{"id":9460,"date":"2010-09-27T06:23:58","date_gmt":"2010-09-27T06:23:58","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9460"},"modified":"2010-09-27T06:23:58","modified_gmt":"2010-09-27T06:23:58","slug":"verdien-suid-afrikaanse-media-hul-mediavryheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9460","title":{"rendered":"Verdien Suid-Afrikaanse media hul mediavryheid?"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\"><em>Om hierdie artikel te skryf, is soos om met die hande agter die rug vasgemaak te skryf omdat ek nie \u2018n vertrouensposisie met \u2018n paar mense wil skend nie. Ek vra dus by voorbaat verskoning vir vaaghede as dit by sekere \u201cbewyslasse\u201d kom. <\/em><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em> <\/em><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 verhaal het hom Donderdagmiddag begin ontvou. Ek het gewag vir die goedkeuring van \u2018n paar mediaverklarings sodat ek dit kon uitstuur, waaronder \u2018n party se Erfenisdagverklaring vir die volgende dag.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">So saam met hulle, amper ongemerk, kom \u2018n verklaring in van die mediavryheidsdrukgroep, Verslaggewers sonder Grense. In Engels staan hulle as \u201cReporters without Borders\u201d bekend, maar omdat hul hoofkantoor in Parys is, staan hulle meer dikwels onder hul Franse naam bekend.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verklaring is in Engels, met die Frans daaronder.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis \u2018n stukkie geskiedenis oor hoekom die verklaring by my uitgekom het. Jare lank monitor ek hul webwerf gereeld, want onder meer hou hulle die w\u00eareldwye persvryheidsindeks by. Hulle hou ook rekord van hoeveel joernaliste tot dusver die jaar in die uitvoering van hul werk gesterf het, en hoeveel in aanhouding is. Hulle hou afsonderlike data vir mense wat by hul regerings teenspoed kry oor internet-nuusverspreiding, ook by.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hul databasis is besonder akkuraat en vinnig van die merk af.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe Suid-Afrika in 2006 ook mediawetgewing oorweeg het, het Suid-Afrika&nbsp; van die 22ste posisie in 2003 van die 44ste posisie op die persvryheidsindeks in 2006 teruggesak. Bykans oornag het Suid-Afrika van die mees persvrye land op die kontinent by \u2018n hele paar Afrikalande verby teruggesak. En hoewel Suid-Afrika geleidelik na die 33ste posisie teruggeklim het, is lande soos Ghana en Mali steeds meer persvry as Suid-Afrika.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar toe die ANC nou met sy jongste beoogde mediawetgewing, waaronder die mediatribunaal, begin, toe swyg Verslaggewers sonder Grense. Toe \u2018n joernalis gearresteer is, steeds.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In ander Afrikalande kan die regering nie skuins kyk vir die media nie, of daar is berigte op Verslaggewers sonder Grense se webblad, en oproepe om sagter met die media om te gaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kan die hoof van die organisasie se Afrikalessenaar nie Engels genoegsaam volg nie, dat so op Franssprekende Afrika gefokus word? Maar Soedan is deurlopend in die spervuur. Dus raak dit nie kant of wal nie. Dit bly nog onbeantwoord.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek het begin Engelse berigte oor die tribunaal aanstuur. Hieronder tel \u2018n berig oor die New Yorkse Freedom House wat Suid-Afrika van \u2018n mediavry land na \u2018n land met gedeeltelike mediavryhied afgradeer. Naderhand maak ek \u2018n \u201cgroup\u201d van alle moontlike beskikbare adresse van Verslaggewers sonder Grense, in die VSA, Switserland, Duitsland, Swede \u2013 almal. En ek stuur!<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En hier, op die vooraand van die afsluiting van die ANC se kongres, kom die mediaverklaring, en ek stuur dit op my adreslyste aan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gedagtig aan hoe die media op Freedom House se herklassifisering gereageer het, verwag ek \u2018n groot storie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek stel dus ook dadelik \u2018n konsep-mediaverklaring vir die party op wat ek met hul mediaverklarings help, \u2018n klein konserwatiewe Christen-demokratiese party. Vroeg Vrydagoggend het ek die groen lig, en stuur dit uit. Terselfdertyd stuur ek my daaglikse nuuskommentaar uit wat ek oor dieselfde onderwerp geskryf het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omtrent die eerste reaksie wat ek kry, is dat \u2018n streekkoerant in die Overberg vra dat hulle van my adreslys verwyder word. Heel toevallig het die KZN Witness \u2018n dag of wat tevore dieselfde gevra toe die CDP in \u2018n verklaring bietjie onder die ANC (met die kongres in Durban) ingeklim het. Na ek vanoggend die Witness se redakteur se kwota-artikel in Rapport gelees het, is ek nie verbaas dat sy koerant gevra het om van die adreslys af te kom nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Persoonlik