{"id":9462,"date":"2010-09-27T07:29:49","date_gmt":"2010-09-27T07:29:49","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9462"},"modified":"2010-09-27T07:29:49","modified_gmt":"2010-09-27T07:29:49","slug":"n-goeie-en-gepaste-grondwet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9462","title":{"rendered":"\u2018n Goeie en gepaste grondwet"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Pas het \u2018n belangrike ANC-kongres afgeloop. Die verrigtinge het die media \u2018n week lank totaal oorheers, in der mate dat belangrike nuusgebeurtenisse uit die openbare oog gebly het. \u2018n Uiters belangrike brief wat die gesaghebbende internasionale Verslaggewers Sonder Grense aan die ANC gerig, en gemaan het om te herbesin oor mediaplanne, is feitlik volstrek deur die groot media ge\u00efgnoreer, volkome in teenstelling toe Freedom House Suid-Afrika onlangs van mediavrye land tot gedeeltelik mediavrye land geherklassifiseer het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die feit dat die ANC-kongres so oorweldigend mediadekking geniet het is te verstane teen die agtergrond daarvan dat di\u00e9 organisasie ook die land se regerende party is, en met basies \u2018n twee derde meerderheid regeer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is egter ook so dat bitter min van die lesers van sommige van die koerante wat so \u2018n groot ophef gemaak het, vir die ANC stem. Volgens die ANC self het wit steun van 4 na ses persent toegeneem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die rede is voor die hand liggend. Die amptelike beleid van regstellende aksie, ook deur kwotas, is regstreeks teen die manlike wit bevolking gemik, maar in die praktyk ook teen wit vroue, en alte dikwels teen bruin mense ook. Die ANC se effektiewe afwesigheid van die veroordeling van plaasaanvalle, \u2018n hoogs emosionele kwessie omdat die vermoorde slagoffers hiervan by verre, volgens Interpol se syfers, die hoogste identifiseerbare groep ter w\u00eareld oplewer, help ook nie om met die bewindhebbende party te identifiseer nie. Pleknaamsveranderings is nog \u2018n emosionele kwessie. Liedjies soos: Maak dood die Boere, en die ANC se aandrang op die reg om dit te sing, help ook nie veel nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Mens moet erg stiksienig wees om nie te verwag dat daar onder hierdie omstandighede in verskillende vorme versugtinge oor selfregering uitgespreek word nie. Die teenreaksie hierop is dat dit rassisties sou wees, dat dit outyds sou wees, en onprakties sou wees. In die plek daarvan word die deugde van Suid-Afrika se grondwet besing, en word gereeld opgegee dat dit \u2018n moderne en goeie grondwet is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Staatsregtelike kringe is die entoesiasme hiervoor nie altyd ewe groot nie, en weinig stem saam dat die grondwet so volmaak is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, die lande wat heterogeniteit die beste grondwetlik en staatkundig ondervang, is dikwels die mees stabiele lande. Nigeri\u00eb het eers in \u2018n mate staatkundige stabiliteit verkry na die land se federale streke se grense meer in ooreenstemming met die belangrikste bevolkingsgroepe, die Hausa, Yaroba\u2019s en Ibo\u2019s se verspreidingsgebied aangepas is. Indi\u00eb is ook \u2018n etniese federasie, baie soos Belgi\u00eb. Boonop maak die Indiese grondwet voorsiening vir \u2018n aantal gewaarborgde setels vir die inheemse, pre-Indiese bevolking wat verspreid oor die land woon.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indi\u00eb is egter nie die enigste voorbeeld nie. In Nieu-Seeland is die aantal gewaarborgde Maori-setels geleidelik van 4 tot die huidige sewe uitgebrei. Hoewel die parlement uit 122 setels bestaan, is 62 hiervan proporsionele setels, en sewe Maori. Selfs al sou die Maori\u2019s nie daarin kon slaag om geografiese setels in te palm nie, kan die sowat halfmiljoen Maori\u2019s wel deeglik \u2018n aantal proporsionele setels inpalm. In koalisievorming kan dit die Maori\u2019s in \u2018n belangrike bedingingsposisie plaas, en die neiging is dus om eerder die Maori-guns te probeer wen, as om teen hulle te diskrimineer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vermo\u00eb om selfregering word egter meer spesifiek uitgedruk. Van 1892 tot 1902 was daar \u2018n Maori-parlement, wat in 1962 deur \u2018n Maori-raad opgevolg is. Op 13 Julie 1990 is die Maori-kongres in die lewe geroep. Di\u00e9 kongres sien om na belange soos ekonomiese, maatskaplike, omgewingsake en politieke aangeleenthede. Dit word self gefinansier, onder ander uit uitgekontrakteerde werk, maar word grootliks gerugsteun deur \u2018n Departement van Maori-sake.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit maak nie dat Nieu-Seeland \u2018n primitiewe grondwet het nie. Sri-Lanka, wat \u2018n soortgelyke grondwet as Suid-Afrika het, het uiteindelik Tamil-aspirasies met die swaardmag besleg.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/uslugi-poligraf.com\">\u0434\u0435\u0442\u0435\u043a\u0442\u043e\u0440 \u043b\u0436\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/101otzyv.ru\/object\/filchakov-aleksandr\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pas het \u2018n belangrike ANC-kongres afgeloop. Die verrigtinge het die media \u2018n week lank totaal oorheers, in der mate dat belangrike nuusgebeurtenisse uit die openbare oog gebly het. \u2018n Uiters belangrike brief wat die gesaghebbende internasionale Verslaggewers Sonder Grense aan die ANC gerig, en gemaan het om te herbesin oor mediaplanne, is feitlik volstrek deur [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[10454],"class_list":["post-9462","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-n-goeie-en-gepaste-grondwet"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9462","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9462"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9462\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9462"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9462"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9462"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}