{"id":9445,"date":"2010-09-23T06:58:10","date_gmt":"2010-09-23T06:58:10","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9445"},"modified":"2010-09-23T06:58:10","modified_gmt":"2010-09-23T06:58:10","slug":"die-turksvy-genaamd-kwotas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9445","title":{"rendered":"Die turksvy genaamd kwotas"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Met die toetrede van me. Maria Ramos, Absa se uitvoerende hoof, oor inmenging in rugbyspanne se spankeuses, verdiep die kwotasage, eerder as wat dit uit die vaarwater begin beweeg. Ramos is boonop die eggenote van minister Trevor Manuel en laat, geregverdig of nie, die liggies van politiek helderder brand.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uit die mediaberigte kan die afleiding gemaak word dat Absa verwag dat SA Rugby sal inval by Absa se eie transformasiebeeld.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Maklike uitkenbare norm om te gebruik om vlakke van transformasie te bepaal, is om op rassegrondslag koppe te tel, en wanneer dit op Curriebekervlak kom, is dit betreklik min swart koppe om te tel. Boonop is hier nog die komplekser maatstaf van swart en swarter, of te wel, etniese swart, wat al telkemale via parlement\u00eare sportkomitee, uitdruklik as \u201cAfrican Africans\u201d uitgedruk is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met Absa is die saak nog sensitiewer, omdat di\u00e9 bank as belangrike bousteen Volkskas gehad het wat oorspronklik as Afrikanerbank ontwikkel het, en hierom steeds baie Afrikanerkli\u00ebnte het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat kwotas of raskoppetellery \u2018n gevaarlike spel is, is gewis. Een van die eerste teenvrae wat gevra is, is hoekom Absa met die BafanaBafana so stram is om die afwesigheid van wit spelers op die veld tydens die w\u00eareldsokkertoernooi te bevraagteken. Van Indi\u00ebrspelers was daar ewe min te sien, en selfs die bruin spelers is op die oog af verskeie kere betreklik stief behandel. Trouens, die hele toernooi is by tye gekaap as vertoonvenster vir swart Afrika.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om meer gekleurde spelers, en in die besonder etniese swart spelers op die Curriebekerveld te kry is nie iets wat met kwotas opgelos word nie. Soos die huidige en voormalige kwotaspelers dit uitdruk \u2013 dit is vernederend, en veroorsaak boonop dat hulle voortydig rypgedruk word, en so skade opdoen. Van die nie-wit krieketspelers het al met groot verontwaardiging gereageer as vanuit die parlement na hulle as kwotaspelers verwys is, omdat hulle gesteld is daarop om op meriete gekies te word \u2013 weliswaar soms ook net tot hulle op meriete weggelaat word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sportontwikkeling van grondvlak af, en die voorsiening van geriewe, is belangrik. Dit sal egter mank gaan aan behoorlike vordering as die nasionale doelwit nie gesinchroniseer word nie. En hier is baie wat nog haper. Rugbynuus op swart TV-stasies ontbreek bykans geheel en al. Tipiese swart koerante dra selde, en indien wel, op baie beperkte skaal rugbynuus. As die Openbare Uitsaaier dan nie sy kant met die owerheid se transformasiedoelwitte bring nie, hoekom dan so \u2018n onus op sportliggame plaas, wie se internasionale beheerliggame boonop bykans voor die voet politieke inmenging en rassisme verbied. \u2018n Mens moet baie sinies wees om ni\u00e9 kwotas as rassistiese optrede te beskou nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soiu Absa nie beter gedoen het deur bv spesifiek rugbyberigte in swart koerante te borg nie, om so di\u00e9 koerante aan te spoor om meer rugbynuus te dra?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Vraag wat nog nie bevredigend beantwoord is nie, is hoekom daar op laer vlakke soveel bruin en swart spelers is, maar op senior provinsiale vlak raak baie skynbaar weg. Die paar wat wel deurbreek is soos kleinnode en word hewig op gebie, sodat wel vrae gevra kan word oor van die groot bonde se erns om hul eie spelers te ontwikkel. Di\u00e9 vraag kan egter ook oor ryk unies se erns met die&nbsp; tuisontwikkeling van spelers van enige ras gevra word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verhinder politieke korrektheid nie dalk dat belangrike vrae gevra word nie? Internasionaal is dit \u2018n bekende en aanvaarde feit dat mense uit verskillende w\u00eareldstreke nie gemiddeld dieselfde lengte behaal nie, en vandag is dit noodsaaklik dat selfs agterspelers groot en sterk moet wees om die Polinisi\u00ebrs te kan stuit.. Ethiopi\u00eb en Kenia lewer byvoorbeeld ritse w\u00eareldklas-langafstandatlete op, maar di\u00e9 lande is nie juis w\u00eareldkragte as dit op die rugbyveld kom nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Moenie talentvolle sportlui breek deur hulle in te forseer waar hulle minder talent het nie. Laat elkeen sy Godgegewe talente ontwikkel waar di\u00e9 talente ten beste ontwikkel en uitgeleef kan word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Anders gaan mense hul geldelike talente na ander banke skuif.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/mositaldent.ru\/parodontoz-zubov-prichiny-simptomy-i-lechenie-zabolevaniya\/\">\u043f\u0430\u0440\u043e\u0434\u043e\u043d\u0442\u043e\u0437 \u0437\u0443\u0431\u043e\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/m.dozor.kharkov.ua\/news\/authority\/1153552.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met die toetrede van me. Maria Ramos, Absa se uitvoerende hoof, oor inmenging in rugbyspanne se spankeuses, verdiep die kwotasage, eerder as wat dit uit die vaarwater begin beweeg. Ramos is boonop die eggenote van minister Trevor Manuel en laat, geregverdig of nie, die liggies van politiek helderder brand. Uit die mediaberigte kan die afleiding &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9445\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die turksvy genaamd kwotas&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[10445],"class_list":["post-9445","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-die-turksvy-genaamd-kwotas"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9445","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9445"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9445\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9445"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9445"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9445"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}