{"id":9436,"date":"2010-09-22T06:27:20","date_gmt":"2010-09-22T06:27:20","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9436"},"modified":"2010-09-22T06:27:20","modified_gmt":"2010-09-22T06:27:20","slug":"millenniumdoelwitte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9436","title":{"rendered":"Millenniumdoelwitte"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Met die aanvang van die millennium het w\u00eareldleiers koppe bymekaar gesit en met ambisieuse voorstelle vorendag gekom oor die verligting van lyding oor die hele w\u00eareld. Di\u00e9 doelwitte se eerste fase sou teen 2015 bereik moes wees.<strong> <\/strong><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou, op die vooraand van die amptelike opening van die VN se volgende sitting, is w\u00eareldleiers in New York byeen, en benut die VN se sekretaris-generaal, Ban Ki-moon die geleentheid om bestek met hulle op te neem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die oog af lyk dit of net Sjina die doelwitte gaan haal. Sjina kom egter onder skoot oor die prys wat burgers moet behaal om allerlei groeiprestasies te behaal.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verder lyk vordering maar bedroewend. Die doelwitte wat die meeste ontspoor het is om die sterftesyfer by geboorte met \u2018n driekwart te verminder, en so ook om die sterftes van kinders onder vyf jaar met \u2018n tweederde te verminder.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ban Ki-moon het dit nodig geag om die w\u00eareldleiers daaraan te herinner dat dit hul eie doelwitte was. In werklikheid het daar die afgelope elfs jaar egter baie water in die see geloop en baie van die huidige leiers het die gebakte pere van hul voorgangers ge\u00ebrf. Wat die VN betref, erf \u2018n nuutverkose regering bloot die pligte en verantwoordelikhede van hul voorgangers, en daarom moet regerings die lesse ter harte neem dat die lande se administrasies, die sogenaamde tegnokrate, van die beste stoffasie moet wees en dien staatsdienste nie as plek vir kaderontplooiing nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog \u2018n faktor wat \u2018n vlieg in die salf is, is die w\u00eareldekonomiese krisis wat intussen met mag en mening toegeslaan het. \u2018n Groot deel van hierdie krisis is deur inhaligheid veroorsaak, en omdat daar vir die inhaliges min ruimte was om die hand na diegene wat swaarkry uit te reik, was daar in vele kringe \u2018n stramheid om die millenniumdoelwitte met entoesiasme na te streef. Baie lande, waaronder merkbaar Belgi\u00eb, het in hul ekonomiese herstelplanne omvattende hoofstukke aan die herstel van moraliteit gespandeer. Ook in ander lande was daar \u2018n anti-inhaligheidsneerslag. In Nederland is wetgewing ter tafel gel\u00ea wat bankbase in hul persoonlike hoedanigheid vir onbesonne besluite verantwoordelik sou hou, en in Ysland is nog groter mediavryheid bewerkstellig toe die bankbase wat daar die krisis veroorsaak het, hulle op bestaande konvensie beroep het om hul aandeel te verdoesel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of die w\u00eareld wat uit die krisis gebore is, \u2018n groter moraliteitsverantwoordelikheid sal openbaar as die korporatiewe w\u00eareld van voor die krisis sal die tyd leer. Met groot natuurrampe, soos in Pakistan en Ha\u00efti wil dit so voorkom. Die w\u00eareld se hongerlydendes het pas tot effens onder die miljard afgeneem, maar dit is aan groot oeste toe te skryf wat ook die pryse van basiese voedsel laat daal het. Intussen het die oorstromings in Pakistan en die droogte in Rusland weer groot oeste vernietig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die teenkant van die munt is egter ook dat daar \u2018n besliste stramheid is om te gaan help waar bevolkings swak regerings kies of duld, en dan na ander wil bakhand hou as hulle die regerings kry wat hulle verdien. Vanoggend berig die Belgiese pers oor hul minister van Buitelandse Sake se ontnugtering met die verwikkelinge in die Kongo, kort na die vyftigjarige feesvieringe. De Standaard haal hom soos volg aan: \u201c  De zaken veranderen in Congo niet in het tempo dat wij wensen. Na de feestsfeer die vijftig jaar Congolese onafhankelijkheid kenmerkte, is er duidelijk weer ruimte voor kritiek.\u201d<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/pnevmoinstrument\/\">\u043f\u043d\u0435\u0432\u043c\u043e\u0438\u043d\u0441\u0442\u0440\u0443\u043c\u0435\u043d\u0442 \u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u0442\u0443\u043b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/lb.ua\/society\/2015\/02\/23\/296529_prokuror_harkova_uvolilsya_tri_dnya.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met die aanvang van die millennium het w\u00eareldleiers koppe bymekaar gesit en met ambisieuse voorstelle vorendag gekom oor die verligting van lyding oor die hele w\u00eareld. Di\u00e9 doelwitte se eerste fase sou teen 2015 bereik moes wees. Nou, op die vooraand van die amptelike opening van die VN se volgende sitting, is w\u00eareldleiers in New &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9436\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Millenniumdoelwitte&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[10442],"class_list":["post-9436","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-millenniumdoelwitte"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9436","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9436"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9436\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9436"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9436"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9436"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}