{"id":9463,"date":"2010-09-27T12:09:58","date_gmt":"2010-09-27T12:09:58","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9463"},"modified":"2010-09-27T12:09:58","modified_gmt":"2010-09-27T12:09:58","slug":"ly-die-afrikaner-aan-swartdoodsindroom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9463","title":{"rendered":"Ly die Afrikaner aan Swartdoodsindroom?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die optrede en reaksie van sommige Afrikanergroepe op die bedreiging vir ons voortbestaan, vergelyk kommerwekkend baie met die reaksie van mense in Europa ten tyde van die Swartdood.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die eerste helfte van die veertiende eeu, het die Swartdood, of Buboniese Plaag oor Eurasi\u00eb, en veral Europa gespoel, en binne \u2018n paar maande is ongeveer 50% van Europa se bevolking, en veral sekere streke se bevolkings dood. In sommige gevalle is hele dorpe of stede uitgewis. \u2018n Italiaanse skrywer, Giovanni Boccaccio, wat die effek van die plaag opgeteken het, het dit soos volg beskryf: \u201cHow many valiant men, how many fair ladies, breakfast with their kinfolk and the same night supped with their ancestors in the next world! The condition of the people was pitiable to behold. They sickened by the thousands daily, and died unattended and without help. Many died in the open street, others dying in their houses, made it known by the stench of their rotting bodies. Consecrated churchyards did not suffice for the burial of the vast multitude of bodies, which were heaped by the hundreds in vast trenches, like goods in a ships hold and covered with a little earth.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gedurende die hoogtepunt van die plaag, het die troebadoer <a href=\"http:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Peire_Lunel_de_Montech\" title=\"Peire Lunel de Montech\">Peire Lunel de Montech<\/a> die uiters hartseer liriese gedig &#8220;Meravilhar nos devo pas las gens&#8221;geskryf. Een strofe hieruit lei: \u201cThey died by the hundreds, both day and night, and all were thrown in &#8230; ditches and covered with earth. And as soon as those ditches were filled, more were dug. And I, Agnolo di Tura &#8230; buried my five children with my own hands &#8230; And so many died that all believed it was the end of the world.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uit bogenoemde kan duidelik gesien word dat Europa se mense bedreig was met \u2018n ogelooflike uitwissingsramp, en natuurlik het hulle vrae gevra oor wat aan die gang is omdat hulle nie die wetenskaplike kennis en tegnologie gehad het om die oorsaak van die siekte vas te stel en te oorkom nie. Die plaag het \u2018n geweldige sosiale uitwerking gehad.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Stede en dorpe het hulleself probeer beskerm deur die stadspoorte te sluit, en enige vreemdelinge is weggejaag of doodgemaak. Sommige streke het pateties \u2018n klipmuur op die grond gepak tussen hulle en \u2018n streek waar die plaag voorgekom het. Maar daar moet onthou word dat die mense van Europa oorwegend gelowige Katolieke was, en die priesters in die kerke het probeer om \u2018n Bybelse verklaring te gee. Hierdie verklarings het wyd verskil, en was dus die oorsaak van verskillende reaksies, waarvan die grootste die volgende was:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<ul>\n<li>Sommige mense het geglo dat dit die einde van die w\u00eareld was ingevolge die boek van Openbaring, en dus het sommige probeer wegkruip en hulle afgesonder, terwyl ander weer besluit het, dit is dan nou die tyd om vir oulaas te leef, te drink en sonde te pleeg, want hulle gaan in elk geval sterf.<\/li>\n<\/ul>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<ul>\n<li>Sommige het geglo dat God die mensdom straf as gevolg van die sondige lewenstyl hier op aarde, en dit het die gevolg gehad dat party heeldag gebid het, maar die uiterste effek was \u2018n groep wat deur die geskiedskrywers die \u201cFlagellants\u201d genoem word. In Afrikaans sou ons hierdie mense die \u201cSelfkasteiers\u201d kon noem. Hulle het geglo dat God hulle en die mensdom sou vergewe, as hulle hulleself straf deur rond te gaan en hulleself op die r\u00fbe te slaan met swepe en gesels. Andere het hierby nog kruise ook gedra soos hulle van dorp tot dorp geloop het. Geskiedskrywers beskryf hierdie groep, wat maer en verhonger van dorp tot dorp geloop het, met minimum klere aan, en hoe hulle met bebloede r\u00fbe en roepend tot God gestap het. In sommige dorpe is hulle aangeval en doodgemaak.