{"id":9486,"date":"2010-10-03T06:19:34","date_gmt":"2010-10-03T06:19:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9486"},"modified":"2010-10-03T06:19:34","modified_gmt":"2010-10-03T06:19:34","slug":"ratte-derby-lewis-dis-nes-zimbabwe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9486","title":{"rendered":"Ratte, Derby-Lewis: dis nes Zimbabwe!"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2007\/01\/roodt_dan4.jpg\" \/>Enigeen wat nog \u2018n laaste, flou illusie gekoester het dat  Suid-Afrika iets met Westerse demokrasie\u00eb in gemeen sou h\u00ea, is die  afgelope paar dae wreed ontnugter. Sowel die mishandeling van Clive  Derby-Lewis as die summiere inhegtenisname van WIllem Ratte en nege  ander kon net sowel in Zimbabwe plaasgevind het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie net word die bejaarde Derby-Lewis, \u2018n voormalige parlementslid  van Suid-Afrika, parool geweier nie, maar in die gevangenis is hy so  mishandel en verwaarloos dat hy gangreen opgedoen het. In \u2018n absurde,  Idi Amin-agtige magsvertoon, het sy swart bewaarders selfs daarop  aangedring om in die operasiesaal teenwoordig te wees waar dokters sy  been probeer red het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die geval van oud-kmdt. Willem Ratte word daar \u2018n klopjag op sy  plaas en sweisakademie vir hawelose jongmense uitgevoer en links en regs  b eskuldigings van \u201cterrorisme\u201d rondgeslinger. Koerante van Media 24,  wat reeds tydens Eugene Terre\u2019Blache se moord getoon het dat hulle enige  vuige gerug op voorblaaie sal plaas, het gou-gou etikette soos  \u201cverregs\u201d en \u201cterroris\u201d op Ratte en sy medeslagoffers van staatsgeweld  geplak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mandela het 27 jaar lank op Robbeneilend en in Victor Verster  deurgebring en as \u2018n gesonde man daaruit gestap. N\u00e1 17 jaar in die ANC  se tronk kan Clive Derby-Lewis getuig dat Suid-Afrikaanse tronke deesdae  goed met hul eweknie\u00eb in Zimbabwe en ander Afrikalande vergelyk waar  gevangenes sonder mediese sorg en dikwels sonder kos moet krepeer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Menseregteskendings het sinoniem met die ANC-bewind geraak. Terwyl  Rapport my daarvan beskuldig het dat ek in Meimaand \u201cmet Sweedse  neo-Nazi\u2019s wou heul\u201d, was die hoofdoel van my besoek aan daardie land  juis om die Sweedse regering onder die indruk te bring dat ons  menseregte in Suid-Afrika daagliks vertrap word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oud-genl. Johan van der Merwe, wie se boek Trou tot die dood toe  onlangs deur Praag uitgegee is, het aangetoon dat daar jaarliks tussen  600 en 700 sterftes in aanhouding in ons land plaasvind, \u2018n astronomies  ho\u00eb syfer. Iemand soos Willem Ratte word, hetsy vanwe\u00eb sy geskiedenis  van suksesvolle milit\u00eare optrede teen die swart terreurbewegings van die  verlede, hetsy weens dissidente idees, onnodig geteister en vervolg. Ek  en u, liewe leser, kan volgende wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kennelik is menseregte in Suid-Afrika net van toepassing op die ANC,  sy ampsdraers en ondersteuners. Die ware toets vir \u2018n liberale  demokrasie is egter die staat se verdraagsaamheid teenoor diegene wat  ni\u00e9 die regerende party of sy ideologie ondersteun nie. Suid-Afrika in  sy huidige toestand druip hierdie toets jammerlik as ons gevalle soos  Clive Derby-Lewis en Willem Ratte in ag neem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC se politieke gevangenes van destyds was meesal veroordeelde  moordenaars en terroriste wat onskuldige burgerlikes aangeval het, iets  wat \u2018n oortreding van die tweede protokol van die Geneefse konvensie  was. In \u2018n wesentlike sin was die politieke gevangenes van destyds ook  oorlogsmisdadigers. Vandag word mense egter in die tronk aangehou of  gearresteer bloot omdat hulle ideologies van die ANC verskil. Ook  behoort sulke mense tot die verdrukte minderheid van Afrikaners wat deur  wetgewing en die sogenaamde \u201ctransformasiebeleid\u201d tot tweedeklasburgers  in hul geboorteland gereduseer is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die ANC en sy destydse buitelandse ondersteuners soos die  Anglikaanse Kerk en die Sweedse regering groot gewag gemaak het van  politieke gevangenes \u2013 waaronder natuurlik Mandela, maar ook ander \u2013  word hedendaagse politieke gevangenes ge\u00efgnoreer deur sowel die media as  internasionale instansies. Om vandag in \u2018n ANC-tronk te beland, kan \u2018n  doodsvonnis wees omdat \u2018n mens mediese sorg geweier word, asook  natuurlik die gevaar van verkragting deur MIV-positiewe misdadigers.