beskou ek dit as kleinlik, veral omdat ek vir ander instansies ook soms mediaverklarings uitstuur, gewoonlik gratis. Soos die outismevereniging, omdat my eie jongste ook outisties is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat A nie van B wil hoor nie, is ek al gewoond. Die \u201cbriljante\u201d politieke verslaggewer van \u2018n groot Afrikaanse koerant het ook al versoek dat hy van die CDP se adreslys gehaal word na ek in \u2018n ander hoedanigheid die betrokke joernalis se kop bietjie deurmekaar gekrap het toe hy twak geskryf het. Selfs \u2018n brief aan die redakteur om die lug te probeer suiwer, het niks gehelp nie. Daardie groot koerant ignoreer die CDP steeds soos \u2018n stopstraat. En die CDP was nie deel van die onderonsie nie. Dis soos om die supermark te boikot oor hulle ook brood aan jou slegte buurman verkoop.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kinderagtigheid kom voor, al is die betrokke koerant hoe groot.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar gegewe die groot bohaai oor die ANC se beplande media-aksies, verwag \u2018n mens dat verslaggewers by die persoon agter die verklaring verby sal kyk, en die verklaring op sy meriete sal hanteer. In di\u00e9 verklaring word die ANC in geen onduidelike taal nie gewaarsku om te herbesin.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop, let ek, het SAPA (wat ook op my adreslys is) die verklaring twee keer uitgestuur. Uiteraard is my naam n\u00earens ter sprake nie. Uit de elektroniese argiewe kom ek agter dat beide News 24 en IOL die Sapa-berig gedra het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Behalwe dat <a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/menings-magazine-196\/kommentaar-magazine-197.html\">Praag die betrokke nuuskommentaar dra<\/a>, is daar so ver \u2018n mens uit die verskillende argiewe kan agterkom, nog bykans niks.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Groot uitsaai-instansie het wel dankie laat weet, hulle gaan op \u2018n gegewe tyd in hul aktualiteitesprogram oor die naweek iets daarvan maak. Saterdag luister ek, maar in plaas hiervan, word iets uitgesaai oor buitelandse joernaliste wat hul positiewe menings uitspreek oor hoe die aanbied van die sokker-w\u00eareldbeker hul persepsies oor Suid-Afrika positief be\u00efnvloed het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Het die base dalk vooraf op die voorgenome insetsel afgekom en dit laat vervang met iets wat meer in lyn met die ANC se beklemtoning, tydens sy Durban-kongres, van die sokker-eenheid is?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook binne die gedrukte media spring \u2018n senior persoon in om die belang te beklemtoon, maar skynbaar sonder sukses.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toegegee, die verklaring kon beswaarlik op \u2018n slegter tyd gekom het. Ten eerste was dit die Donderdagmiddag laat, waar die Vrydag \u2018n vakansiedag, en dit dus \u2018n langnaweek is. Baie koerante sou dus in daardie stadium met \u2018n verminderde personeelsterkte werk, en boonop meestal onervare personeel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar juis dit is rede tot kommer. Al hoe meer kom \u2018n mens agter dat die nuwe generasie verslaggewers wat algemeen kennis en nuusinsig betref, net nie van dieselfde stoffasie is as die ouer mense is, wat boonop op groot skaal uitgewerk word nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 probleem kom al \u2018n ruk aan \u2013 \u2018n generasie wat die produk van nuwe persepsies is waar retoriek ongelukkig te dikwels in die plek van feite geplaas word. Nuuskabouters in plaas van nuushonde, dus.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nuusoordeel bly subjektief. In die vroeg 80\u2019s het ek \u2018n artikel geskryf oor die olie wat op die Agulhasbank ontdek is. Volksblad het dit iewers diep in die koerant as \u2018n smal kolomberig geplaas. Niks aardskuddend nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Presies tien jaar later is ek toevallig in die Kaap en lees die Burger. Op die voorblad word groot aangekondig oor die olie wat op die Agulhasbank ontdek is. Trouens, die berig is amper woordeliks dieselfde as my berig van tien jaar tevore.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag dus: Was daar onder die naweekjoernaliste nie een wat geweet het hoe belangrik Verslaggewers sonder Grense se waarskuwing aan die ANC was nie? Is almal aan diens waaragtig mediamamparras?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteraard was die ANC-kongres die groot nuus. Dit is enersyds hartseer, want dit is so simptomaties van \u2018n de facto eenpartybedeling.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar andersyds \u2013 juis omdat die ANC so groot nuus is, en so ook die planne van onder meer \u2018n mediatribunaal \u2013 juis daarom sou Verslaggewers sonder Grense se waarskuwing hierdie berigte impetus gee. Rapport se hoofartikel handel trouens oor die ANC se mediaplanne.