<\/li>\n<\/ul>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<ul>\n<li>Sommige groepe het geglo dat daar identifiseerbare mense in die samelewing was, wat die oorsaak was van hierdie plaag as straf van God, omdat hulle nie Katolieke was nie, en in hierdie geval is die Jode grootliks geteiken. Daar het onbeskryflike aanvalle op Jode plaasgevind, waarin hulle vermoor en verdryf is. Skrywers meld dat in sommige Joodse gemeenskappe man, vrou en kind doodgemaak is.<\/li>\n<\/ul>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<ul>\n<li>Buite die godsdiens, het gemeenskappe mekaar aangeval, net omdat hulle geglo het die ander gemeenskap is om een of ander rede die oorsaak van die plaag.<\/li>\n<\/ul>\n<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gevolge van al hierdie sosiale onrus en gebeure het \u2018n geweldige uitwerking op Europa gehad, en dit het hulle 150 jaar geneem nadat die plaag verby was, om te herstel. Sommige skrywers meen dat 10% van die mense wat gedurende die plaag gesterf het, nie as gevolg van die siekte gesterf het nie, maar aan die hand van hulle medemens.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is \u2018n feit dat die mense van Europa bedreig was met totale uitwissing, en dat die oorsaak van hierdie geheimsinnige siekte ver bo hulle begrip was; vandaar die radikale oorsake wat hulle uitgedink het, en waarmee hulle probeer sin maak het van hulle omstandighede ten tyde van die plaag. Daardie wanhopige redevoering was ook die oorsaak van hulle ekstreme en vergesogte optredes.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir sommige mense en groepe word die Afrikaner ook vandag met uitwissing bedreig. Die pers is vol van die aanslag op ons taal, die moorde op die plase, &nbsp;en ons weet hoeveel Afrikaners het al ge\u00ebmigreer, en hoeveel praat daagliks of dit nie beter gaan wees om die land te verlaat nie. Verder is daar natuurlik die ANC se beleid van Swart Bemagtiging waardeur blankes nie toegang tot die arbeidsmag gegun word nie, \u2018n swak onderwysstelsel wat ons kinders \u2018n substandaard-skoolopleiding gee, en al hoe meer wetgewing wat sakemanne en boere wil dwing om sonder meer groot blokke aandele in ondernemings wat hulle deur harde werk opgebou het, net eenvoudig aan swartes te gee.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons is ontnugter, verdwaas, kwaad en daardeur soekende na die oorsaak van ons huidige omstandighede. En dit is hier waar ons mense hulle nou aan dieselfde wanhopige redes en optredes begin skuldig maak, as die mense van Europa tydens die plaag. Ons soek nou na \u2018n adder aan eie boesem. So, waar is die ooreenkomste met die optrede van die Europe\u00ebrs tydens die Swartdood?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">1.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Sekere mense het klaar oorgegee, en glo dat die einde in elk geval al verby is \u2013 dat die Afrikaner nie meer bestaan nie. Hulle het vrede gemaak met die nuwe SA, en neem heelhartig daaraan deel. Ons drink, hou partytjie, woon dorps- en kunstefeeste by asof dit nooit genoeg sal wees nie. Hulle omhels die nuwe SA. Dis mos in elk geval verby.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">2.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Sekere groepe glo dat God die Afrikanervolk straf, en dat ons ons moet bekeer en elke dag verootmoedig om aan Sy straf te ontkom. Daar word teruggegryp na die Ou-Testamentiese God van vuur en wraak oor die vergrype van Sy volk. Die simptome stem verstommend ooreen met Europa in die tyd van die Swartdood. Dit is net nie meer die inding om jouself fisies te straf nie, maar hulle straf hulleself geestelik genadeloos.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek het al reaksies op artikels, wat oproepe doen op Afrikanereenheid onder alle Afrikaners, op Praag se webblad gesien waarin dit duidelik is dat sekere Afrikanergroepe hulleself as die verteenwoordigers van God op aarde sien, en dat enigeeen wat nie soos hulle glo nie, \u201cuitgewerp word in die buitenste duisternis\u201d. Ek glo, as ons in die Middeleeue geleef het, sou die \u201cuitgeworpene\u201d ook doodgemaak word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een kommentator het geskryf: \u201cAs jy nie saam met my my God aanbid nie, is jy nie my broer nie!\u201d Ek sou graag aan die skrywer wou vra; Watter God? Die God van vuur en swael, en wraak, of die liefdevolle God wat sy Seun gestuur het om as Lam gemartel te word, en aan die kruis te sterf vir ons sondes?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">3.