{"id":9430,"date":"2010-09-21T06:51:32","date_gmt":"2010-09-21T06:51:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9430"},"modified":"2010-09-21T06:51:32","modified_gmt":"2010-09-21T06:51:32","slug":"draai-die-horlosie-dertig-jaar-terug","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9430","title":{"rendered":"Draai die horlosie dertig jaar terug"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">\u2018n Afgestofde grappie lui dat die kaptein van \u2018n vlug uit die buiteland kort voor die landing op OR Thabo-lughawe die passasiers soos volg inlig: \u201cOns land binnekort op OR Thabo-lughawe, Suid-Afrika. Draai u horlosies dertig jaar terug, en pas die horlosies en ander besittings goed op tydens u verblyf.\u201d<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Word na die politieke toneel in verskeie belangrike lande gekyk, lyk die land wel deeglik uit pas met die jongste verwikkelings.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor minder as twee maande gaan die Amerikaners stembus toe en word vir \u2018n groot deel van die kongres gestem. Vergelykings word reeds met 1994 getref toe die Republikeine groot winste getoon het, hoewel min mense nou heeltemal dieselfde winste vir die Republikeine, ook bekend as die Grand Old Party, GOP, verwag.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Onlangse peiling het 61 persent van die stemme vir die GOP gegee, en 41 % vir die Demokrate van pres. Barack Obama. Dit is die grootste gaping in 60 jaar. Sedertdien fluktueer die peilings erg.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die GOP speel Donderdag, 20 September \u2018n belangrike troef wanneer die party sy regeeragenda bekend stel. Dit word \u2018n kontrak met die mense genoem, en simbolies van die voetsoolvlak-ingesteldheid, word dit op die stoep van \u2018n ysterwarewinkel in Sterling, Vancouver, uitgereik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Republikeinse party word grootliks gerugsteun deur \u2018n sterk belangegroep, bekend as die Tea Party, wat die afgelope jaar nie net ontstaan het nie, maar massiewe openbare steun trek. Dit het al belangrike demokratiese vestings in tussenverkiesings lat tuimel. Die Tea Party kan breedweg as \u2018n konserwatiewe beweging beskou word, en Sarah Palin dien as belangrike vaandeldraer. Dit verseker dat die groeiende Christen-fundamentalistiese beweging bykans eenparig by die Tea Party staan. Die Demokrate se teenvoeter, die Coffee Party, blyk nog grootliks \u2018n windeier te wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 aksie het momentum gekry sedert die verkiesing van pres. Obama, wie se verkiesing as \u2018n dertigjarige terugslag beskryf is vir die stryd om aborsies op aanvraag weer verbied te kry. Die euforie vir Obama was destyds so groot dat baie mense wat sterk gekant is teen baie van Obama se standpunte, ook vir hom gestem het. Afgesien van die aborsie-kwessie sluit dit sake in soos die wettiging van gay-huwelike, maar ook kwessie soos die omstrede gesondheidsorg-wetgewing en die koers wat ingeslaan moet word vir ekonomiese herstel. Terselfdertyd bly werkloosheid in die VSA hoog, en armoedesyfers is onder veral die swart en Spaanssprekende bevolking baie hoog \u2013 tradisioneel die jagveld van die Demokrate.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die meer omvattende skaal dui die verkiesingsuitslae van onder meer Belgi\u00eb, Nederland en nou ook Swede op \u2018n groot swaai na regs. \u2018n Anti-Islam-houding is dikwels aanwesig, soos in die VSA, waar Obama se hantering van sake oor Islam-kwessies, soos die voorgenome bou van \u2018n Islamitiese sentrum naby Ground Zero, ook stemme laat swaai.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En heel uit pas hiermee handel die debat in Suid-Afrika nou, soos met die ANC se kongres in Durban en die vernaamste opposisiepolitiek, hoe links of ver links die land moet wees, en hoe sosialisties die ekonomie gedryf moet word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Draai die horlosies dertig jaar terug.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/\">\u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a\u0438 \u043d\u0430 \u0434\u043e\u043c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/62776-interesnye-fakty-o-yurii-danilchenko.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Afgestofde grappie lui dat die kaptein van \u2018n vlug uit die buiteland kort voor die landing op OR Thabo-lughawe die passasiers soos volg inlig: \u201cOns land binnekort op OR Thabo-lughawe, Suid-Afrika. Draai u horlosies dertig jaar terug, en pas die horlosies en ander besittings goed op tydens u verblyf.\u201d Word na die politieke toneel &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9430\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Draai die horlosie dertig jaar terug&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[10439,21107,21093,2686,8694],"class_list":["post-9430","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-draai-die-horlosie-dertig-jaar-terug","tag-c33-hoofartikels","tag-s7-menings","tag-obama","tag-tea-party"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9430","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9430"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9430\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9430"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9430"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9430"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}