{"id":9424,"date":"2010-09-18T10:28:21","date_gmt":"2010-09-18T10:28:21","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9424"},"modified":"2010-09-18T10:28:21","modified_gmt":"2010-09-18T10:28:21","slug":"pigspotter-is-onskuldig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9424","title":{"rendered":"Pigspotter is onskuldig"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die Johannesburgse Metropolisie soek hoog en laag na  \u2018n blogger bekend as Pigspotter. Dis terloops snaaks dat hulle nie onpadwaardige  taxi\u2019s en hul bestuurders met heeltemal dieselfde ywer as Pigspotter probeer  vervolg nie. Pigspotter het mense op Twitter gewaarsku teen padblokkades en  spoedlokvalle, en volgens die Metropolisie kom dit neer op dwarsboming van die  gereg.<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p>Ongelukkig vir die Metropolisie is hulle verkeerd op verskeie vlakke.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Eerstens was daar enkele jare gelede \u2018n hofsaak waarin \u2018n motoris aangekla  is omdat hy ander motoriste mbv flitsende ligte gewaarsku het oor \u2018n  spoedlokval. Hy is toe aangekla van dwarsboming van die gereg. In die hofsaak  was sy verweer dat die doel van spoedlokvalle hoort te wees om motoriste kry om  die spoedperk te gehoorsaam, en dat sy flitsende ligte ook dieselfde ten doel  gehad het. Hy is onskuldig bevind op grond van hierdie verweer.<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Tweedens gaan dwarsboming van die gereg van die veronderstelling uit  dat die gereg benadeel word deur iemand se optrede.&nbsp; Daar is dus twee  partye: een wat die gereg moedswillig dwarsboom, en tweedens iemand wat die  gereg verteenwoordig. Dis met laasgenoemde dat daar \u2018n enorme probleem is waar  dit by die Metropolisie kom. Hulle noem hulself kennelik \u2018n polisiemag, maar om  hulle as die vaandeldraers van reg en geregtigheid te wil voorhou, is eenvoudig  absurd. Die taxi-bestuurders wat absolute minagting vir die re\u00ebls van die pad  het, lyk soos engeltjies in vergelyking met die fundamenteel-korrupte en  misdadige Metropolisie.<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p>Wie kan ooit vergeet van die skietery enkele jare gelede tussen die  Metropolisie en die gewone polisie op een van Johannesburg se snelwe\u00eb? Die  Metropolisie is sedert 1994 getransformeer na \u2018n spul misdadige skuim, wat bloot  daarop uit is om hetsy hulself, hetsy hul werkgewer te verryk.&nbsp; Korrupsie  is aan die orde van die dag, en dit is moeilik om te bepaal of daar selfs een  eerlike lid van die Metropolisie is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Ek is al persoonlik in Midrand voorgekeer omdat ek versuim het om \u2018n  veiligheidsgordel te dra. Ek was skuldig. Die individu wat my voorgekeer het,  het sy naamplaatjie doelbewus afgehaal, sy voertuig of motorfiets moedswillig  iewers versteek, en toe vir my gevra: \u201cWhat do you have for me?\u201d Ek het my dom  gehou en uiteindelik is ek meegedeel dat ek hetsy \u2018n paar honderd rand aan \u2018n  boete kon betaal, hetsy vir hom R50 kon gee. Ek het hom toe laat weet ek verkies  die boete-kaartjie, iets wat hom s\u00f3 gegooi het dat ek uiteindelik sonder om die  omkoopgeld te betaal \u00e9n sonder \u2018n boete gery het.<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Dit is \u2018n welbekende feit dat padblokkades gehou word om motoriste af  te pers om omkoopgeld te oorhandig.&nbsp; Dit lyk byvoorbeeld op die oog af of  Bees Roux voorgekeer is met die doel om hom af te pers, wat stellig \u2018n geweldige  misrekening was aan die kant van die oorlede vermeende afperser. Waar dit die  Metropolisie aanbetref, is die hou van \u2018n padblokkade dus op sigself \u2018n  kriminele handeling aan die Metropolisie se kant.<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Pigspotter se optrede kan dus maklik gesien word as synde  misdaad-voorkoming. Hy waarsku motoriste immers teen die Metropolisie se  kriminele optrede en verhoed sodoende dat motoriste die slagoffers word van die  endemiese misdaad en korrupsie waaraan die Metropolisie homself skuldig maak.<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die Metropolisie voel hom waarskynlik gekrenk omdat iemand soos  Pigspotter hulle so openlik minag. Baie soos die ANC-regime hom gekrenk voel oor  die minagting waarmee elke denkende, wetsgehoorsame Suid-Afrikaner hom beskou,  en derhalwe die pers se mond probeer snoer. Ek is persoonlik nie hoopvol dat die  ANC of die Metropolisie ooit tot die besef sal kom dat respek iets is wat  verdien moet word nie.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/invertory_svarochnye\/\">\u0438\u043d\u0432\u0435\u0440\u0442\u043e\u0440 \u0437\u0430\u0440\u044f\u0434\u043d\u043e\u0435 \u0443\u0441\u0442\u0440\u043e\u0439\u0441\u0442\u0432\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/declarations.com.ua\/declaration\/vulyk_16_128\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Johannesburgse Metropolisie soek hoog en laag na \u2018n blogger bekend as Pigspotter. Dis terloops snaaks dat hulle nie onpadwaardige taxi\u2019s en hul bestuurders met heeltemal dieselfde ywer as Pigspotter probeer vervolg nie. Pigspotter het mense op Twitter gewaarsku teen padblokkades en spoedlokvalle, en volgens die Metropolisie kom dit neer op dwarsboming van die gereg. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9424\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Pigspotter is onskuldig&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[7022,10430,2851,10431],"class_list":["post-9424","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-metropolisie","tag-pigspotter-is-onskuldig","tag-polisie","tag-sap"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9424","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9424"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9424\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9424"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9424"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9424"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}