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Op \u2018n ander Afrikanerwebblad lees ek dat daar \u2018n Boerevolk, en \u2018n Afrikanervolk bestaan, en dat hierdie twee se paaie moet skei. Dan kry jy die \u201cliberale Kaapse Afrikaner\u201d wat geen plek tussen die Transvalers en Vrystaters het nie. Die feit dat ons almal van dieselfde stamouers afstam, dieselfde taal praat en dieselfde kultuur het, dra by hierdie mense of groepe geen gewig nie. En die grootste \u201cuitvaagsels\u201d is die Afrikaners wat \u201cja gestem\u201d het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is geen rasionele denke oor die werklike oorsake van die Afrikaner se huidige dilemma nie, en ek kon nog nie vasstel hoe daar gedink word oor die einste Transvalers en Vrystaters wat ook in duisende ja gestem het nie. En hoe nou gemaak as daardie einste ja-stemmers nou tot inkeer of \u201copenbaring\u201d gekom het dat hulle \u201cskuldig\u201d was aan hoogverraad, en nou wil hulle ook dinge weer verander om vir die Afrikaner \u2018n regverdige bedeling of Vryheid te bewerkstellig?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Jode van die Swartdood word nou onder ons eie mense gesoek! Die verleiding van die Nasionale Party en die Broederbond word nou genegeer tot onbelangrik, want dit is die mede-Afrikaners wat gesondig het, verraad gepleeg het, Mammon aanbid het. Die adder in eie geledere wat God se wraak en straf oor ons gebring het!<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons volk is so paniekerig, kry so seer en is so verward, dat ons onder mekaar byt en baklei, want iemand moet skuldig wees en iemand moet nou beetgekry word. Dit is soos \u2018n spul rotte wat die sinkende skip wil verlaat, en nou trap ons mekaar onder die water in, en byt mekaar net om tog bo te wees, om weg te kom van die pyn en verskrikking en om uit die gevaar en bedreiging te kom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie toedrag van sake strek ons nie tot eer nie, inteendeel dit is \u2018n skandvlek op ons naam, en laat my wonder; Is die Afrikaner vandag by sy eie Toring van Babel? Ons kan mekaar nie meer vandag sommer doodmaak nie, so pak ons nou maar ewe pateties klipmure tussen mekaar, om die Swartdood uit te hou? Die ondergang en vernietiging van ons volk gaan nie as gevolg van die ANC, of die Liberaliste en Geldmag wees nie! Dit gaan hierdie bittere en venynnige onderlinge twis en tweespalt wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir die volksgenote, wat andersdenkendes onder die volk wil veroordeel, uitwerp en \u201cstenig\u201d wil ek met deernis herinner aan Jesus ons Verlosser se woorde: \u201cLaat die een van julle wat sonder sonde is, die eerste klip gooi\u201d. Die Afrikaner sal net heel, gesond word en suksesvol word, as hy begin saamstaan, en almal hande vat om ons droom van soewereine Vryheid waar te maak. Ons het genoeg vyande en teenstanders buite, ons hoef nie onder mekaar oorlog te maak nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of moet ons wag vir die uiterste krisis, soos in HG Wells se boek \u201cWar of the Worlds\u201d? In die boek beskryf die verteller hoe die mense van Londen wegvlug voor die masjiene van Mars, waar die armes, rykes, siekes, ou mense, kinders sonder aansiens des persoons saam hulle bondeltjies dra en skouers skuur soos hulle vlug van die verskrikking af. Moet ons werklik eers gelouter word tot op daardie punt, of gaan gesonde verstand begin se\u00ebvier?<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/traversy\/\">\u043b\u0438\u043f\u0435\u0446\u043a \u0442\u0440\u0430\u0432\u0435\u0440\u0441\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.2000.ua\/v-nomere\/aspekty\/ekspertiza_aspekty\/razvitie-harkova-pozitivnaja-dinamika.htm\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die optrede en reaksie van sommige Afrikanergroepe op die bedreiging vir ons voortbestaan, vergelyk kommerwekkend baie met die reaksie van mense in Europa ten tyde van die Swartdood. In die eerste helfte van die veertiende eeu, het die Swartdood, of Buboniese Plaag oor Eurasi\u00eb, en veral Europa gespoel, en binne \u2018n paar maande is ongeveer [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[146],"tags":[10455],"class_list":["post-9463","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c153-hein-zaayman","tag-ly-die-afrikaner-aan-swartdoodsindroom"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9463","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9463"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9463\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9463"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9463"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9463"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}