&nbsp; Die skrywer(s) hiervan het duidelik nie van die verklaring van Verslaggewers sonder Grense geweet nie, wat beteken iemand in die pyplyn was vas aan die wakker, of het die belang onderskat, wat net so swak reflekteer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">As die media dan self so onbevange is oor sake wat hul toekoms raak, is dit dan nodig dat ander aktiviste hulle so moet uitsit vir mediavryheid?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is inderdaad \u2018n ander saak ook uit te maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kom ons laat Pallo Jordan se jongste uitsprake daar oor hoekom \u2018n mediatribunaal nodig is (dis in elk geval duister hoe hy meen die mediatribunaal kan as \u201coplossing\u201d beskou word vir die \u201cprobleme\u201d wat hy identifiseer).<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vroe\u00ebr vanjaar verskyn die Reitz 4 weer \u2018n keer voor die hof sodat die saak uitgestel kan word. Die landdros waarsku by di\u00e9 geleentheid die media en die politici om nie die uitspraak vooruit te loop nie. En die vier prematuur skuldig te bevind nie, en rig juis die waarskuwing omdat dit in soveel oorvloed besig was om te gebeur.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eerste Sondag hierna plaas Rapport \u2018n brief van \u2018n leser wat na die Reitz 4 as misdadigers verwys en wat nog nooit om verskoning gevra het nie. Nie alleen word die woes met die landdros se opdrag omgegaan nie, maar ook met die waarheid. Die Reitz-vier het al by geleentheid om verskoning gevra, en die berig was onder meer in Volksblad en Beeld gedra, maar nie Rapport en Die Burger nie (geoordeel aan die koerante se elektroniese argiewe nie). Sapa het dit ook gedra, en so ook minstens twee koerante oorsee, maar so ver as wat vasgestel kan word, nie \u2018n enkele Suid-Afrikaanse Engelstalige koerant nie. Dit het onder andere daartoe bygedra dat die ACDP (ek het geen respek vir hierdie party nie) geweier het om te aanvaar dat die Reitz 4 wel verskoning gevra het (daar word net op die Engelse pers gereageer).<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rapport word by die Persombudsman verkla, wat die saak afwys. Soveel vir selfregulering.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit wil voorkom asof ook die gedrukte media besef dat die selfregulering gebrekkig is, want al hoe meer stemme gaan op dat di\u00e9 kwessie weer onder die loep geneem moet word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is \u2018n ander dimensie. So half uit die bloute, op 23 Augustus vanjaar (2010), verskyn daar in verskeie koerante en ander media \u2018n berig oor hoe wonderlik persvry Suid-Afrika is. Die skrywer gebruik die byna jaar-oue 33ste plek wat Suid-Afrika op die Verslaggewers sonder Grense se persvryheidsindeks beklee. Niks word vermeld dat Suid-Afrika \u2018n paar jaar vroe\u00ebr nog die 22ste plek en mees persvrye land in Afrika was nie (destyds het die regering se kommunikasiearm wel groot gewag daarvan gemaak, en die vorige jare se plasings kan op dieselfde webwerf gelees word).<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die artikel van 23 Augustus word groot gewag gemaak van die feit dat Suid-Afrika onder die mees persvrye land op die kontinent val. (Asof die land hoegenaamd kompetisie behoort te h\u00ea).<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor die artikel kan \u2018n mens net vra: \u201cVanwaar gehasie?\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kom ek span bietjie paranoia in en vra: \u201cHou dit nie miskien verband met die skade van die berig oor Freedom House se herklassifikasie van Suid-Afrika tot net gedeeltelik persvrye land nie? Het die regering \/ ANC nie dalk een van sy mediastringers ingespan om hierdie berig in die media te plant nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sal iemand sy joernalistieke naam so met \u2018n plank slaan sonder dat hy \/ sy darem nie op \u2018n manier ruim kompensasie ontvang nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kry \u2018n mens nie hieruit dalk ook \u2018n antwoord oor hoekom Verslaggewers sonder Grense se Afrikalessenaar so besonder stram was om oor verwikkelinge in Suid-Afrika in rat te kom nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoekom is die persvryheidsindeks so belangrik?