{"id":9426,"date":"2010-09-20T06:57:30","date_gmt":"2010-09-20T06:57:30","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9426"},"modified":"2010-09-20T06:57:30","modified_gmt":"2010-09-20T06:57:30","slug":"die-gevare-van-n-de-facto-eenpartybedeling","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9426","title":{"rendered":"Die gevare van \u2018n de facto-eenpartybedeling"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Binne die politieke wetenskap doen \u2018n s\u00eading die rondte: \u201cDie demokrasie is \u2018n gemors, maar dis die beste gemors wat ons het.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat die o\u00eb van die land van vandag af vir die duur van die week op Durban gerig is, is tegelykertyd verstaanbaar en hartseer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verstaanbaar, omdat die land se regerende party \u2018n belangrike beleidskongres hou, maar hartseer omdat die belangrikheid hiervan bykans alle kenmerke van \u2018n <strong><em>de facto<\/em><\/strong> eenpartystaat dra. In beginsel kan die land nou, afhangende van watter uiteenlopende denkrigting koning kraai, op koers na \u2018n kommunistiese ekonomiese bestel geplaas word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">So \u2018n situasie ontstaan wanneer die bevolking se beleids- en selfs regeerkeuses hoofsaaklik binne die regerende party afspeel, en nie tydens verkiesings tussen \u2018n veelheid partye soos dit in \u2018n grondwetlike demokrasie hoort nie. In Suid-Afrika beteken dit tot \u2018n groot mate dat opposisiepartye se rol tot di\u00e9 van drukgroepe gereduseer word, en waarvan die rol boonop ook gereduseer is omdat die grondwetlike liggame, waarna eens as wigte en teenwigte verwys is, disfunksioneel is of as verlengstukke van die regerende party beskou word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook ander instellings wat veronderstel is om die konsep van veelparty-demokrasie te onderskraag, soos die SABC-raad, se lede word effektief deur die regerende party aangewys.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voeg hierdie die rol van die Progressive Business Forum wat in effek daarop neerkom dat sakelui wat gedagtes met regeringslui wil wissel, hul hand diep in die sak moet steek vir die voorreg om ministers en selfs hul senior staatsamptenare te kan ontmoet \u2013 geld wat in die ANC se verkiesingskoffers gestort word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die situasie is verder aangehelp deur \u2018n groep opposisielede wat onder die vaandel van \u201cons sal jul stem wees\u201d \u2018n mandaat gekry het om van binne die ANC sekotorale belange te bevorder \u2013 en sedertdien \u2018n baie stil stem geblyk te wees het. Voeg hierby die aksies van die ANC self om alle stemme binne die sogenaamde \u201cbroad church\u201d te ondervang, \u2018n uitgesproke doelwit toe mnre. Gwede Mantashe, Darryl Swanepoel en Renier Scoeman kort voor die vorige algemene verkiesing samesprekings met Agri SA se hoofbestuurder, mnr. Hans van der Merwe gevoer het. Nie baie later nie, het beide Agri SA en die TLU SA uit \u2018n regeringsgeleide kongres oor landbou gestap waar hoegenaamd nie belanggestel is om na die boere se stem te luister nie, en retoriek as feite opgedis is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die o\u00eb is ook nog meer op die kongres gerig omdat van die belangrikste demokratiese waarborge, mediavryheid en die reg tot inligting, van vandag af ook formeel onder die valbyl gesleep kan word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat die kiesers die demokrasie faal, skyn nog duideliker te wees deur opnames wat toon dat die premier van die provinsie waar munisipaliteite \u2013 aldus die Ouditeur-generaal \u2013 onder die swakstes in die land vaar, die ekonomie onder die swakstes is en die howe \u2018n rits tenders tersyde gestel en selfs hertoegeken het, die gewildste is.&nbsp; Ook toon die peiling dat 68 % van die land se mense nou glo dat pres. Jacob Zuma goed vaar, weliswaar \u2018n skerp daling vanaf 77 % \u2018n jaar gelede.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die proses om \u2018n kiesersblok teen die ANC te vorm, stem baie mense nou ook vir die DA, al het die party se beleid en dit wat hulle self glo min raakvlakke. In die proses ontkieser baie kiesers hulself ideologies.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die toets of die land se grondwet so ideaal vir \u2018n heterogene bevolkingsamestelling is was graag voorgehou word, dat die grondwet so goed is as wat hoog opgegee word, kom nader.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/zaryadnye_i_pusko_zaryadnye\/\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0432\u043e\u0440\u043e\u043d\u0435\u0436 \u0437\u0430\u0440\u044f\u0434\u043d\u044b\u0435 \u0438 \u043f\u0443\u0441\u043a\u043e-\u0437\u0430\u0440\u044f\u0434\u043d\u044b\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/inforesist.org\/shokin-uvolil-prokurora-xarkova\/\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Binne die politieke wetenskap doen \u2018n s\u00eading die rondte: \u201cDie demokrasie is \u2018n gemors, maar dis die beste gemors wat ons het.\u201d Dat die o\u00eb van die land van vandag af vir die duur van die week op Durban gerig is, is tegelykertyd verstaanbaar en hartseer. Verstaanbaar, omdat die land se regerende party \u2018n belangrike &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9426\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die gevare van \u2018n de facto-eenpartybedeling&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[227,10435,21107,21093],"class_list":["post-9426","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-anc","tag-die-gevare-van-n-de-facto-eenpartybedeling","tag-c33-hoofartikels","tag-s7-menings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9426","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9426"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9426\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9426"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9426"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9426"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}