{"id":9425,"date":"2010-09-19T16:12:42","date_gmt":"2010-09-19T16:12:42","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9425"},"modified":"2010-09-19T16:12:42","modified_gmt":"2010-09-19T16:12:42","slug":"absa-daag-ons-uit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9425","title":{"rendered":"Absa daag ons uit"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" \/>Die nuus dat Absa minder wit rugbyspelers in die Curriebeker wil sien, is geensins \u2018n verrassing nie. Hoewel die bank intussen by monde van sy adjunk-uitvoerendehoof, mnr. Louis von Zeuner, ontken het dat hy ten gunste van rassekwotas is, het Absa tog duidelik sy anti-wit sentiment na buite gekommunikeer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Absa, wat deur Barclays van Brittanje beheer word, posisioneer hom reeds geruime tyd as \u2018n swart bank. Deesdae is dit raar om blanke gesigte agter die toonbank van Absa-takke te gewaar en Afrikaans is insgeslyks afgeskaal tot slegs \u2018n skaduwee van wat die taal eens by di\u00e9 bank was. Dit het feitlik onmoontlik geword om diens in ons taal by Absa te ontvang, hoewel sy kitsbanke en internetdiens nog die taal as \u2018n keuse aanbied.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die les wat Absa vir ons oor die afgelope paar dae geleer het, geld vir meer as net rugbyspelers en \u2013geesdriftiges: dis gerig aan elke Afrikaner in die land. Ook die Tweede Vryheidsoorlog van meer as \u2018n eeu gelede is in \u2018n ho\u00eb mate deur die Londense banke bepaal, wat Milner se oorlogsplanne geesdriftig gesteun het. In 1985 het Chase Manhattan die bewind van P.W. Botha \u2018n gevoelige knou toegedien toe di\u00e9 bank besluit het om nie Suid-Afrika se korttermynskuld om te rol nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gedurende die twintigste eeu het die Afrikaner moedig geprobeer om eie finansi\u00eble instellings soos Volkskas, Trustbank en Saambou te skep, asook natuurlik Sanlam, maar al di\u00e9 maatskappye het op verskillende wyses tot niet gegaan of het wesentlik hul rug op die Afrikaner gekeer en die ANC-bewind en sy anti-blanke, anti-Afrikanerideologie omhels.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die feit dat die Afrikaner die politieke stryd in Suid-Afrika verloor het, is in \u2018n ho\u00eb mate daaraan te danke dat hy op kritieke oomblikke van buitelandse kapitaal en buitelandse banke afhanklik was. Vandag kan die volkstaatprojek nie van die grond af kom nie, juis vanwe\u00eb \u2018n gebrek aan kapitaal.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens my berekeninge verdien die groot vier banke in Suid-Afrika jaarliks ten minste twintig miljard rand uit die Afrikaner aan rentemarges en bankkostes. Die borggeld wat Absa goedgunstiglik aan rugby (en sokker!) beskikbaar stel, kom dus net so uit die gewone Afrikaner se sak. Veertig persent van Absa se kli\u00ebnte bestaan uit Afrikaners; nietemin sien die bank hulle as \u2018n lastige segment om van ontslae te raak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om teen Absa se onlangse anti-wit uitsprake te protesteer, is goed en wel. Maar ons probleem om uitgelewer te wees aan Afrikanervyandige finansi\u00eble instellings soos Absa en die res van die groot vier banke, word nie wesentlik hierdeur verbeter nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Groot deel van ons huidige vryheidstryd wentel om ekonomiese emansipasie van die ANC-beheerde ekonomie. Omdat banke soos Absa in regeringsrekeninge belangstel, is hulle ideologies kop in een mus met die ANC. Trouens, die aanstelling van Maria Ramos, die vrou van Trevor Manuel en \u2018n bekende ANC-lid, as hoof-uitvoerendebeampte van Absa spreek boekdele oor die bank se politieke standpunte en ideologie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Praag is tans besig om na ekonomiese alternatiewe vir die Afrikaner te kyk en ons het reeds \u2018n groep sakemanne en ekonome byeengebring om binne ons ge\u00efdentifiseerde volkstaatgebied, wat groot dele van Gauteng insluit, bedrywe en instellings te vestig wat aan ons mense werk kan verskaf en ons kapitaal uit die hande van vyandige instellings soos Absa kan losmaak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ontluikende ko\u00f6peratiewe bankbeweging onder Afrikaners moet deur alle belanghebbendes gesteun word. Tegnologiese insette sal egter moet kom, sodat di\u00e9 jong lote met mag en mening in die formele banksektor sal kan begin meeding. Elders ter w\u00eareld bestaan daar voorbeelde van suksesvolle ko\u00f6peratiewe banke wat uiteindelik w\u00eareldbekende handelsbanke kon troef.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eers wanneer Afrikaners beheer oor Afrikanerkapitaal bekom het, sal ons volk sy lang gesogte ekonomiese vryheid kan bekom. Absa se uitsprake vandeesweek daag ons uit om \u2018n Afrikanerbank(e) op te rig.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\">live american roulette online casino<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/extrimcams.com.ua\/object\/dostavka-avia-i-sudoxodnimi-liniyami-topcargo\">topcargo \u0440\u0430\u0437\u0432\u043e\u0434<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die nuus dat Absa minder wit rugbyspelers in die Curriebeker wil sien, is geensins \u2018n verrassing nie. Hoewel die bank intussen by monde van sy adjunk-uitvoerendehoof, mnr. Louis von Zeuner, ontken het dat hy ten gunste van rassekwotas is, het Absa tog duidelik sy anti-wit sentiment na buite gekommunikeer. Absa, wat deur Barclays van Brittanje &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9425\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Absa daag ons uit&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[7033,10433,10434,10432,21092],"class_list":["post-9425","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-absa","tag-barclays","tag-milner","tag-politiek-en-bankwese","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9425","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9425"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9425\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9425"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9425"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9425"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}