{"id":9478,"date":"2010-09-30T08:42:07","date_gmt":"2010-09-30T08:42:07","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9478"},"modified":"2010-09-30T08:42:07","modified_gmt":"2010-09-30T08:42:07","slug":"aardbewings-en-vloede","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9478","title":{"rendered":"Aardbewings en vloede"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die jongste aardbewingtragedie op die Vrystaatse Goudvelde is \u2018n tragiese herinnering dat hierdie area gereeld deur aardbewings getref word, hoewel gelukkig meestal baie lig. Vir mense meer as \u2018n kilometer onder die grond moet dit erg wees om so \u2018n trilling te voel, en elke keer te wonder of dit nou die einde is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Kenmerk van die lewe is egter dat, ongeag hoe groot \u2018n natuurramp, die lewe aangaan. Nie lank nie, of die kollektiewe geheue van die mens het daaroor gegroei soos \u2018n oerwoud wat weer \u2018n Mayastad kom terugeis het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar voor dit gebeur is daar \u2018n fase waar die mensdom, behalwe di\u00e9 wat die ergste deur byvoorbeeld lewensverlies geraak is, die humoristiese kant \u2013 as daar was \u2013 raaksien en weer op hul voete kom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ligter verwysing na aardbewings en vloede in hierdie happie, is nie bedoel om ongevoelig te staan teenoor hulle wat daardeur getraumatiseer is nie. Dit is eerder \u2018n ligte gekorswel met hulle, myself inkluis, wat heelhuids anderkant uitgekom het, maar in die proses dalk \u2018n groot benoudheid beleef het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;..<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Herrie is, \u2018n mens kan maar s\u00ea, \u2018n ekspert op aardbewings. Amper.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie net het Herrie die groot Tulbach-aardbewings beleef nie (weliswaar van \u2019n entjie weg, in Stellenbosch), maar ook die aardbewing \u2019n ruk daarvoor waarvan die episentrum by Swellendam was.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daai ene onthou Herrie goed. Dit was \u2019n ruk na middernag, en Herrie het om die een of ander wakker gel\u00ea en om die een of ander rede gevoel sy kop draai. Skielik het die draaigevoel in \u2019n geskud oorgegaan, en in \u2019n ander rigting.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n Rukkie later tref dit Herrie. Maar daai was mos \u2019n aardbewing! Herrie vlieg op, en draf deur die huis. Ma was op die vibreermasjioen, en het die aardbewing nie gevoel nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pa was op die onderste verdieping in die studeerkamer besig om aan sy tweede doktoraal te werk. Hy het ook niks gevoel nie. As pa gekonsentreer het, kon \u2018n bom langs hom afgaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die volgende oggend, by die skool, doen Herrie navraag, maar loop net \u2019n erge gespot van die kinders op die lyf. Almal meen Herrie het hom \u2018n aardbewing verbeel. Dis mos nie iets van onse w\u00eareld nie. Terug by die huis lui die hoofopskrif van Die Burger dat daar \u2019n aardbewing was.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar toe die Tulbach-skuddings \u2019n rukkie later kom, het niemand meer niemand gespot nie. Selfs die naskokke maande daarna, het groot kommer vir sommiges, en groot opwinding vir ander veroorsaak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die redes vir die opwinding was dat \u2018n mens hulle kon hoor aankom. Veral by die skool was dit afwisseling, want voor \u2018n mens kon s\u00ea \u201cmes\u201d het die hele klas buite gestaan. Geen onderwyser het dit durf waag om \u2018n klas te probeer terughou nie, want aardbewings is mos gevaarlike goed.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En iets, gewoonlik \u2018n vragmotor, hoef maar net effens soos \u2018n aardbewing te klink, dan staan die klas buite. Van die onnies kon al slange kou oor die tydige en ontydige ge-klaskamer-ontruimery, maar netnou is dit die ware Jacob en die spul is gemaak bly sit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">By die huis het Herrie sy ontsnaproete gehad. By die balkondeur uit, oor die motorhuis se dak, en spring tot op die grasperk. Dan uithaal vir die sypaadjie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nee, nie om weg van die gevaar te kom nie, om in die straat te kan kom. Want dit het \u2018n besienswaardigheid afgegee. Dis verbasend hoe baie mense, as daar \u2018n aardbewing kom, alles net so los en uithardloop. Selfs mense in die bad of stort \u2013 of veral hulle \u2013 los alles.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eers in die straat kry van die huismense hulle met handdoeke en ander toewikkelgoed ingehardloop.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar maak nie saak hoe vinnig Herrie in die straat gekom het nie, hy was nooit by benadering die eerste daar nie. Die rede hiervoor was dat \u2018n mooi jong Duitse vrou van \u2018n huis daar naby wat in die bad was, een keer voor haar man, wat met die handdoek agterna gehardloop het, die straat gehaal het. Die laatslapers het dit heeltemal gemis. Van toe af was die ho\u00ebrskoolseuns en die groterige laerskoolseuns almal los voor die ander mense in die straat, en naby die Duitse vrou se huis saamgetrek. Wie weet?