{"id":9410,"date":"2010-09-16T06:20:02","date_gmt":"2010-09-16T06:20:02","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9410"},"modified":"2010-09-16T06:20:02","modified_gmt":"2010-09-16T06:20:02","slug":"om-inligting-te-beperk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9410","title":{"rendered":"Om inligting te beperk"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika, en selfs w\u00eareldwyd, gons dit oor planne van die ANC om wetgewing en maatre\u00ebls in te stel wat die vloei van inligting sal beperk, en \u2018n mediatribinaal in die lewe sal roep.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die teenargument is hoofsaaklik dat dit die onthulling van korrupsie baie moeiliker sal maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die argument is egter nie uniek aan Suid-Afrika nie. Planne van die Nederlandse minister van Justisie om sekere inligting en aktiwiteite op die internet te blokkeer en selfs strafbaar te maak, kry nou die wind van voor. Hirsch Balin se planne behels dat amptenare van Justisie die reg verkry om inligting van die internet te verwyder, mense wat nie-openbare inligting uit \u2018n rekenaar kopieer om te verkoop kan agter tralies beland, en iemand wat wagwoorde kraak, kan ook met die lang arm van die gereg te make kry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die oorhoofse doel is om elektroniese misdaad hok te slaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die teenstanders meen dat die huidige proses om webtuistes te sluit, naamlik dat \u2018n bevel van die regbank verkry moet word (die regter-kommissaris), voldoende is en misbruik verhinder. Wat die ander twee sake betref, word aangevoer dat dit die w\u00eareld vir fluitjieblasers en joernaliste te moeilik sal maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nederland was onlangs ook in die nuus toe die land sy eie klein Watergate beleef het met die meeluister van \u2018n joernalis se kommunikasie, in \u2018n saak wat met die Dalai Lama se besoek en die veiligheidsimplikasies daarvan verband gehou het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ysland, aan die ander kant, is deur die mediavryheidsorganisasie, Verslaggewers sonder Grense, geloof oor nuwe mediamaatre\u00ebls wat na \u2018n onstuimigheid aanvaar is. Dit het gevolg na die banke hulle op bestaande konvensie beroep het om hul bedenklike rol in die Yslandse bankkrisis uit die openbare oog te hou.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die koppestamp tussen diegene wat groter mediavryheid voorstaan, of minstens nie grond wil afstaan nie, en diegene wat soms geldige redes opper vir \u2018n inkorting, is simptomaties van waar die een se regte deur die regte van \u2018n ander begrens word. Toe inwoners van Pretoria se oostelike voorstede veiligheidstoegang na dele van woongebiede ingestel het, was daar \u2018n groot lawaai van ander wat gemeen het hul reg op bewegingsvryheid word aangetas. Uiteindelik moet getoets word wat die swaarste weeg \u2013 die wettige inwoners se reg op veiligheid en selfs lewe, teenoor ander se ongekontroleerde bewegingsvryheid. Verskeie grusame moorde en huisrooftogte in daardie areas het daarop gedui dat die swaartepunt sterk in die guns van die inwoners sou moes weeg.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iemand wie se wagwoord vir sy bankrekening gekraak, en sy rekening leeg gesteel is, sal waarskynlik minder sentimente h\u00ea daarmee dat die kraker tronk toe gaan, as met die kraker se reg om op die internet te kan kattemaai.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die debat het nog skaars begin. Intussen sal gereeld van die ou tegniek gebruik gemaak word van appels met pere \u2013 en heel dikwels selfs donkievye \u2013 te vergelyk om \u2018n grys area rondom die sinvolle begrensing te trek.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">games free casino play free<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pep.org.ua\/uk\/person\/23993\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In Suid-Afrika, en selfs w\u00eareldwyd, gons dit oor planne van die ANC om wetgewing en maatre\u00ebls in te stel wat die vloei van inligting sal beperk, en \u2018n mediatribinaal in die lewe sal roep. Die teenargument is hoofsaaklik dat dit die onthulling van korrupsie baie moeiliker sal maak. Die argument is egter nie uniek aan &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9410\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Om inligting te beperk&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[21107,8613,21093,10417,10418],"class_list":["post-9410","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-c33-hoofartikels","tag-media","tag-s7-menings","tag-om-inligting-te-beperk","tag-spaakvryheid"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9410","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9410"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9410\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9410"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9410"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9410"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}