{"id":9429,"date":"2010-09-20T08:54:20","date_gmt":"2010-09-20T08:54:20","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9429"},"modified":"2010-09-20T08:54:20","modified_gmt":"2010-09-20T08:54:20","slug":"die-sweedse-verkiesing-steeds-n-teken-van-opkomende-regs","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9429","title":{"rendered":"Die Sweedse verkiesing \u2013 Steeds \u2018n teken van opkomende regs?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Sweedse kiesers het hul keuses uitgeoefen, maar dit lyk of \u2018n nuwe verkiesing dalk uitgeroep sal moet word omdat die vorming van \u2018n regering nou onmoontlik lyk. Die ironie is dat die probleem nie soseer is hoeveel stemme die groot partye getrek het nie, maar oor die hoeveelheid stemme wat \u2018n klein party getrek het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die proses is die Sosiaal-demokrate, wat die verkiesingstoneel lank in moderne Swede oorheers en gevorm het (wie in Suid-Afrika sal ooit Olaf palme vergeet), erg gekneus en het nou maar ongeveer 30 persent van die stemme. Saam met sy tradisionele linkse koalisievennote, wat die groenes insluit, kan di\u00e9 groepering op 43,5 % van die stemme staatmaak. Die sentrum-regse koalisie het \u2018n rapsie meer as 49 % &#8211; \u2018n haarbreedte van die vereiste 50 % om \u2018n regering te kan vorm.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die \u201cprobleem\u201d is dat die populistiese Sweedse Demokrate 5.5 % van die stemme getrek het. Hiermee het di\u00e9 party met sy wortels in die neo-Nazisme, maar sedertdien baie aangepas, vir die eerste keer die 4 % drempel gehaal om tot die parlement te kan toetree. Dit maak dit so groot soos die bestaande kleinste partye in die parlement, die Christen-demokrate en \u2018n klein sosialisteparty.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die groter koalisie kan dus in beginsel maklik \u2018n regering vorm deur die Sweedse Demokrate in die regerende koalisie op te neem, maar dit is waar die kinkel in die kabel l\u00ea. Nie die premier of van die ander bestaande koalisievennote sien kans om met die nuwe toetreder, wat van rassisme beskuldig word, geassosieer te word nie. Dit is so erg, dat een partyleier in die aanloop tot die verkiesing selfs geweier het om vir \u2018n TV-onderhoud in dieselfde vertrek te wees as die leier van die Sweedse Demokrate, Jimmie Akesson.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Groenes is genader om mantel te swaai, maar tot dusver sonder sukses.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die situasie herinner aan di\u00e9 van die Nederlandse verkiesing waar Geert Wilders en sy regse party groot vordering gemaak het, en daar aanvanklik ook \u2018n erge taaiheid was om te assosieer. Die gevolg is dat Nederland, maande later, nog nie \u2018n nuwe regering kon saamstel nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Min of meer dieselfde gebeur in Belgi\u00eb, waar die opkoms van die party van Bart de Wever by tye dit laat lyk of die kanse groter is dat Belgi\u00eb as staat in die slag gaan bly, eerder as dat \u2018n regeringsformule gevind gaan word. De Wever se party, gemeet teen die regse Vlaamse Belang, is egter nie werklik \u2018n regse party in die dampkring van Wilders en Akesson se politieke ori\u00ebntasie nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In al drie lande speel die immigrasiekwessie \u2018n rol om die opkoms van regse politiek feitlik te verseker. In die proses lyk dit die opkoms van die Christen-demokrate ten koste van die liberaliste wat eens in Wes-Europa so oorheersend was, bloot \u2018n tussenspel was waar liberalisme en konserwatisme as pole teenoor mekaar opgestel word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die opkoms van die regse politiek maak dit ook vir die Sweedse politieke leiers wat Akesson wil stuit, riskant, want \u2018n momentum na regs bestaan nou nie net in Swede nie, maar ook die hele omgewing. \u2018n Nuwe algemene verkiesing met die doel om regs uit te hou, kan boemerang.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/pressy\/\">\u043b\u0438\u043f\u0435\u0446\u043a \u043f\u0440\u0435\u0441\u0441\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pep.org.ua\/uk\/person\/23993\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Sweedse kiesers het hul keuses uitgeoefen, maar dit lyk of \u2018n nuwe verkiesing dalk uitgeroep sal moet word omdat die vorming van \u2018n regering nou onmoontlik lyk. Die ironie is dat die probleem nie soseer is hoeveel stemme die groot partye getrek het nie, maar oor die hoeveelheid stemme wat \u2018n klein party getrek &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9429\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die Sweedse verkiesing \u2013 Steeds \u2018n teken van opkomende regs?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[10438],"class_list":["post-9429","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-die-sweedse-verkiesing-steeds-n-teken-van-opkomende-regs"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9429","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9429"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9429\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9429"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9429"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9429"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}