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen die tyd dat die Herrie saam met sy ouers, boet en sus Bloemfontein toe verhuis het, was die naskokke klaar geskok. Die Duitse vrou het toe al lankal geleer om in die verbyhardloop haar japon te gryp, en in die hardloop gang af aan te trek. Dit het nogtans gelyk of die aardbewings geweet het wanneer sy in die bad was.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jare later het Ma \u2018n grondjie, Eldorado, buite Onrus gekoop. Hier was voorheen \u2018n fontein, maar het die verkopers vertel, met die Tulbach-aardbewing het hy opgedroog. Op die grond langsaan het daar twee fonteine ontstaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie lank in die Rosestad nie, drink ons by ouma in haar woonstel tee na kerk. Dis toe Herrie onmiskenbaar daai geluid hoor, en straat toe verkas. Omtrent niemand is saam nie, maar \u2018n dag later kom die nuus die aardbewing het darem \u2018n woonstelgebou in Welkom, genaamd Tempesthof, inmekaar laat tuimel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe verneem Herrie van Welkom wat so aardbewingw\u00eareld is, en soms voel \u2018n mens van die skuddings in Bloemfontein se noordelike en westelike woongebiede.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Slag sit Herrie in \u2018n vergadering in Welkom, toe \u2018n ligte aardbewing toeslaan. Herrie gaan sit net regop, en maak bietjie grootoog. Herrie is immers \u2018n ou hand met aardbewings. Maar die ander mense in die saal kyk soos een man na Herrie, sien die grootoog, en lag: \u201cBuitestander wat niks gewoond is nie!\u201d staan oor hul bakkiesse geskryf.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cJulle is eintlik die mense wat niks gewoond is,\u201d probeer ek met lyftaal weggee. Daar waar ek vandaan gekom het, was hierdie soort aarbewinkies sulke vulletjies, ons het nie eens uit die klas gehardloop nie.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gou vind ek uit Welkom is nie al plek in die Vrystaat wat vir aardbewings sorg nie. In die Suidwes-Vrystaat by Koffiefontein rond, is daar ook iets, maar die geolo\u00eb raai bietjie wat dit kan wees, want dis diep. Hierdie aardbewings is ook lig, maar moes nogtans verreken word toe die Vanderkloofdam gebou is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel ligte aardbewings, kan \u2018n mens hulle soms in Bloemfontein se suidelike en westelike dele voel. Waar Herrie bly, in die weste, kan die aardbewings van Welkom af, en van Koffiefontein af, soms gevoel word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">By geleentheid was Herrie ook in Los Angeles en San Francisco, die twee stede wat na bewering net wag om deur aardbewings in puin gel\u00ea te word, maar tydens Herrie se besoek was daar niks om oor huis toe te skryf nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou kan Herrie ook so \u2018n bietjie eerstehands van vloede praat, soos di\u00e9 in \u201988. Behalwe dat Herrie se huis se dak die eerste keer begin lek het, het die vloed Herrie nie te veel geraak nie. Wel was Herrie in \u2018n vliegtuig wat in Kimberley al die bagasie moes aflaai om weer te kan opstyg, oor die baie water op die aanloopbaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Vroe\u00ebre vloed het \u2018n groter indruk gemaak. Dit was net na die Krugersdriftdam naby Bloemfontein klaargebou was, en die Biologie-onnie gekla het oor sy mielies wat so vergaan van die dors.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe begin dit saggies re\u00ebn, die heel dag, en die heel nag, en weer die heel dag. So \u2018n daar dae later trek daar in die re\u00ebn \u2018n donderbui verby, en die dominee meen dis dalk \u2018n teken dit gaan ophou re\u00ebn. Sommer gou was dit duidelik dat \u2018n kerkkamp by Glen in die slag gaan bly, want die rivier loop kant en wal.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hier teen die vierde dag kla die Biologie-onnie sy mielies begin omval. Uiteindelik het dit sewe dae en amper sewe nagte gere\u00ebn.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe dit rugbaar word dat die nuwe dam gaan oorloop, toe re\u00ebn dit steeds. Baie Bloemfonteiners het dam toe gery vir die skouspel. Die mense wat daar was, vertel sommer met die eerste oorspoelslag is \u2018n bees en \u2018n likkewaan oor die wal. En hoewel Herrie dit nie self gesien het nie, het di\u00e9 prentjie helder opgedoen toe Herrie jare later amper met oom Pierrie se seilplank en al oor daai einste wal is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vorige Saterdag nog het Herrie heel lekker op oom Nico se plaasdam reggekom met \u2018n seilplank, en toe oom Pierrie vra, is Herrie vol bravade op die seilplank.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dam in gaan dit te lekker, maar toe Herrie omdraai&#8230; Toe gaan kuier Herrie by die karpe en babers doer onder. En skaars is Herrie regop, ruk die wind weer en Herrie gaan soek weer sy visvriende op. Intussen sleep die siedende watermassa al nader aan die wal.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gelukkig het \u2018n bedrewe ou Herrie en die plank kom uithaal.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Herrie se sus het heelwat meer oor vloede te vertel, want sy bly by Kleinbak, en voor dit so droog loop word het, was daar twee vloede daar, en \u2018n hele klomp huise onder water. Van haar vriende verskil oor watter vloed nou die ergste was. Die mees betroubare vergelyking is hoe hoog die modderwater die wit wasgoed op die wasgoeddraad bruin gekleur het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een ou het net begin regmaak om uit sy oorstroomde huis te trek, toe hy iemand aan die venster hoor klop. Hy gaan kyk. Dis toe \u2018n benoude pofadder wat verbydryf, en teen die venster pik. Hy is heel duidelik half te\u00eb daarop om skielik bietjie weg te breek see toe.