van die afgelope honderd jaar, sedert  W.E.B. Dubois in Amerika op die toneel verskyn het. By gebrek aan &#8216;n  kulturele en talige nasionalisme van die Europese of Afrikanertipe,  verlaat swartmense hulle op rassenasionalisme. <\/p>\n<p>Ek het al hoeveel keer in politieke vergaderings van die ANC en hul  geesgenote gesit waar die begrip &#8220;nie-rassigheid&#8221; as &#8216;n sinoniem vir  &#8220;onder swart oorheersing&#8221; gebruik word. <\/p>\n<p>Afrikaners het geen invloed op honderd jaar se swart denke in Afrika,  Amerika, die Karibbiese eilande en elders nie. Transformase, rassekwotas  en sistemiese anti-wit diskriminasie is die logiese uitvloeisel van  daardie filosofie. <\/p>\n<p>Al wat vir ons oorbly is, hetsy emigrasie, hetsy &#8216;n eie grondgebied of  volkstaat wat nie aan die &#8220;nuwe, goeie apartheid&#8221; onderworpe sal wees  nie. Plaas- en huisaanvalle dring insgelyks daardie keuse aan ons op. <\/p>\n<p>Dus aan me Haffajee wil ek s\u00ea: Ons aanvaar julle goeie apartheid, gee  ons net die tuisland wat ons toekom.<\/p><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Hierdie rubriek verskyn ook vandag in &#8216;n verkorte weergawe in <em>Beeld<\/em>.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/16-arkhitekturnoe-osveshchenie\">\u0430\u0440\u0445\u0438\u0442\u0435\u043a\u0442\u0443\u0440\u043d\u043e\u0435 \u043e\u0441\u0432\u0435\u0449\u0435\u043d\u0438\u0435 \u0442\u0438\u043f\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/glavnoe.ua\/news\/n214753\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Prof. Jonathan Jansen se uitspraak dat die land op &#8216;n &#8220;rassevulkaan&#8221; sit, is juis in di\u00e9 sin dat ras die grondslag van alle regeringsbeleid geword het. Ook Ferial Haffajee van City Press meen in Rapport: &#8220;Dit is ook vreemd dat mense wat voordeel getrek het uit apartheid \u2013 die grootste kwotastelsel van die 20ste eeu &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9492\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Jansen behoort hom in swart denke te verdiep&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[10476,4892,21092,10477],"class_list":["post-9492","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-jansen-behoort-hom-in-swart-denke-te-verdiep","tag-jonathan-jansen","tag-rubrieke","tag-w-e-b-dubois"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9492","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9492"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9492\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9492"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9492"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9492"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}