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons sal baie beter moet begin omsien&nbsp; na ons politieke gevangenes en  dissidente wat gedurig die gevaar loop om sonder rede in die tronk te  beland. In \u2018n wesentlike sin is hulle \u201cgewetensgevangenes\u201d volgens die  definisie wat Amnestie Internasionaal in die sestigerjare geformuleer  het: \u201c\u2026mans, vroue of kinders wat opgesluit word bloot weens die  vreedsame uitdrukking van hul oortuigings of as gevolg van hul ras,  geslag of ander persoonlike eienskappe\u201d.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Databasis van alle politieke gevangenes en die behandeling wat  hulle in die ANC se tronke ontvang, sal dringend opgestel en w\u00eareldwyd  aan menseregte-organisasies gekommunikeer moet word. \u2018n Man soos Clive  Derby-Lewis wat onregverdiglik amnestie deur Tutu se  lieg-en-biegkommissie geweier is en reeds sewentien jaar lank in die  tronk krepeer, verdien \u2018n internasionale veldtog vir sy vrylating,  soortgelyk aan die Engelse se toentertydse&nbsp; \u201cFree Mandela\u201d-veldtog.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bowenal moet ons daarop voorbereid wees dat hierdie afskuwelike,  totalit\u00eare en rassistiese bewind sy mes vir elkeen van ons Afrikaners in  het. Soos Solsjenitsin in die Goelag Argipel skryf: \u201cDis waar van vele  dat die vernedering wat deur arrestasie vir hul persoonlike gevoelens en  verbintenisse veroorsaak word, baie sterker as hul politieke  oorrtuigings of vrees vir die tronk kan wees. Iemand wat nie in sy  binneste voorbereid is op die gebruik van geweld teen hom nie is altyd  swakker as die persoon wat die geweld pleeg.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos Willem Ratte en sy studente vandeesweek ervaar het, gaan dit  moed en inspirasie van ons verg om die aanslag teen ons die hoof te  bied. Soos wat die leuens en hersenskimme oor \u201cdemokrasie\u201d wat aan ons  voorgehou is een vir een in duie stort, sal ons ons moet staal vir wat  voorl\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar elkeen wat nog in vryheid verkeer, sal moet help om die toestand  vir hulle wat reeds in die ANC se tronke verkeer draagliker te maak.  Soos wat die vierkant blou lug deur sy tralievenster vir die gevangene  die droom van sy uiteindelike vryheid verteenwoordig, s\u00f3 moet elkeen van  ons oortuig raak dat deur eendrag en harde werk almal van ons eendag  daardie vryheid sal kan smaak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tronkdeur van die Nuwe Suid-Afrika sal oplaas vir ons volk met \u2018n  geknars van sleutels in die slot oopgaan. Tot dan sal ons egter moet  saamstaan en verwoed ons volksgenote in die regime se selle moet  verdedig.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/uslugi-poligraf.com\/blog\/poligraf-v-sude\">\u043f\u043e\u043b\u0438\u0433\u0440\u0430\u0444 \u0432 \u0441\u0443\u0434\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/08\/08\/183752.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Enigeen wat nog \u2018n laaste, flou illusie gekoester het dat Suid-Afrika iets met Westerse demokrasie\u00eb in gemeen sou h\u00ea, is die afgelope paar dae wreed ontnugter. Sowel die mishandeling van Clive Derby-Lewis as die summiere inhegtenisname van WIllem Ratte en nege ander kon net sowel in Zimbabwe plaasgevind het. Nie net word die bejaarde Derby-Lewis, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":56,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[10124,10464,10466,10463,21092,10465,7997],"class_list":["post-9486","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-clive-derby-lewis","tag-derby-lewis-dis-nes-zimbabwe","tag-politieke-gevengenes","tag-ratte","tag-rubrieke","tag-solsjinitsin","tag-willem-ratte"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9486","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9486"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9486\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/56"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9486"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9486"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9486"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}