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En al het Herrie van oom Pierrie se seilplank amper \u2018n selfmoord-branderplank gemaak, het Herrie darem nie soos oorle Koos aspirasies om as hy eendag in die hiernamaals aanland, vir almal te gaan vertel nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sien, met die \u201888-vloed het Koos les opges\u00ea. Doer in die Wes-Vrystaat het hy nie veel daarvan gemaak toe daar \u2018n paar jaar tevore \u2018n sandduin tussen twee koppies op sy plaas gaan nesskop nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En voor \u2018n mens nou die dorre Wes-Vrystaat vlak kyk oor vloedvermo\u00ebns, dit k\u00e1n erg oorstroom word. Met die \u201988-vloed het die sersant op Jacobsdal na bewering glo eers al sy eie huisraad, hond, kat, skape en selfs \u2018n vark met die polisie se boot na veiligheid geneem voor hy die ander inwoners begin wegry het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">By die siedende Modderrivier het \u2018n klomp plaaskindertjies pret gemaak deur aan hul bene aan \u2018n pyp oor die rivier te hang, hul koppe rakelings bokant die bruisende water.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe die een outjie se bene losglip, en die kannetjie onder die water in verdwyn, het sy maters van hom afskeid geneem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Ruk later daag hy papnat en bedremmeld soos \u2018n spook op. \u2018n Ent verder af het boere \u2018n net oor die rivier gespan om te kyk wat hulle alles uit die vloedwater geskep kan kry. En was hul verbasing groot toe die knapie teen die net uitgeklim kom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar met daai vloed kry hy toe teenspoed. Tussen die twee koppies loop ook \u2018n baster donga-spruitkruising, en di\u00e9 had selde water, en as daar water in is, ook maar effentjies. Koos meen toe die duin sal ook mooi help dat die donga mooi met spoelgrond opvul. En so aan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar toe kom daai vloed, en die spruit is naderhand \u2018n siedende rivier, en dam op en dam op teen die duin. Naderhand sien Koos van HKGK, hier kom groot kommer, want toe kom hy agter sy plaas, opstal en al, l\u00ea in \u2018n kom, en daai duin l\u00ea in die uitgang. Trappie vir trappie begin die water teen sy huis styg, en kom al nader aan die voordeur.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En net toe die watertjie die laaste trappie vat, toe hou \u201888 se vloed op, maar die afloop is nog sterk, en die water styg by daai trappie verby, duim vir duim na die voordeur toe. Maar net toe die eerste golfie huis in spoel, en Koos begin sandsakke nadersleep, toe begin die water daal.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En Koos verwissel kort hierna die tydelike met die ewige.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar by die hiernamaals gekom, is sy gedagtes nog vol van die trauma, en hy begin almal vertel. Maar nie lank nie, toe kom hy agter dit gaan hom \u2018n halwe ewigheid en \u2018n aks neem om vir almal te vertel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na bepeinsing is Koos na Petrus toe, en stel sy probleem. Is dit nie moontlik om almal op een slag in die goue stadion bymekaar te laat kom, dat hy sy storie vertel en klaarkry nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Petrus stem in, en \u2018n paar dae later kan Koos sy storie vertel. Maar net voor hy begin, s\u00ea Petrus vir hom: \u201cKoos, moet nou nie aanhou vir die mense kluitjies vertel van jou skaap het leer kameeldoringboom klim nie. Hier is \u2018n liegery, selfs van groot skrik, heeltemal taboe. En vandag sal jy jou storie van die vloed moet ken, olie Noag is ook in die gehoor.\u201d<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/igrushki-dlya-malchikov\/radioupravlyaemye-vertolety\/\">\u0432\u0435\u0440\u0442\u043e\u043b\u0451\u0442\u044b \u043d\u0430 \u0440\u0430\u0434\u0438\u043e \u0443\u043f\u0440\u0430\u0432\u043b\u0435\u043d\u0438\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/stiel.ru\/topcargo-nadezhnyj-eksport\/\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u0440\u0430\u0437\u0432\u043e\u0434<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die jongste aardbewingtragedie op die Vrystaatse Goudvelde is \u2018n tragiese herinnering dat hierdie area gereeld deur aardbewings getref word, hoewel gelukkig meestal baie lig. Vir mense meer as \u2018n kilometer onder die grond moet dit erg wees om so \u2018n trilling te voel, en elke keer te wonder of dit nou die einde is. \u2018n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9478\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Aardbewings en vloede&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[10458],"class_list":["post-9478","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-aardbewings-en-vloede"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9478","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9478"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9478\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9478"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9478"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9478"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}