{"id":9454,"date":"2010-09-24T11:27:28","date_gmt":"2010-09-24T11:27:28","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9454"},"modified":"2010-09-24T11:27:28","modified_gmt":"2010-09-24T11:27:28","slug":"afrikaners-het-stede-nodig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9454","title":{"rendered":"Afrikaners het stede nodig"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Dan Roodt\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" \/>Hoewel ek Orania \u2019n interessante eksperiment in ekonomiese en kulturele ontwikkeling vind, verskil ek met Jaco Kleynhans dat <a href=\"http:\/\/www.beeld.com\/In-Diepte\/Nuus\/Afrikaners-se-heil-le-nie-in-stede-nie-20100922\">Afrikaners die stede moet agterlaat<\/a>.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons moet juis Pretoria en Johannesburg van die vreemdeling herower!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Albei stede beskik oor triljoene rande se infrastruktuur wat ons op \u2019n skinkbord aan Nigeri\u00ebrs, Kongolese, Zimbabwi\u00ebrs en ander nie-burgers oorhandig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sonder om Orania as landelike idille en simbool gering te skat, waarom maak ons nie \u2019n plan vir \u2019n stedelike reconquista nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Blykbaar is daar reeds 700 000 arm Afrikaners landwyd wat in haglike omstandighede leef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waarom kan hierdie mense nie in die middestede van Pretoria en Johannesburg hervestig word en sodoende daardie ruimtes verafrikaans nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kleynhans noem Israel \u201cmoeder van die Joodse volk\u201d en model vir ons.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar Israel beskik oor twee groot stede, Tel Aviv en Jerusalem, wat onderskeidelik met Johannesburg en Pretoria vergelyk kan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek was onlangs in Israel op uitnodiging van die Joodse aktivis Avigdor Eskin en het vanuit die 25ste verdieping van \u2019n kantoorgebou in Tel Aviv foto\u2019s van die stad se toringgeboue en snelwe\u00eb geneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar wat my ook in Israel opgeval het, is hoe Hebreeus \u2013 \u2019n eens dooie taal \u2013 in die land as openbare taal gevestig is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrikaans moet op soortgelyke wyse as die oorheersende taal in sekere stedelike gebiede uitgebou word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarsonder sal ons taal wegkwyn tot \u2019n landelike dialek wat net in Orania gepraat en geskryf word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook onlangs het ek Hillbrow besoek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hartseer was dit om jong Afrikanerdwelmslawe daar tussen die Nigeriese handelaars aan te tref en die verval van di\u00e9 eertydse \u201cManhattan van Afrika\u201d te aanskou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wie het die besluit geneem om al daardie geboue eenvoudig prys te gee?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Orania se groot bydrae tot Afrikanerpolitiek is die begrip \u201cvolkseie arbeid\u201d, met Afrikaners wat alle soorte werk beoefen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien ons dieselfde beleid in die stedelike gebiede begin toepas, met Afrikanersakemanne wat slegs Afrikaners in diens neem, sal ons van sowel Pretoria as Johannesburg stedelike Oranias kan maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sonder stede sal Afrikaners en Afrikaans nie in die 21ste eeu oorleef nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die meeste van ons is nie boere nie, maar verrig werk in die dienstesektor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons regsgeleerdes, medici, opvoedkundiges, bankiers en IT-mense hou reeds Gauteng se dienste-ekonomie aan die gang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Drie van die land se vier groot banke bedryf steeds hul hoofkantore in die Johannesburgse middestad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat my die meeste in Israel be\u00efndruk het, was die Joodse setlaars wat woonstelle of geboue in die Palestynse buurte van Oos-Jerusalem betrek het en daar die Israelse vlag op die geboue se dakke laat wapper.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die dag as ons geboue in Pretoria en Johannesburg begin beset en die oranje-blanje-blou op die dakke hys, sal ek voel ons het weer ons wil om te oorleef teruggekry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om te vlug is nie meer \u2019n opsie nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\">\u0440\u0443\u0441\u0441\u043a\u043e\u0439 \u0431\u0430\u043d\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/blagoustroistvo-slobodskogo-raiona-harkova-prodoljaetsya\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u0435\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoewel ek Orania \u2019n interessante eksperiment in ekonomiese en kulturele ontwikkeling vind, verskil ek met Jaco Kleynhans dat Afrikaners die stede moet agterlaat. Ons moet juis Pretoria en Johannesburg van die vreemdeling herower! Albei stede beskik oor triljoene rande se infrastruktuur wat ons op \u2019n skinkbord aan Nigeri\u00ebrs, Kongolese, Zimbabwi\u00ebrs en ander nie-burgers oorhandig het. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-9454","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9454","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9454"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9454\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9454"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9454"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9454"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}