{"id":9407,"date":"2010-09-15T10:52:42","date_gmt":"2010-09-15T10:52:42","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9407"},"modified":"2010-09-15T10:52:42","modified_gmt":"2010-09-15T10:52:42","slug":"die-wereld-se-hongerpyne","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9407","title":{"rendered":"Die w\u00eareld se hongerpyne"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Elke ses sekondes sterf \u2018n kind weens ondervoeding, volgens die VN se voedselorganisasie, FAO.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die goeie nuus is dat die aantal hongerlydendes in die w\u00eareld die afgelope jaar met bykans 100 miljoen afgeneem het, en nou op onder \u2018n miljard staan. Die meeste lyers bevind hulle in Afrika en Asi\u00eb.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die FAO draai nie doekies om nie. Honger is die w\u00eareld se grootste probleem, maar ook grootste skande.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Twee agtereenvolgende jare se goeie oeste van onder meer mielies, koring en rys, en \u2018n gevolglike verlaging in voedselpryse het bygedra daartoe dat die w\u00eareldhongersnood effe teruggedruk kon word. Di\u00e9 wiel het egter reeds begin draai. In Pakistan het vloede 3,4 miljoen hektaar oeste verlore laat gaan, en die droogte in Rusland het reeds daartoe gelei dat di\u00e9 land graanuitvoere opgeskort het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel die FAO regerings loof vir hul bydraes om die hongerpyne te stuit, is die risiko vir die bereiking van doelwitte om dit te verminder steeds baie hoog.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat Afrika betref, is die nuus minder goed. Van die bykans 100 miljoen minder hongeres, woon net 12 miljoen in Afrika suid van die Sahara. Een uit drie van die mense in hierdie streek sal steeds honger ly, die hoogste persentasie ter w\u00eareld.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die FAO se verslag is uiters politiek korrek opgestel, en verwys bloot na die strukturele probleme wat tot die hongersnood aanleiding gee. Dit beteken dat selfs wanneer dit beter met die w\u00eareldekonomie gaan, die aantal honger mense nie afneem nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met \u2018n ontleding van spesifieke syfers blyk dit egter dat konflik en korrupsie \u2018n groot deel van die blaam moet dra. Die skerpste toename in hongersnood is byvoorbeeld in die DRK waar 69 % meer mense nou honger ly.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is ook nie toevallig nie dat van die w\u00eareld se mees endemiese korrupsie in lande suid van die Sahara voorkom nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika is beraam dat bykans 100 000 staatsamptenare welsynstoelaes onwettig van die staat ontvang het \u2013 in wese gesteel het. Tot dusver is 15 000 reeds aan bedrog skuldig bevind, en hulle moet die geld soos lenings terugbetaal. Nie een is ontslaan nie. Kos word straffeloos uit die monde van die armes gesteel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uit ander verslae word op die sosio-ekonomiese en maatskaplike ellende van die vergrote inkomstegaping in groot dele van die w\u00eareld gewys. Volgens beskikbare syfers het Suid-Afrika Brasili\u00eb enkele jare gelede as die land met die grootste meetbare gaping verbygesteek, en krimp di\u00e9 van Brasili\u00eb steeds. Brasili\u00eb word ook in die FAO se verslag gelys as een van die lande waar baie vordering met die bekamping van hongersnood gemaak is, en die doelwitte reeds byna bereik is. In Suid-Afrika groei die gaping steeds, en gaan die soustreinryers nie net voort om met hul soustrein-buit te spog nie, maar ook om dit heftig te regverdig.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/16-arkhitekturnoe-osveshchenie\">\u0432\u0438\u0434\u044b \u0430\u0440\u0445\u0438\u0442\u0435\u043a\u0442\u0443\u0440\u043d\u043e\u0433\u043e \u043e\u0441\u0432\u0435\u0449\u0435\u043d\u0438\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/inform-ua.info\/weekly-review\/8-dopolnytelnkh-usluh-karhoperevozchyka-o-kotorkh-v-ne-znaly\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Elke ses sekondes sterf \u2018n kind weens ondervoeding, volgens die VN se voedselorganisasie, FAO. Die goeie nuus is dat die aantal hongerlydendes in die w\u00eareld die afgelope jaar met bykans 100 miljoen afgeneem het, en nou op onder \u2018n miljard staan. Die meeste lyers bevind hulle in Afrika en Asi\u00eb. Die FAO draai nie doekies &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9407\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die w\u00eareld se hongerpyne&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[4112,10415,10414,6501,21107,21093],"class_list":["post-9407","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-afrika","tag-asie","tag-die-wereld-se-hongerpyne","tag-hongersnood","tag-c33-hoofartikels","tag-s7-menings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9407","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9407"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9407\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9407"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9407"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9407"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}