{"id":9406,"date":"2010-09-14T13:37:39","date_gmt":"2010-09-14T13:37:39","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9406"},"modified":"2010-09-14T13:37:39","modified_gmt":"2010-09-14T13:37:39","slug":"groen-paaie-vir-kragopwekking","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9406","title":{"rendered":"Groen: Paaie vir kragopwekking?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/09\/image002.jpg\" width=\"251\" \/>Kan teerpaaie \u2013 en in die geval van Suid-Afrika teerpaaie vol slaggate \u2013 dalk binnekort iets van die verlede wees en vervang wees deur supersterk sonkragpanele?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beslis, as Solar Roadways in die VSA sy sin kan kry. In Februarie vanjaar is \u2018n prototipe van so \u2018n pad gebou, na die maatskappy \u2018n skenking van $100 000 van die Amerikaanse departement van Vervoer gekry het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie alleen gaan die spasie wat paaie opneem in reuse-sonkragsentrales omskep word nie, maar dit kan soos \u2018n digitale skerm gebruik word. Word die pad deur \u2018n motorongeluk versper, kan \u2018n waarskuwingsboodskap op die pad self geflits word om aankomende verkeer lank voor aankoms op die toneel te waarsku. Die pad kan ook aankomende verkeer oor wild en voetgangers op die pad waarsku, en met passe wat toesneeu, is daar ook goeie nuus. Die paaie kan effens verhit word, en die sneeu smelt.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie padverf kan ook gespaar word deur die lyne elektronies te \u201cverf\u201d en wat veral in die nag helder sigbaar sal wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gedagte is dat die paaie van supersterk materiaal gemaak word, wat deur die kragopwekkingsvermo\u00eb uiteindelik sy eie koste betaal. Die moontlikhede raak dan eindeloos, soos om ook huise se inrypaaie hiervan te maak, asook parkeerterreine en dorpsparke se loopoppervlaktes.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sonkragpad bestaan uit drie lae, naamlik die padoppervlaklaag. Terwyl dit die swaarste en rofste verkeer denkbaar kan hanteer, laat dit tog die sonlig deur na die sonkragselle. Volgens die ontwikkelaar kan die pad reeds vrag van 40 ton dra wat teen meer as 130 kilometer per uur reis.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tweede laag is die elektroniese laag wat ook deur \u2018n mikroprosseseerder ondersteun word, en \u2018n basislaag waarin die krag ook versprei word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Groot del van die argument is dat dit nie net die aanvraag na ru-olie en steenkool as kragbronne verminder nie, maar ook aan boumateriaal. So \u2018n bedryf sal ook baie werksgeleenthede skep.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Skeptici is daar ook. Van die besware wat geopper word is dat die maatskappy wat dit ontwikkel klein is, en in Idaho gesetel is. In korporatiewe Amerika is dit eintlik ondenkbaar dat so iets erkenning kan kry deur so groot te dink. Die koste om die VSA met di\u00e9 paaie uit te rus word op $35 Amerikaanse triljoen geskat. \u2018n Paneel van ongeveer 3 en half meter by 3 en \u2018n half meter (12 voet X 12 voet) kos sowat $7 000. Net om dit te vervaardig gaan 2,5 miljoen werksgeleenthede in die VSA skep, wat dit die grootste werkverskaffer in Amerika sal maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kritici meen dit sal veel meer sin maak om die panele op huise se dakke en ander onbenutte plekke te plaas waar daar ni\u00e9 voertuie ry wat dit gedaan kan ry nie, en dan is daar boonop kragnetwerke aanwesig waarby dit aangehaak kan word. Maar selfs die grootste kritici meen dit is die moeite werd om die webtuiste te gaan besoek. (\u2018n Vergrootglas om die skakels na subbladsye te kan lees sal dalk handig wees).<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/solarroadways.com\/main.html\">http:\/\/solarroadways.com\/main.html<\/a><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/luxurytiaras.com\/product-category\/jewelry-sets\/\">set jewellery<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/chp.com.ua\/stati-partnerov\/biznes-i-uslugi\/item\/51465-poisk-postavshchika-v-kitae-realnyy-opyt-postroeniya-uspeshnogo-biznesa\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kan teerpaaie \u2013 en in die geval van Suid-Afrika teerpaaie vol slaggate \u2013 dalk binnekort iets van die verlede wees en vervang wees deur supersterk sonkragpanele? Beslis, as Solar Roadways in die VSA sy sin kan kry. In Februarie vanjaar is \u2018n prototipe van so \u2018n pad gebou, na die maatskappy \u2018n skenking van $100 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":9405,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[95],"tags":[10413],"class_list":["post-9406","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c86-wetenskap","tag-groen-paaie-vir-kragopwekking"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9406","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9406"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9406\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9405"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9406"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9406"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9406"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}