{"id":946,"date":"2007-10-04T08:50:38","date_gmt":"2007-10-04T08:50:38","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=946"},"modified":"2007-10-04T08:50:38","modified_gmt":"2007-10-04T08:50:38","slug":"qunta-en-die-pampoenpille","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=946","title":{"rendered":"Qunta en die pampoenpille"},"content":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Qunta word daarvan beskuldig dat sy geassosieer word met &rsquo;n produk wat voorgehou word as &rsquo;n<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">middel wat vigs kan genees. &ldquo;Mense soos me Qunta, wat hulleself assosieer met ongetoetste produkte wat onmoontlike voordele adverteer, maak wins uit Suid-Afrika se tragiese vigspandemie eerder as om konstruktiewe stappe te doen om besmetting te verminder en diegene te help wat reeds die siekte onder lede het,&rdquo; meen Waters. Aangesien die Medisynebeheerraad geweier het om teen Qunta op te tree, het die DA besluit om die klag te l&ecirc;. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Tydens onlangse onderhoude wat met Qunta gevoer is vir aanstellings op die nuwe SABC-raad, het dit aan die lig gekom dat sy &rsquo;n direkteur is van &rsquo;n maatskappy genaamd Comforter&rsquo;s Healing Gift. Geen kliniese toetse is nog op hierdie produkte uitgevoer nie. Daar is geen bewyse dat hierdie produkte vigs doeltreffend kan bekamp nie en tog beweer een van Qunta se mede-direkteure, Freddie Isaacs, dat die produkte wel vigs kan genees. Die hoofbestanddeel in hierdie reeks is wilde pampoen. Isaacs is die kleurlingman wat sowat vyf jaar gelede in Cradock aangekondig het dat God hom aangewys het as &rsquo;n apostel en dat hy binnekort sou sterf. Hy het sy eie begrafnis gere&euml;l en stelling ingeneem op sy bed. Die dag van sy dood het egter gekom en gegaan en Isaacs was steeds springlewendig. Die polisie moes later ingryp om woedende en teleurgestelde volgelinge van die apostel te keer om hulle leier aan te rand. Kort hierna het die apostel uit die dorp gevlug en &rsquo;n hele klomp gefrustreerde skuldeisers agtergelaat.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Zachie Achmat van die Treatment Action Campaign het vroe&euml;r gedreig dat hy hof toe sal gaan indien Qunta weer tot die SABC-raad verkies word. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Qunta is een van twaalf kandidate wat deur die parlement&ecirc;re kommunikasiekomitee geselekteer is om op die nuwe SABC-raad te dien. President Thabo Mbeki moet hulle aanstellings nou amptelik goedkeur. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Christine Qunta, &rsquo;n vurige aanhanger van Mbeki en die prokureur wat die ewe omstrede Ronald Suresh Roberts verdedig, is gereeld in die spervuur met haar stellings oor blankes en rassisme. Sy is &rsquo;n praktiserende prokureur en skryf &rsquo;n rubriek vir die <em>Business Day<\/em>. Van die boeke wat al uit haar pen verskyn het, heet <em>Who&rsquo;s Afraid of Affirmative Action? <\/em><\/span><em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">A Survival Guide for Black<\/span><\/em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> <em>Professionals<\/em> en <em>African Women: The Success Story<\/em>.<\/span><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/igrushki-dlya-malchikov\/mashiny-na-radioupravlenii\/\">\u0440\u0430\u0434\u0438\u043e\u0443\u043f\u0440\u0430\u0432\u043b\u044f\u0435\u043c\u044b\u0435 \u043c\u0430\u0448\u0438\u043d\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/kh.vgorode.ua\/news\/luidy_horoda\/234421-v-kharkovskoi-oblasty-novyi-prokuror\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\" class=\"MsoNormal\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/Christine_Qunta.jpg\" width=\"125\" height=\"145\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Christine Qunta<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Die Demokratiese Alliansie (DA) het &rsquo;n klagte aanhangig gemaak teen die omstrede Christine Qunta, huidige adjunk-voorsitter van die SABC-raad. Sy word daarvan beskuldig dat sy die regulasies van die wet op medisyne &amp; verwante middele oortree het. Die klagte is Maandag deur Mike Waters, die DA se segman oor gesondheidsake, by Kaapstad-sentraalpolisiestasie ingedien.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[21089,933,182],"class_list":["post-946","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-nuus","tag-qunta-en-die-pampoenpille","tag-streeksnuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/946","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=946"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/946\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=946"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=946"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=946"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}