{"id":9485,"date":"2010-10-02T07:50:46","date_gmt":"2010-10-02T07:50:46","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9485"},"modified":"2010-10-02T07:50:46","modified_gmt":"2010-10-02T07:50:46","slug":"ratte-saak-uitgestel-na-nuwe-bewerings","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9485","title":{"rendered":"Ratte-saak uitgestel n\u00e1 &#8216;nuwe bewerings&#8217;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die dringende aansoek om die vrylating van oud-kmdt. Willem Ratte wat vanm\u00f4re om 10.00 in die Pretoriase Hooggeregshof aangehoor sou word, is uitgestel vanwe\u00eb &#8220;nuwe en ernstige bewerings&#8221; wat deur die staat gemaak word. Ratte se prokureur, mnr. Daan Mostert, is na die gevangenis in Witbank op pad om verdere getuienis van sy kli\u00ebnt in te win.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wilde bewerings van &#8220;terrorisme&#8221; word deur die staat teen Ratte gemaak, met die Media 24-koerant Beeld wat lustig hieraan deelneem op &#8216;n wyse wat herinner aan die onsmaaklike bewerings van homoseksualisme wat n\u00e1 die moord op Eugene Terre&#8217;Blanche deur die ANC se inligtingsdiens en die media versprei is. &#8216;n Ingeligite mediakenner het aan Praag ges\u00ea: &#8220;Bewerings soos di\u00e9 van terrorisme is baie ernstig, veral binne die internasionale konteks met Amerika se &#8216;oorlog teen terreur&#8217;. Die foto van die beweerde wapens en besonderhede wat tot dusver vrygestel is, wil dit laat voorkom asof &#8216;n akkedis hier tot &#8216;n krokodil aangepraat word. Dit reflekteer op die professionalisme van sowel die polisie as die verslaggewers wat kennelik met &#8216;n soort propagandaveldtog teen Ratte besig is wat hoegenaamd nie deur die beskikbare getuienis geregverdig word nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog &#8216;n kommentator wat anoniem wou bly, het ges\u00ea dat &#8220;die insident sterk aan die soort plaasbesettings en metodes wat deur Mugabe in Zimbabwe gebruik word, herinner. Behalwe die geheimsinnnige R4-geweer wat glo aan &#8216;n boom opgehang was, was die wapens in die beskuldigdes se besit wettig. Word jagmesse en panga&#8217;s deesdae as &#8216;terreurwapens&#8217; beskou? Enigeen kan sulke wapens sonder &#8216;n lisensie besit; nietemin word die wapens in Beeld se foto uitgestal asof dit onwettig sou wees.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In &#8216;n verdere berig oor die Ratte-insident deur Beeld, word daar gefokus op mnr. G\u00fcnther Kotze wat as die &#8220;Boere-viking&#8221; beskryf word. Maar in di\u00e9 berig word die bewerings oor &#8220;terrorisme&#8221; deur sowel Beeld as die SA Polisiediens weerspreek in die volgende sin:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Kapt. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gister ges\u00ea die groep  word nie, soos die polisie aanvanklik ges\u00ea het, weens misdaad wat met  terrorisme verband hou, ondersoek nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit wil dus voorkom asof sowel Media 24 as die SAPD twyfel oor die aard van Ratte se beweerde oortredings, of dit &#8220;verband hou met terrorisme&#8221; of nie&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op Facebook skryf Marlene Rademeyer dat een van die gearresteerdes glad nie in politiek belangstel nie: &#8220;Wens ek kan hulle prokureur se nommer in die hande kry, onder die  onskuldiges wat ge-aresteer is, is `n jong man met die naam van  Christopher wat `n ruk by ons gewoon het. Die ou is in sweiswerk opgelei  in Balmoral; hy het hier in Pretoria werk gehad juis as `n sweiser. &#8216;n Maand terug het sy kontrak verval en ons het vir hom ges\u00ea hy moet eers  teruggaan Balmoral toe en ons sal weer werk vir hom soek. EK kan 100%  getuig dat die jong man GLAD nie eers in politiek belangstel nie!!&#8221;<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/24-osveshchenie-lestnitsy-v-dome\">\u043e\u0441\u0432\u0435\u0449\u0435\u043d\u0438\u0435\u043c \u043b\u0435\u0441\u0442\u043d\u0438\u0446\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/kh.vgorode.ua\/refperson\/23722-danylchenko-yuryi-bronyslavovych\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die dringende aansoek om die vrylating van oud-kmdt. Willem Ratte wat vanm\u00f4re om 10.00 in die Pretoriase Hooggeregshof aangehoor sou word, is uitgestel vanwe\u00eb &#8220;nuwe en ernstige bewerings&#8221; wat deur die staat gemaak word. Ratte se prokureur, mnr. Daan Mostert, is na die gevangenis in Witbank op pad om verdere getuienis van sy kli\u00ebnt in &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9485\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Ratte-saak uitgestel n\u00e1 &#8216;nuwe bewerings&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-9485","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9485","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9485"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9485\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9485"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9485"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9485"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}