{"id":9440,"date":"2010-09-22T07:39:14","date_gmt":"2010-09-22T07:39:14","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9440"},"modified":"2010-09-22T07:39:14","modified_gmt":"2010-09-22T07:39:14","slug":"geen-werksetiek-lei-tot-munisipale-verval","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9440","title":{"rendered":"Geen werksetiek lei tot munisipale verval"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die gebrek aan werksetiek en die blatante ignorering van statut\u00eare voorskrifte deur munisipale amptenare is die grootste enkele rede vir die onaanvaarbare toestand waarin munisipaliteite in die Vrystaat hulle tans bevind,&#8221; het Abrie Oosthuizen, LPW en Vrystaatse leier van die Vryheidsfront Plus ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die Ouditeur-generaal se algemene verslag oor die uitkoms van die ouditering van munisipaliteite en munisipale entiteite in die Vrystaat, wat nou in die Vrystaatse Wetgewer ter tafel gel\u00ea is, toon aan dat geen munisipaliteit of entiteit in die Vrystaat &#8216;n skoon oudit verslag kon kry nie.  Dit is &#8216;n klad op die Vrystaat se naam,&#8221; volgens Oosthuizen.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die toestand van 16 van die 23 munisipaliteite in die Vrystaat waaroor verslag gedoen is, was so swak dat die Ouditeur-generaal nie in staat was om &#8216;n ouditmening te gee nie.  Dit beteken dat 70% van die munisipaliteite in die Vrystaat in hierdie totaal onaanvaarbare toestand verkeer.  Oor twee munisipaliteite is uiters ongunstige ouditmenings uitgespreek en was hulle net gelukkig om nie ook &#8216;n weerhouding van mening op die hals te haal nie. &#8216;n Verdere twee munisipaliteite het &#8216;n gekwalifiseerde ouditmening gekry en twee ander munisipaliteite het &#8216;n finansi\u00eble ongekwalifiseerde verslag gekry, maar die Ouditeur-generaal moes ander sake in die verslag uitlig en kwalifiseer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tendens wat van die grootste oorsake vir die swak oudit uitkoms is, substansi\u00eble verliese (R47 miljoen), ongemagtigde uitgawes (R742 miljoen), vrugtelose en verspilde kostes (R57 miljoen), onre\u00eblmatige uitgawes (R665 miljoen) en die beskikbaarheid van stawende dokumente. Dit maak die toestand nog meer onaanvaarbaar en sorgwekkend.  Alhoewel nie een munisipaliteit onder spandeer het nie, is &#8216;n bedrag van R453 miljoen, wat as oordragbetalings aan ses munisipaliteite betaal is vir behuising-, water- en elektrisiteitsvoorsiening en gemeenskapfasiliteite nie spandeer nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 96% van die gevalle het munisipaliteite nie die bepalings van die Munisipale Finansi\u00eble Bestuurswet nagekom nie.  In 91% van die gevalle is die bepalings van die Munisipale Strukture Wet en in 55% van die gevalle die voorsiening regulasies nie nagekom nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die 23 munisipaliteite wat ontleed is, het 21 (91%) van konsultante gebruik gemaak om hulle finansi\u00eble bestuur te hanteer.  In slegs 3 (14%) van hierdie munisipaliteite was daar &#8216;n geringe verbetering in die oudit-uitkoms.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">By meeste munisipaliteite word voorraad- en batebeheer uiters gebrekkig toegepas, daaglikse rekonsiliasies tussen kontant en kwitansies vind nie plaas nie, maandelikse bankrekonsiliasies word nie gedoen nie en liassering van stawende dokumente is nie &#8216;n prioriteit nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl munisipale bestuurders en senior amptenare by munisipaliteite astronomiese salarisse verdien, is die finansi\u00eble bestuur by bykans elke munisipaliteit in die Vrystaat in &#8216;n chaotiese toestand.  Die Vryheidsfront Plus wys reeds &#8216;n geruime tyd daarop dat die haglike finansi\u00eble bestuur by munisipaliteite die direkte oorsaak vir swak dienslewering is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die haglike toestande waarin munisipaliteite in die Vrystaat gedompel is, het &#8216;n punt bereik waar dit aan kriminaliteit grens, aangesien dit neerkom op diefstal van die belasting- en dienste-betalers se geld,&#8221; het Oosthuizen ges\u00ea.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/osushiteli-f3832103\/\">\u043e\u0441\u0443\u0448\u0438\u0442\u0435\u043b\u044c \u0432\u043e\u0437\u0434\u0443\u0445\u0430 \u0446\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3895974\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u0433\u043e\u0440\u0435\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Die gebrek aan werksetiek en die blatante ignorering van statut\u00eare voorskrifte deur munisipale amptenare is die grootste enkele rede vir die onaanvaarbare toestand waarin munisipaliteite in die Vrystaat hulle tans bevind,&#8221; het Abrie Oosthuizen, LPW en Vrystaatse leier van die Vryheidsfront Plus ges\u00ea. &#8220;Die Ouditeur-generaal se algemene verslag oor die uitkoms van die ouditering van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9440\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Geen werksetiek lei tot munisipale verval&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-9440","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9440","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9440"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9440\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9440"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9440"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9440"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}