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek \u201cplak\u201d \u2018n paar stukke hieronder. Die stuk oor die vergelyking tussen die verskillende indekse is in die begin van 2009 geskryf en die data is dus effens verouderd, maar nie die beginsel nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gaan Google my naam saam met woorde soos persvryheid, mediavryheid, press freedom, media freedom, en \u2018n mens kry sowat 13 000 trefslae in totaal. (Max du Preez, wat as een van die grootste persveryheidsagitators in SA beskou word, het sowat 31 000 ooreenstemmende trefslae) Ek kan dus seker as \u2018n persvryheidsaktivis beskou word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar nou, jammer, g\u2019n niks meer aktivisme van my kant nie. Daai geveg kan die media self veg. Van my kant sal ek vanuit my vakgebiede, politieke wetenskap en staatsreg, steeds wys op die verband tussen \u2018n vrye, verantwoordelike media en die demokrasie, asook die stryd teen korrupsie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">M\u00f4re is die koerante se meeste groot kanonne waarskynlik terug (al is dit nou skoolvakansie) en sal \u2018n paar koerantsnotkop-agterente waarskynlik geskop word. Maar al word die nuus nou gedra, is dit in die nuusomgewing maar \u2018n geval van gister se nuus wat vandag se geskiedenis is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die politiek word graag ges\u00ea in \u2018n demokrasie kry die bevolking die regering wat hulle verdien. As die land prulmedia wil h\u00ea, dan is dit nou maar so.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan word die onus swaarder op die internet, woernale wat nie skroom om inligting te gee nie al is dit polities sensitief, politiek inkorrek, al is dit gestroop van regeringsretoriek.<\/p>\n<h4><strong> Comparison of SA\u2019s position on different indexes, February 2009 <\/strong><\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">The position of countries, including   South Africa, has a remarkable correlation between their positions on various indexes.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Business Bulleting compared   South Africa  \u2019s position on the available indexes after the country 61<sup>st<\/sup> position on the Heritage Foundation\u2019s most free economies, after improving its position slightly by 0,4 percent.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">On the latest press freedom Index of Reporters without Borders South Africa also marginally improved its position to share the 36<sup>th<\/sup> position with a number of countries. A number of years ago   South Africa   held the 22<sup>nd<\/sup> position, well ahead of any other African country.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">On the corruption perception index,   South Africa   lies 45<sup>th<\/sup>.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">On the free economy index  South  Africa  is lower than  Mauritius  and  Botswana , on the press freedom index lower than  Mali ,  Ghana  and  Namibia , and on the corruption perception index, lower than   Botswana  .<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">To complicate matters further, another recent report judged   South Africa   to be the 15<sup>th<\/sup> most violent countries in 21 evaluated on the continent. Of those countries evaluated,   South Africa   came out as 21<sup>st<\/sup> most violent country in the world.   South Africa  \u2019s murder rate of above 40 per 100 000 per annum is far in access of the world average of 5 per 100 000.   South Africa  , with probably the highest HIV levels in the world, is also regarded as the rape capital of the world, despite only one in ten to one in 30 rapes being reported to the SAPS. The official rate is almost 80 per 100 000 per annum.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Recent reports also indicated stock theft to be a mayor problem, being described as \u201cthe largest money making enterprise in the country.\u201d This adversely affects the government\u2019s land reform policies, as black farmers are often totally whipped out by stock thieves.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cThe image of our country needs to be improved if we want to draw fixed foreign investment,\u201d said Dennis Dykes, chief economist of Nedbank in reaction to the Heritage Foundation\u2019s report.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">The Heritage Foundation slammed the racial nature of Law influencing   South Africa  \u2019s economy, as well as the labour laws of the country which dampens economic growth and employment levels.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/teplovoy-service.ru\">\u0422\u0435\u043f\u043b\u043e\u0432\u043e\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3884182\/\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Om hierdie artikel te skryf, is soos om met die hande agter die rug vasgemaak te skryf omdat ek nie \u2018n vertrouensposisie met \u2018n paar mense wil skend nie. Ek vra dus by voorbaat verskoning vir vaaghede as dit by sekere \u201cbewyslasse\u201d kom. Di\u00e9 verhaal het hom Donderdagmiddag begin ontvou. Ek het gewag vir die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[10452],"class_list":["post-9460","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-verdien-suid-afrikaanse-media-hul-mediavryheid"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9460","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9460"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9460\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9460"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9460"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9460"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}